“Ek het ʼn bietjie vinniger as gewoonlik begin en ek het beslis in die pylvak die prys daarvoor betaal. Tog leer ek elke keer iets nuuts wanneer ek ʼn 200 m swem.”
Alles vir Vrydag 16 Februarie 2024
Verdagte in ‘Madeleine-saak’ vandag in hof oor onverwante seksmisdade
Dit sal die eerste keer wees dat Christian Brueckner in die openbaar verskyn sedert hy in April 2022 formeel as die verdagte in Madeleine McCann se verdwyning geïdentifiseer is.
Om vlerk te sleep en ander uitdrukkings
Die liefde is blind en (maar) trou is die bril, lank gevry, niks gekry, derdemannetjie speel … Taaltoffie ondersoek ʼn paar uitdrukkings waarin “liefde” voorkom.
2023 dodelikste in byna dekade vir verslaggewers
Die oorgrote meerderheid van joernaliste wat verlede jaar tydens die uitvoering van hul pligte dood is, het in die oorlog tussen Israel en Hamas gesterf.
Luister: Steve skryf roerende liedjie vir sy skattige Romy-Lee
“Die goed wat in daai liedjie geskryf is, kan jy eers verstaan as jy self ʼn ouer word, en hierdie neurose sak oor jou neer en jy kom agter jy is in beheer van hierdie kind se lewe.”
Vrystaat-boere trek swaar weens beurtkrag
“Die sameloop van omstandighede veroorsaak groot angs in die landbougemeenskap op ʼn kritieke tyd in die ontwikkeling van ons graangewasse.”
Vuurvreter van formaat!
Die Renault Megane RS 300 Trophy is ʼn luikrug wat sportmotors van twee keer die prys ore kan aansit.
Kiwi’s beklink geskiedkundige reeksoorwinning
Die Suid-Afrikaanse boulers het vandag gesukkel om enige hou in te kry – om dan nie eens van die uitklophou te praat nie – en Nieu-Seeland het die tweede toets met sewe paaltjies gewen.
‘Dispuut’ lei tot skietery by Super Bowl-parade
Die polisie in Kansas City het tans verdagtes in aanhouding, waarvan twee jeugdiges is.
Referendum Party wil by Veelpartyhandves aansluit
Die Referendum Party glo ook daar bestaan “’n werklike en uiters betekenisvolle gevaar” dat die 2024-nasionale verkiesing tot ʼn nasionale koalisieregering onder leiding van die ANC kan lei.
‘Lagwekkend’: Lesufi wil sélf verkiesingsplakkate in Orania opsit
“Ek is seker Orania sal hom hartlik ontvang met gemmerbier en koeksisters terwyl hy sweet om in die warm Karoo plakkate op te sit,” sê dr. Dirk Hermann van Solidariteit.
Gedagte vir die dag: Leef elke dag nuut
God begin elke oggend voor met ons. Kniel vandag opnuut in dankbaarheid voor dié God wat jou met sy lewe liefhet.