2023 dodelikste in byna dekade vir verslaggewers

Argieffoto van ‘n nagwaak in November in New York. Die nagwaak is gehou vir joernaliste wat in Gaza dood is. (Foto: SPENCER PLATT / GETTY IMAGES NORTH AMERICA / Getty Images via AFP)

Nie minder nie as 77 van die 99 joernaliste wat verlede jaar tydens die uitvoering van hul pligte dood is, het in die oorlog tussen Israel en Hamas gesterf.

Die jaar 2023 was boonop die dodelikste vir die media in byna ʼn dekade, sê die komitee vir die beskerming van joernaliste.

Die komitee sê die getal joernaliste wat in 2023 gesterf, is die hoogste nóg sedert 2015 én verteenwoordig ʼn styging van byna 44% vergeleke met 2022.

Die bevinding kom nadat die komitee vir die beskerming van joernaliste in Desember reeds aangedui het dat meer joernaliste in die eerste drie maande van die Israel-Gaza-oorlog dood is, as wat nog in ʼn enkele land in ʼn hele jaar gesterf het.

Altesaam 72 van die 77 joernaliste wat in die Israel-Hamas-konflik dood is, was Palestyne.

Drie Libanese en twee Israeli’s het ook omgekom.

Jodie Ginsberg, uitvoerende hoof van die komitee vir die beskerming van joernaliste, sê verslaggewers dien as bewyse van wat aangaan op die voorste linies.

“Die geweldige verlies wat Palestynse joernaliste in hierdie oorlog gely het, sal ʼn langtermyn-impak vir joernalistiek hê, nie net in die Palestynse gebiede nie, maar vir die streek en verder.

“Elke joernalis wat vermoor word, is ʼn verdere slag vir ons begrip van die wêreld.”

Dié persvryheidsorganisasie wat in New York gesetel is, het vroeër vandeesmaand gesê die getal joernaliste wat in die Gasa-Hamas-konflik dood is, het sedert die einde van verlede jaar van 77 tot 85 gestyg.

Die komitee vir die beskerming van joernaliste ondersoek intussen of dié gestorwe joernaliste doelbewus deur Israeliese soldate geteiken is.

Sou dit die geval wees, sal dit op “ʼn oorlogsmisdaad” neerkom, wys die komitee daarop.

Minder joernaliste in Oekraïne vermoor

Die grootste afname in joernalis-sterftes is in Oekraïne en Mexiko aangeteken. Dié lande het elkeen twee sterftes van joernaliste verlede jaar aangemeld vergeleke met die 13 elk die jaar tevore.

Een van dié wat in Oekraïne vermoor is, was die AFP-joernalis Arman Soldin. Soldin (32) is in Mei verlede jaar dood toe sy verslagspan naby die oostelike stad Bakhmut onder skoot gekom het.

Die komitee waarsku egter dat Mexiko, saam met Filippyne en Somalië, “een van die wêreld se dodelikste lande vir die pers” is.

“Om die situasie te vererger, spioeneer regeringsagentskappe op verslaggewers en menseregte-verdedigers, en ʼn aansienlike aantal joernaliste moes hul huise verlaat en hul beroepe laat vaar weens geweld,” waarsku die komitee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Frank ·

Presies Keelvol, Israel reik waarskuwings uit voor hulle aanvalle loods maar daar is seker joernaliste wat dink hulle joernalis status bied beskerming teen enigiets en waarskuwings is nie op hulle van toepassing nie.

Jan Jacobs ·

Keelvol :Regtig hulle wil dalk wys van die moord op onskuldige palistyne. Aipac sal alles doen om die waarheid weg te steek.

Marthinus W ·

Die doel van n joernalis om te berig wat gebeur. Sonder joernaliste sal daar nie iets soos n nuusdiens wees nie; alles sal net “geskiedenis” wees. Dit is n harde, moeilike werk, en sonder joernaliste sal ons nie weet wat aangaan nie. Veral onafhanklike joernaliste is vandag besonders belangrik, omdat hulle vergrype aan beide kante van n saak uitlig. Nou die dag het n Amerikaanse joernalis in Kief in aanhouding gesterf. Paula Slier, voorheen van die SAUK, het n losprys op haar kop in Oekraine, weens haar akkurate beriggewing.

Henry ·

“Vermoor is”. Uhm, mense wat in oorlog sterf word nie vermoor nie… Julle laat dit klink asof die Israelies hulle jag en doodmaak juis omdat hulle joernaliste is!

Henry ·

Verder kan daarop gewys word dat ‘n stedelike teen-insurgensie oorlog een van die mees chaotiese situasies denkbaar is. Daar is geen onderskeid tussen vegtendes en burgerlikes as eersgenoemde eers hul uniforms versaak en soos lafaards tussen die burgers wat hulle veronderstel is om te beskerm wegkruip nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.