Vrystaat-boere trek swaar weens beurtkrag

(Argieffoto)

Die huidige hittegolftoestand tesame met fase 6-beurtkrag plaas geweldige stremming op veral mielie- en sojaboonoeste op droë land en selfs onder besproeiing in verskeie streke in die Vrystaat. “Die sameloop van omstandighede veroorsaak groot angs in die landbougemeenskap op ʼn kritieke tyd in die ontwikkeling van ons graangewasse,” sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL).

Kempen Nel, besproeiingsboer en bestuurslid van VL, bevestig dat mielie-aanplantings in die Oranje-Riet Water Gebruikersvereniging (WGV)- gebied in ʼn kritieke saadskietstadium is.

“Langdurige fase 6-beurtkrag verhinder besproeiingsboere om genoeg water aan te lê om in die optimale behoeftes van die mielieplant te voorsien.” Nel sê dat boere in die gebied baie bekommerd is oor hul opbrengste en gevolglike finansiële verlies as gevolg van beurtkrag.

Dr. Jack Armour, kommersiële bestuurder van VL, noem dat die organisasie vroeg verlede jaar met Eskom oor dieselfde probleem vergader het. “Die voorgestelde oplossing deur Eskom was om “load curtailment” (beperking van las) toe te pas, maar dit was nie prakties werkbaar vir die Oranje-Riet WGV nie. Die huidige voorgestelde oplossing van lasvermindering is ook nie prakties nie, meen Armour, aangesien die duur pomptoerusting groot skade ly weens onvoldoende kragtoevoer.

Verder, sê Wilken, benadeel Eskom se bediening en toepassing van beurtkrag die platteland dikwels. “Boere en plattelandse gemeenskappe loop onder baie langer ure van beurtkrag deur as wat daar in die stede ervaar word, al is die vlakke van beurtkrag dieselfde. Ons sal graag ʼn duidelike antwoord oor hierdie onreg wil hê.”

Nel het bevestig dat VL op 23 Februarie ʼn geskeduleerde vergadering met Eskom het om onder meer die kwessie van beurtkrag dringend te bespreek. “Ons sal ook graag die kwessie van beurtkragvrystelling dringend wil ondersoek.”

Nel het verwys na die hofbevel deur die Pretoriase hooggeregshof, wat dr. Kgotsientso Ramokgopa, minister van energie, opdrag gegee het om dringend te verseker dat hospitale, skole en polisiestasies van beurtkrag vrygestel word. “Die hof het verklaar dat verskeie menseregte, soos toegang tot water en voedsel, aangetas word deur beurtkrag. Ons (besproeiingsboere) is die voedselvoorsieners, maar word deur beurtkrag beperk of verhoed om dié behoefte aan te spreek en daarom is ons van mening dat landbou ook dringend van beurtkrag vrygestel moet word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Di ·

Hongersnood is ons voorland in SA! Die meerderheid is DIE wat die ergste getref gaan word indien dit gebeur. Sekeres het nooit geleer om self onderhoudend te wees nie, alles word gratis verskaf sonder dat hulle ‘n vinger lig om IETS vir hulle self te doen nie

Piet parys ·

Eendag was daar……….BOERE EN KOS …..Toe kom die ANC nou is daar leë winkelrakke . Huidige skade aan gesaaides is astronomies . Pryse sal verhoog agv tekorte . Die slim Agbiz manne julle skattings dra nie WATER nie . 15.8 m ton mielies . Julle leef in n droom wereld .

Andre ·

…dis ongelukkig maar alles deel van die oorhoofse plan met SA :
“Everything must go!”

Jacobus ·

Ja dit is deel van die kommunistiese terroristiese anc se plan, maak almal afhanklik van SASSA en ondersteun hul kommunistiese broers, China en Rusland. Hulle sal eerder alles ten duurste invoer as om ons eie boere by te staan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.