Gedagte vir die dag: Leef elke dag nuut

Argieffoto (Foto: Patrick Tomasso/Unsplash)

“God het ook nie net ’n klein stukkie van die Heilige Gees aan ons gegee nie. Nee, deur die toedoen van Jesus Christus, ons Verlosser, het Hy die Heilige Gees oor ons uitgegiet” (Titus 3:6).

Skrifgedeelte
Titus 3:6

Oordenking
God het jou ongelóóflik lief. Só lief dat Hy, selfs as jy die enigste mens op aarde was, steeds vir jou – en jou alleen – sou sterf! Hierdie reuse-genadeliefde begin elke dag nuut in jou lewe. Dit maak nie saak waar jy gister was, hoe jy geleef het en wat jy gedoen het of nié gedoen het nie. God se genade is elke dag splinternuut vir jou.

Word vir ’n oomblik stil sodat die Gees jou opnuut bewus kan maak van sy onvoorwaardelike vergewensgesinde liefde vir jou. Besef hoe groot, omvangryk en nuut sy liefde vir jóú – die mens wat jy in wese ís – is. Ontvang vandag opnuut sy totale vergifnis, sy reddende genade en sy verlossingsliefde vir jou.

  • Hierdie oordenking verskyn in Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.