‘Lagwekkend’: Lesufi wil sélf verkiesingsplakkate in Orania opsit

Panyaza Lesufi (Foto: Jairus Mmutle/GCIS

“Lagwekkend.”

So bestempel die VF Plus Panyaza Lesufi, die ANC se provinsiale voorsitter in Gauteng, se skynbare planne om ANC-verkiesingsplakkate in Orania op te sit.

Lesufi het vandeesweek tydens ʼn lekgotla van die ANC se provinsiale uitvoerende komitee in Boksburg gesê die regerende party sal nié in sekere gebiede verhoed word om verkiesingsveldtogte te voer nie.

“Ek wil persoonlik plakkate van die ANC in Orania gaan opsit. Daar is niemand wat kan beweer ons kan nie in Orania ʼn verkiesingsveldtog voer nie. Daar is geen plek waar die ANC nie ʼn veldtog kan loods solank daardie plek in ons land is nie.”

Adv. Anton Alberts, nasionale voorsitter van die VF Plus, sê egter nou Lesufi se “opportunistiese en populistiese aanvalle” op ʼn selfbestuurde gemeenskap soos Orania is ʼn poging om die fokus te verwyder van sy eie onvervulde beloftes waaroor hy verslag sal moet doen in sy provinsiale rede.

“Hy kan eerder dieper kyk na die lesse wat dié gemeenskap hom kan leer in goeie openbare bestuur en dienslewering teenoor sy eie leë beloftes.”

Lesufi, ook die premier van Gauteng, se provinsiale rede vind Maandag by die Nasrec-eksposentrum in Johannesburg plaas.

Alberts sê Lesufi het reeds aangedui dat hy nog ʼn reeks beloftes gaan maak. “Dit word gedoen in ʼn desperate poging om die ANC se swak prestasie oor die jare te verbloem om steun te werf vir die komende verkiesing.

“Sy pogings om aandag te gee aan Gauteng se gebrek aan elektrisiteit, het nog geen vrugte afgewerp nie. Sonplase is nog nie operasioneel nie en Soweto se agterstallige kragrekeninge is nog nie afgeskryf nie.

“Dié Soweto-skuldafskrywing veroorsaak groot ontevredenheid in ander gemeenskappe en is duidelik ʼn ANC-verkiesingsfoefie aangesien die ANC nie ʼn meerderheid in Gauteng kan behaal sonder steun uit Soweto nie.

“Die e-tol-kwessie raak al holruggery, maar dit is steeds belangrik om daarop te let dat daar dadels gekom van Lesufi se plan om die voorstel van nasionale tesourie te implementeer waarvolgens Gauteng 30% van die e-tolskuld moet oorneem en delg ten einde die stelsel af te skaf.”

Alberts sê Lesufi se aanstelling van duisende sogenaamde misdaadbestryders is ook uiters gebrekkig weens die aard van die aanstellings, swak opleiding en die vermorsing van duur patrolliemotors.

“Dit lyk of die meeste van Lesufi se planne boemerang en meer skade vir die ANC veroorsaak. Teen hierdie agtergrond kan hy eerder by Orania iets leer oor goeie regering en gemeenskapsbestuur.”

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het vandeesweek in reaksie op Lesufi se skynbare planne gesê hy is seker Orania sal hom hartlik ontvang “met gemmerbier en koeksisters terwyl hy sweet om in die warm Karoo plakkate op te sit.

“Sy rasvooroordele is nie Orania s’n nie.

“Bietjie tydmors, maar gaan gerus. Jy gaan iets leer van ʼn gemeenskap wat werk,” sê Hermann in ’n inskrywing op sosiale media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

En waarom dra die edelagbare nie die Hamas grys-en-wit blokkies patroon serp nie?

Loun ·

En hy sal nie alleen gaan nie, en hy sal ook nie self op daai leer klim nie…… en hy sal ook iemand hê wat n sambreel oor sy leë dop hou…….

Anel ·

En wasr gaan hy die mense toespreek? En wie gaan na hom luister? Grapgat!!!

Pieter ·

Ag hulle is tog so verontwaardig en die beste is hulle doen dit aan hulself. Tog so aspris en irriterend, nes ‘n kind. Miskien moet mens met hulle begin werk asof hulle stout kinders is, maar daal na hulle vlak van logika.
Jy kan 10 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 plakate hang, maar geen logiese mens sal vir jou stem en Orania se mense is nogal baie logies… Jy gaan jou sweet en ons geld weer mors kindjie. Dink nou mooi aan jou logika en probeer weer…

Wondermaarnet ·

ANC gaan seker ‘n leer koop teen R2 miljoen om daardie plakkate op te sit.

Dup ·

SA word deur professionele narre regeer.Daarom het die land in ñ sirkus ontaard.Laat hom na Orania gaan en verwelkom hom met koffie en koeksisters.Miskien kan hy iets nuttigs leer terwyl hy daar is.

Kokerboom ·

Hy tipeer die laakbare arrogansie van ANC
Orania sal hom wys hul is beter mense as wat hy ooit kan droom om te wees!

Pieter ·

Duiwel trek al die ANC se snare en snorre want hoe anders verduidelik jy dat ‘n goeie mens so praat van ander?

Pieter ·

Public servants should do away with bigotry.
Al wat julle vir julle het is die feit dat julle kiessers bang is. so van nou af sal ons enige ANC en EFF statistiek lees met die woord bang vooraan. Hoe bang is julle om te laat gaan en dit regte ding to doen? Die dinge wat ons deur gegaan het in 94. Julle staan ook nou daar… Besluit self maar wat julle wense is vir die land. Vrede, of watokal die anderkant is.

Vinny ·

ja gaan soek moeilikheid en wees dan maar weer die slagoffer na die tyd.

Nicky ·

As jy dit daar wil opplak gaan plak dit sommer in die Berge ook op dis net so goed waar niemand eers daarna sal kyk

Oros Soros ·

En wie gaan die goed na die tyd afhaal? Maak seker dat die deposito ten volle betaal is.

RissiepitAnna ·

Unbelievable!! hoe die 6% nog steeds die massas bedreigd laat voel.

Shakespeare ·

Foeitog Lesuffie. Onthou net dat hulle vir jou mooi wys watter kant vd plakaat kom bo want ons almal weet jy kan nie kop of gat uitmaak van wat om jou aangaan nie.

MARTIE ·

Ek stem saam laat hy gaan dan kan hy sommer sien hoe dinge eintlik gedoen word. Silwerskoon dorp waar alles werk. Niks potholes nie. Gee hom sommer koeksister en tee.

Theunis ·

Daar is net geen einde aan die ANC se narre gemeenskap nie, elke dag iets nuuts om voor te lag. Hulle voel defnitief nog bedreig deur die blankes, al is ons in die minderheid, die slag van Bloedrivier gaan homself weer herhaal waarby die uitslag dieselfde sal wees!

Philip ·

Dan wonder sommige nog hoekom alles in die land tot niet gaan, plaas narre in beheer en dit is wat jy kry…hy sal seker sand in die woestyn ook gaan probeer verkoop.

Stompie ·

Hahahaha,. Dit moet seker so frustrerend wees om elke oggend in die spieel te kyk en te weet, in amper 30 jaar van n land regeer kon jy of jou comrades niks goeds en positiefs doen of opbou vir die mederheid van jou eie mense nie. Dan slaan die besef jou……….. “dit is mos nie in my dna nie” en daarom is ek afgunstig en jaloers en gaan vandag moeilikheid maak vir almal en alles wat doen wat ek nooit het of kan doen nie.

Vonkprop ·

En wie dink hy gaan hy bereik deur dit te doen? Dit is soos om ‘n advertensie vir ‘n Afrikaanse skool in Soweto op te sit.

trotsNAMSA ·

Haha, net wat by wil hê, ons aandag en om die bloeddruk te verhoog.

Hennie ·

En hoeveel stemme dink hy gaan die plakate in Orania genereer?!!? Lekker nuttelose uitgawe!!! Ek dink hy skrik homself buite weste as hy sien wat vermag kan word sonder korrupsie en diefstal!!!

Delia ·

@trotsNamsa…presies hy kry presies reg…om sekere afrikaans sprekendes om te krap. En almal val daarvoor.

Mundus ·

Die EFF het dieselfde gedoen in 2014 en dit het nie uitgewerk soos beplan nie. Hulle het weerstand verwag maar was hartlik verwelkom en verseker dat hulle konstitutionele regte daar respekteer word. Dit is die patroon vir almal wat daar gaan rasmoeilikheid soek – hulle kry dit nie. Talle bevooroordeelde joernaliste wat al Orania besoek het was ontnugter en moes erken hulle het die pot misgesit. Dit is pateties van Lesufi om te dink sy trip gaan anders wees. As dit nie ‘ek’ was wat daarvoor betaal het nie, sou ek hom aangespoor het om te gaan vir my vermaak.

Marous ·

Jy sal nie die gemeenskap ontstig nie al probeer jy hoe hard ou bul. Hulle is opgevoed en ordentlik.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Bittereinders moet net daar wegbly. Saam met die ANC sal hulle rus en vrede in Orania omkrap.

Di ·

Die nar is seker familie van Malema, hulle denkwyse is dieselfde. Wonder of hy besef hoe groot grap hy van homself maak in die media

domheks ·

Ontvang die lord en gee tee en koeksisters. Moet net nie die arseen vergeet nie!

MAGRIETHA ·

Pleks hy moet die skole besoek wat hy verwoes het onnodig skole toegemaak en nooit nuwes bygebou soos belowe het nie, Die anc moet wakker skrik die afgelope week in parlement maak hul of net swart mense swaargekry het in verlede ,onwaar da was baie wit mense wat ook nie krag in hul huise gehad het nie kinders wat ook by kerslig moes matriek skryf ,kinders wat moes na skool in die midae moes gaan werk het vi geld en dan in aande moes leer ook , so hul moet hul huiswerk doen voor hul praat

Papsak ·

Lag vir jou Lusofi los Orania jy net jaloers op daai mense hulle kan jy nie so hou op krap daar hoop hille jaag jou weg sommer

latie ·

ek ken iemand wat leer koop en baie duur dis kos r2 miljoen rand en koop leer vir r300 en die res bere in my bank en hou party dis ANC ??

Martie Smartie ·

Laat hy gaan, sommer baie plakkate opsit. Na die tyd kan Orania se mense lekker vuurmaak en braai daarmee. Die arme maatskappy wat die plakkate verskaf sal seker volgende jaar weer moet hof toe om hulle geld te kry.

Gert ·

@ otter-het self ook gesukkel die eerste keer, lees hom baie stadig dan maak dit sin.LOL

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.