Brackenfell-betoging: Man op waarskuwing vrygelaat wat glo skote afvuur

Jaco Pretorius (Foto: Skermgreep)

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy Maandag skote by die Hoërskool Brackenfell in die lug afgevuur het, het Woensdag in die Kuilsrivier-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn.

Jaco Pretorius word aangekla van die afvuur van ʼn vuurwapen in die openbaar.

Lede van die EFF en ouers en inwoners van Brackenfell het Maandag buite die hoërskool slaags geraak en skote en vuiste het geklap. Pretorius is ná afloop van dié konfrontasie in hegtenis geneem nadat hy oënskynlik skote in die lug afgevuur het.

“Sy saak is uitgestel tot 25 Januarie vir verdere ondersoek,” het Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, bevestig.

“Hy is op waarskuwing vrygelaat tot sy volgende hofverskyning.”

Pretorius het in ʼn video wat vroeër op sosiale media gedeel is, gesê dat hy vier leë skote met ʼn replika-vuurwapen in die lug afgevuur het.

“Soos julle weet, is ek vandag in hegtenis geneem deur die Brackenfell-polisie as gevolg van die EFF wat by die hoërskool kom draai het. Ons het toe ʼn bietjie daar handgemeen met mekaar begin raak; hulle het begin klippe en stokke gooi. Ek het toe my blank geweer uitgeruk, die replika- 9 mm, wat ook nie eintlik ʼn geweer is nie. Ek het vier skote afgevuur. Hulle het gehardloop en hulle het teruggekom,” het Pretorius in die video gesê.

Lede van die EFF het Vrydag al na die Hoërskool Brackenfell opgeruk ná foto’s van matriekleerders van die skool by ʼn matriekafskeidgeleentheid ʼn herrie op sosiale media veroorsaak het. Net wit leerders het glo die private geselligheid bygewoon.

Die betogers was Maandag weer by die skool, waar private veiligheidswagte, inwoners en ouers hulle ingewag het. Die polisie is ook by die skool ontplooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Dries ·

Ek kan nou nie onthou nie, want dit is al so lank terug wat dit gebeur het, is ‘n sekere politieke leier ooit gearresteer na hy skote afgevuur by ‘n openbare byeenkoms?

Karina ·

Die ou het ‘n replika pistool gehad, daai politieke leier het ‘n aanvalswapen gehad en lewendige rondtes is afgevuur volgens die koerant berigte. En nee, die leier is nog op vrye voet.

Nozi ·

Dries ek verbeel my ook so iets. En ek kan my kop op ‘n blok sit die man het iets soos ‘n rooi oorpak, hoed of so gedra. Nee, nou is ek ook nie seker nie, maar soos jy se dit was mos lank terug. Wat ek wel goed kan onthou is dat daar geen politieke leier ooit in hegtenis geneem is vir ‘n vuurwapen afvuur in openbaar nie.

koos10 ·

Nogal ‘n outomatiese wapen, wat nie wettig in die van gewone burgers mag wees nie, of altans dis hoe ek die wet onthou, was ook maar lank terug en die brein word oud.

Persheks Adri ·

Mal-emma mag dit dan doen!!! Hoekom nou ‘n uitsondering maak? O ja, hy’s WIT!

FM ·

Hy het effe orde binne die chaos gestel.
Wat is julle probleem?

Persheks Adri ·

Daar’s geen probleem nie FM ons almal is TEEN die EFF’ers as jy na almal se kommentaar kyk

Johan ·

Van wanneer af is ‘n replika geag ‘n vuurwapen te wees, vra maar net?

Anoniem ·

Wanneer jy ‘n bank beroof met ‘n replika (nagemaakte speelgoed) pistool/vuurwapen, word dit vir regsdoeleindes geag die ware jakob te wees. Sou jy dit waag om iemand te probeer hijack met so ‘n wapen en jy word gedood…. dan, nou ja, gaan daar niks van kom nie.

Chris dupreez ·

Replika of nie , blanks of nie , dit was onverantwoordelik en jy moes besef het waarvoor jy jou inlaat. Jy moet maar vat wat jou kant toe kom. Geen simpatie

ES ·

Chris, ek stem saam jou – hy maak die lewe vir die wettige vuurwapeneienaar baie moeiliker. Ons sukkel klaar om ons vuurwapens gelisensieer te kry.

Nico ·

Aan wie se kant is julle, aan Malema se kant wat ‘n tyd terug met ‘n aanvals wapen skote in die lug af gevuur het. Nou maak julle die man sleg. Ek stem saam dit was verkeerd maar om die man so aan te val is verkeerd, en dit nogal blankes.

mymasekind ·

Niemand maak hom sleg nie, maar ek stem saam hulle. Hy moes bietjie verder gedink het.

Inkpot ·

Mag net die EFF gewelddadig raak en vrees aanjaag?
Waaroor gaan hulle tekere oor ń privaat funksie?
Ongenooide gaste hoort agter die deur. Punt.
Nooi Malema witmense na sy privaat funksies?

judith ·

mens weri waar gaan di wereld heen ni. tipes komnweg met als

Tsek! ·

Kry vir Julius Malema reg langs die man in die beskuldigde bank op dieselfde aanklag van afvuur van wapen in die openbaar…dan wil ek sien!

Marius ·

Hierdie saak sal n riglyn wees wat met MALema sal gebeer as sy saak eendag begin . Die NVG moet nou mooi dink voor hulle drasties raak .

Pieter ·

Ongelukkig vir Jaco het hy nou regte moeilikheid, veral omdat hy nie “connected” is nie. Al is ‘n voorwerp nie ‘n regte wapen nie, as dit soos een lyk, kan jy steeds aangekla word vir die rig van ‘n vuurwapen. En natuurlik gaan daar nou van hom ‘n voorbeeld gemaak word om die res van ons bang te maak.

Nico ·

Pieter, is jy ook teen hierdie man, wat het jy gemaak toe Malema dieselfde gedoen het met ‘n aanvals vuurwapen,

Fedup ·

I want you Mr. Pretorius to ask the “judge” on the 25th of january, why the little red garden gnome is allowed to fire a weapon in public, but not you. What kind of weapon either of you used is beside the point.
This is one answer i would hold my breath for.

Yolandie ·

Ek het simpatie vir Mnr. Pretorius, want vlngs hom het hy niemand in gevaar gestel nie veral omdat hy dit in die lug in afgevuur het en nie die “wapen” op iemand gerig het nie. Ek wil egter net sê dat dit tog roekeloos was want wat as die polisie op hom geskiet het, omdat hy ‘n “vuurwapen” afvuur. Die situasie kon lelik ontaard het.

ES ·

Die ongelukkige ding is, dit is onwetting om enige wapen in die lug af te vuur. Die wet op vuurwapenbeheer is baie duidelik.

FM ·

Ek hoop iemand sal gewone goeie oordeel gebruik en besef dat dit wat hy gedoen het sinvol was en veilig

Persheks Adri ·

Ons doen FM gaan kyk na die meerderheid kommentaar van ons. Feit is Mal-emma mag dit doen so ons soek nie dubbel standaarde nie.

ES ·

Die probleem is, dit is nie eintlik wettig om enigeen van die 2 te doen nie. Malema is nog nie skotvry daarvan nie, die hofsaak is nog aan die gang. Hy sal kry wat hom toekom.

ES ·

Ek weet darem nie… die polisie kon baie maklik op hom geskiet het en hom noodlottig gewond het. Dat sy intensies goed was, stry ek nie oor nie, maar die situasie moes baie beter hanteer word.

Dup ·

Mnr effff het ñ semi outomatiese geweer in die openbaar afgevuur.In die Brackenfell voorval is ñ namaaksel van n 9mm pistool wat loskruit of soortgelyk afvuur,gebruik.Groot verskil,of is ek verkeerd?

ES ·

Meeste mense se kommentaar hierop is: Maar Malema mag dit doen. So hoekom nie ons nie – en dit is die probleem met hierdie land.

Malema is nie die groot uitsondering omdat hy dit gedoen het nie. Sy hofsaak is nog aan die gang, hy is nog lank nie onskuldig bevind nie. Hulle gaan ‘n groot voorbeeld van hom maak sodra hy skuldig bevind word.

Ons wil ook nou stoute dinge doen wat ons die politici sien doen. Die feit is, hoe goed ookal Jaco se intensies was, hy het ‘n skoot afgevuur wat nie toelaatbaar is nie.

agnes ·

Weg met die terroristiese EFF. hulle is die groot rassiste wat onheil oor ons land bring

Gerrie ·

As jy dom is moet jy maar jou pak vat. Die wet bepaal baie duidelik dat die afvuur van ‘n windgeweer onwettig is in ‘n beboude gebied. Dit is ook so dat enige replika van ‘n wapen geag word as ‘n vuurwapen die oomblik wat dit gebruik word in ‘n misdryf. Kry maar vir jou pêl.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.