Nuwe regulasies oor alkoholverkope en internasionale reise en ʼn vyf dag lange rouperiode is aangekondig.
Lees meerAlles vir Woensdag 11 November 2020
Geen honde meer toegelaat ná Kaapse grysbok doodgemaak is
ʼn Hond het Maandagoggend in dié deel van die reservaat ʼn jong Kaapse grysbok gejag en doodgemaak.
Ouditeur-generaal Kimi Makwetu oorlede
Die ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, is Woensdagmiddag oorlede.
Duisende in Filippyne ontruim oor tifoon Vamco
Winde van 125 km/h met rukwinde van 155 km/h word tydens tifoon Vamco verwag.
Geregtelike ondersoek na vlammedood van gesin uitgestel
Die ma en haar kinders het in Julie 2011 in hul huis in Booysens, Johannesburg, doodgebrand.
Vermeende sekspes se verhoor tot volgende jaar uitgestel
Die 46-jarige man het vroeër ʼn junior rugbyspan afgerig en ʼn sopkombuis bestuur.
Konstabel eis glo omkoopgeld van R1 miljoen
ʼn 35-jarige polisiekonstabel van Pretoria-Sentraal se taktiese reaksie-eenheid sal binnekort weer in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag van uitbuiting, korrupsie en dwarsboming van die gereg.
Ramaphosa spreek land vanaand toe
Pres. Cyril Ramaphosa sal die land na verwagting vanaand om 20:00 toespreek oor die land se reaksie op die Covid-19-pandemie.
ToekomsVenster: Ek is ’n gas by God se tafel
Ons plek is voorberei. Elkeen wat dors het kom, kom na die water van die lewe.
Moeg vir politieke foutballe: AfriForum skryf vir IKR
“Politieke inmenging het meer as net ’n negatiewe invloed op die standaard van professionele krieket geword; dit dryf die krieketgemeenskap uitmekaar.”
Luister in 3 minute: Internasionale verslag oor SEB beklemtoon kommer
Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, bespreek in vandeesweek se aflewering van “3 Minute, 3 Sake” ʼn internasionale verslag wat die probleme met swart ekonomiese bemagtiging uitwys. Hy kyk ook na twee ekonomiese gevolge van die afsonderingsmaatreëls vir die Covid-19-pandemie.
‘Sekspastoor’ bly agter tralies
Die pastoor het al drie keer om borgtog aansoek gedoen.
Geen bom ná dreigement by Brackenfell-skool
Die skool het vanoggend ’n bomdreigement per e-pos ontvang.
Hennenman-plaasmoord: Eddie Hills (26) sterf
Medelye ná die dood van die jong man stroom in.
Parlement gaan tog plaaswerkers se lot ondersoek
Daar is belangrike verskille tussen die voorstelle van die EFF en die ANC.
Ace bly aan in pos
Magashule het gevra dat geen optogte op dié dag by die hof gehou word nie, asook dat geen T-hemde met sy naam daarop gedruk word nie.
Nuuskommentaar: As hy praat soos ʼn Nazi en maak soos ʼn Nazi …
ʼn Volledig swart vriendekring is vanselfsprekend nie rassisties nie, terwyl ʼn vriendekring wat net uit minderhede bestaan onderdrukkend, meerderwaardig en rassisties is.
Vryspraak: ’n Kulturele monument vir die grondlegger van Orania
Die leiers verdien erkenning wat nie populariteit nie, maar integriteit eerste gestel het en wat die strukturele kragte wat in hul tyd en samelewing aan die werk was, reg verstaan het. Dit is hulle wat oplossings kon formuleer vir probleme wat die meeste mense nog nie eens sien aankom het nie en vir wie ‘n kulturele monument, soos ‘n gedenklesing, gepas is.
Bomdreigement by skool in Brackenfell
Die skool is sowat 4 km van die Hoërskool Brackenfell geleë.
Kommer oor R1 miljard se onreëlmatige uitgawes by Prasa
Die parlement se portefeuljekomitee oor vervoer sê nou hy gaan werk maak van die ongerymdhede by Prasa.