Bomdreigement by skool in Brackenfell

Leerders is uit die Proteahoogte Akademie in Brackenfell begelei. (Foto: SJC Security Services)

Leerders en onderwysers van die Proteahoogte Akademie in Brackenfell, Kaapstad, het Woensdagoggend die skoolgebou verlaat nadat daar glo ʼn bomdreigement teen die skool gemaak is.

Die skool is sowat 4 km van die Hoërskool Brackenfell geleë waar ouers en inwoners Maandag slaags geraak het met betogers van die EFF. Die rooi barette het teen beweerde rassisme by die skool betoog.

SJC Security Services, ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy, sê sy spanne is vanoggend na die skool ontbied waar hulle gehelp het om leerders en onderwysers uit die skoolgebou te begelei.

Die gebied is intussen afgesonder en polisiebeamptes is op die skoolterrein.

Alle leerders is veilig.

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gestuur en wag vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Plaaskind ·

Regtig, die land kort dringend ingryping om nie heeltemal ten gronde te gaan nie. Los die kinders uit.
Asof hulle skooljaar nie al genoeg op gefoeter is nie, nou nog hierdie strooi ook. Iemand moet die land reg ruk en baie vinnig ook.

Persheks Adri ·

Dankie EFF’ers julle ontwrig omtrent als en almal! Los die kinders uit man! Slim gaan sy baas vang 1 van die dae. Ons kort ‘n nuwe kaptein baie vinnig. Cyril en Cele sê nie veel nie so ja dis seker maar reg in hulle oë pffft

Mariaan ·

O nee…nie nou nog dit ook nie…wat gaan aan met die mensdom…donker Afrika se genade is helse genade!

Inkpot ·

Die EFF is ń klomp leegleêrs wat aandag soek deur moeilikheid te maak.

Mallie ·

Plaaskind ek stem met jou saam. Ek dink ons moet vir Trump nader sleep. Hy sal dalk die pyp kan rook teen EFF ens.

Natasha ·

Die EFF moet nou aangekla word van meineed, want hulle het in die hooggeregshof onderneem om nie eksamens te ontwrig nie. As hulle aan mense se kinders begin raak dan moet hulle maar vat wat hulle kant toe kom.

Strandloper ·

Mense met minderwardigheids komplekse, moenie met die leeu se bal speel nie…

Werner ·

Die EFF moet kinders seermaak dan sal daar niks van hulle en hulle leiertjie oorbly nie.Oppas

Pieter ·

Ek wens van harte Trump kan vir een week president van SA wees, dit sal darem baaaaie lekker gaan.

Tokkel ·

Baie van die rooi hansworse weet nie eers self hoekom het hulle daardie rooihemde aan nie, maar word ook seker aangesê om dit te dra vir ‘n R50 en verniet busrit. Mens kan hulle met eenwoord beskryf:”DOM!” want geen regdenkende mens doen dit aan ‘n skool nie. As my kind in daardie skool was sou ek ook ingetree het. Meneer Ramaphosa, waar is jou lojaliteit teenoor jou land se mense??

Tanniepetoors ·

Bomdreigemente teen ‘n skool? Is dit iemand se idee van ‘n siek grap? Verregaande. Ek hoop die skuldiges word vinnig opgespoor. Dit behoort.nie moeilik te wees in.’n samelewing waar alles perfek werk en in stand gehou word soos hier in Suid-Afrika nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.