Brand breek uit by Kendal-kragstasie

Kendal-kragstasie (Foto; Eskom-webwerf)

ʼn Brand het Saterdag in die vroeë oggendure by eenheid 1 van die Kendal-kragstasie in Mpumalanga uitgebreek.

“Die eenheid het omstreeks 03:44 ʼn kortsluiting gehad toe die transformator onklaar geraak het,” het Eskom in ʼn verklaring gesê.

“Die voorlopige ondersoek het bepaal die transformator het begin brand. Die brand het kabels na die hoofverkoelingstelsel aan die weste kant van die kragstasie beskadig.”

Eenheid 2 en 3 is daarna ook afgeskakel.

Alle personeel op die perseel is veilig ontruim. Geen beserings is aangemeld nie.

“Verdere ondersoek duur voort om die oorsaak van die brand te vind.”

Eskom sal die publiek op hoogte hou van die ontwikkelings en die moontlike impak op die nasionale kragnetwerk.

Kendal eenheid 2 en 3 sal deur die loop van die week gediens word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Chris dupreez ·

n Transformater kan nie net begin brand nie, dit is swak instandhouding, soos nie skoongemaak word nie, olie word nie gesuiwer of vervang nie ens. En dan ons eff vriende se spesialiteit nl.brandstigting

Samuel ·

Die oorsaak? Kaderontplooiing. Swak instandhouding. Pffffft.

Adeline ·

Sabotasie van ons krag netwerk – verseker moet ons land lam gelê word en ons almal weet wie agter dit sit… nogtans geen mag of organisasie kan dit keer nie – wonderlik.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Ek is ‘n oud-elektrisiën uit die jare ’60. Ek verklaar ononwonde dat dit kan net een van twee dinge wees: swak instandhouding of sabotasie. Of albei. Ons het gereeld inspeksies en voorkomende instandhouding gedoen. Dit sou nooit in daardie jare gebeur het nie. Die nuwe Eskom doen feitlik geen voorkomende instandhouding nie.

Karina ·

Ek stem 100% saam met jou, swak/geen instandhouding en of sabotasie.

MakersMark ·

Die goed gebeur nie net nie. Swak onderhoud of operasionele prosedures is nie gevolg nie.

Karina ·

In die “ou tyd” is mense aangestel in ‘n pos volgens hul kwalifikasies, hulle het GEWERK om hul salarisse te verdien. . Orals word mense aangestel wat glad nie die kwalifikasies of kennis vir daardie pos het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.