Brand by Pretoria-hospitaal blitsig geblus

(Foto: Verskaf/Xander Loubser)

ʼn Brand wat Donderdagmiddag omstreeks 17:30 by die Eugène Marais-hospitaal in Pretoria uitgebreek het, is blitsig onder beheer gebring.

Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdiens, sê hulle het verskeie noodoproepe van die publiek ontvang waarin daar aangedui is dat die Eugene Marais-hospitaal besig is om te brand.

“Ons kon die rook by die hospitaal vanaf ons basis sien en het dadelik vyf ambulanse na die hospitaal toe ontbied. Met aankoms het ons bevind dat ʼn kragopwekker tydens ʼn kragonderbreking aan die brand geslaan het,” sê Loubser.

“Van die pasiënte in sekere afdelings van die hospitaal moes ontruim word weens rook wat in die ventilasiesisteme ingegaan het. Altesaam vier werknemers moes vir die inaseming van rook behandel word.

(Foto: Verskaf/Xander Loubser)

Hy sê geen verdere beserings is aangemeld nie.

“Noodienspersoneel het regtig baie vinnig reageer. Talle nooddienste was binne minute op die toneel en was reg om hospitaalpersoneel by te staan en met die ontruiming van die pasiënte te help.”

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Spearhead ·

Dis goeie nuus dat niemand beseer is of die hospitaal nie meer skade gehad het nie. Dit kon veel erger gewees het.
Die laaste foto lyk glad nie Eugene Marais hospitaal nie, maar eerder na Tswane hospitaal in die verte.

Charllas ·

Gisteraand het ek net vir Liewe Jesus dankie gesê dat na 8 Maande my pappa nie daar was nie. 1 week tuis……
Dis wonderlik dat niemand erenstig beseer is nie. En so bly die personeel in daai hopitaal is ongelooflik goed opgelei om enige iets te vat wat na hulle kant kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.