Brand woed in Kaapstad

Brand in die Tafelberg-omgewing (Foto: SANParke/Twitter)

Meer as 130 brandbestryders is Sondag op die toneel waar ʼn brand by Tafelberg in Kaapstad uitgebreek het en te midde van winderige toestande vinnig versprei.

SANParke het gesê motors word tans van Seinheuwel begelei. Verskeie branddienste, waaronder NCC Wildfires, Stad Kaapstad, Working on Fire en Volunteer Wildlife Services poog om die brand in stormsterkte wind onder beheer te bring.

Philip Prins, woordvoerder van SANParke, het gesê die brand het reeds oor Seinheuwelweg gespring en beweeg in die rigting van Leeukop. Die brand het net voor 13:00 in die Kloofnekweg-gebied uitgebreek.

Stad Kaapstad het gesê dit is nog nie in hierdie stadium nodig vir inwoners om te ontruim nie, maar hulle word versoek om alle vensters en deure toe te maak.

Motoriste word versoek om Kloofnekweg en die gebied om Seinheuwel te vermy om die noodvoertuie kans te bied om by die toneel uit te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.