Brics: Ferm handdrukke, groot glimlagte

Pres. Cyril Ramaphosa en Brasilië se pres. Luiz Inacio da Silva by Summer Place. (Foto: GCIS)

Die onderskeie staatshoofde van vier van die vyf Brics-lidlande het Woensdagoggend stuk-stuk by die Sandton-konvensiesentrum in Johannesburg aangekom waar pres. Cyril Ramaphosa hulle met ’n breë glimlag en ’n bladskud ingewag het vir dag twee van die Brics-beraad.

Brasilië se pres. Luiz Inacio da Silva, China se pres. Xi Jinping, pres. Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika, Indië se eerste minister, Narendra Modi, en Rusland se minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, het intussen begin vergader oor moontlike verdere samewerking tussen Brics-lande en die Afrika-vasteland.

Die leiers het Dinsdagaand by Summer Place in Hyde Park saamgetrek, maar geen besonderhede oor besprekings by dié sessie is nog bekend gemaak nie.

China het Dinsdag reeds sy gewig agter planne gegooi om die los gedefinieerde Brics-klub van groot ontluikende ekonomieë uit te brei.

Xi het gistermiddag in ’n toespraak wat namens hom deur sy minister van handel, Wang Wentao, voorgelees is, gesê “hegemonisme is nie in China se DNS nie”.

Hy het óók gesê die samesprekings op die beraad is nie daarop gemik om “lande te vra om kant te kies, of om blokkonfrontasie te skep nie, maar eerder om die argitek van vrede en ontwikkeling uit te brei”.

“Watter weerstand daar ook al mag wees, Brics bly ’n positiewe en stabiele krag vir groeiende welwillendheid.

“Ons sal ’n sterker strategiese Brics-vennootskap smee … aktief die uitbreiding van lidmaatskap bevorder” en “help om die internasionale orde meer regverdig te maak”.

Modi van Indië het nog geen melding gemaak van die beplande uitbreiding nie. Dit is teen dié tyd geen geheim dat Indië huiwering is oor breër lidmaatskap nie.

Só lyk die Brics-beraad sover in foto’s:

Brasilië se pres. Luiz Inacio da Silva, China se pres. Xi Jinping, pres. Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika, Indiese eerste minister Narendra Modi en Rusland se minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov. (Foto: AFP)

Pres. Cyril Ramaphosa, adjunkpres. Paul Mashatile en Brasilië se pres. Luiz Inacio da Silva in gesprek. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa en Indië se eerste minister Narendra Modi by Summer Place. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa verwelkom Indië se eerste minister Narendra Modi by Summer Place. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa verwelkom Brasilië se pres. Luiz Inacio da Silva by Summer Place. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa verwelkom China se pres. Xi Jinping by Summer Place. (Foto: GCIS)

Die Russiese president Wladimir Poetin gesels Dinsdagaand virtueel tydens die leiers se geslote sessie by Summer Place. (Foto: GCIS)

Rusland se minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, tydens Dinsdag se Brics-ministervergadering in Johannesburg. (Foto: Russiese ministerie van buitelandse sake)

Dinsdag se Brics-ministervergadering in Johannesburg. (Foto: Russiese ministerie van buitelandse sake)

Staatshoofde luister na terugvoer oor die Brics-sakeforum. (Foto: GCIS)

Indië se eerste minister Narendra Modi luister na terugvoer oor die Brics-sakeforum. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa en Indië se eerste minister Narendra Modi skud blad. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa luister na terugvoer oor die Brics-sakeforum. (Foto: GCIS)

Afgevaardiges teenwoordig tydens die eerste dag van die Brics-beraad. (Foto: GCIS)

Die Russiese president Wladimir Poetin verskyn virtueel op Dag 1 van die Brics-beraad. (Foto: Marco LONGARI / AFP)

Afgevaardiges teenwoordig tydens die eerste dag van die Brics-beraad. (Foto: GCIS)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Koen ·

Hulle gaan dalk hard moet werk ook. Handjies moet vuilmaak. oooo, die skande.

Anel ·

En so word ons aan China oorhandig sonder dat ons, die burgers van hierdie land, enige sê het!!!!!

annie ·

Indië was onlangs omhels deur die VSA met groot beloftes. Onthou Kamala is semi-Indies. Indië is arm met massas mense. Finansiële steun op alle gebiede is dringend nodig. Modi se opdrag is om BRICS in te perk. Hý moet eerder uitgedruk word. Afrikaners moet nou maar oefen om Engels te praat want die Britse besetting van die Kaap begin weer van vooraf aan.

piet ·

Indie is die vinnigste groeiende ekonomie in die wereld tans.. Indie is glad nie ‘n arm land nie maar met die grootste bevolking is daar baie arm mense per capita.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.