Brics rig uitnodiging aan ses lande

Pres. Cyril Ramaphosa Donderdag op die laaste dag van die Brics-beraad. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Dis amptelik: Die Brics-groepering brei uit.

Pres. Cyril Ramaphosa het pas by die 15de Brics-beraad in Johannesburg aangekondig dat Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika uitnodigings aan Argentinië, Egipte, Ethiopië, Iran, Soedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate gerig het om hulle by dié blok aan te sluit.

Die lande se lidmaatskap sal reeds op 1 Januarie in werking tree.

Die huidige leiers van die Brics-blok Donderdag tydens die laaste dag van die Brics-beraad. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Meer as 20 lande het aansoek gedoen om by die blok aan te sluit.

Dit is maar die tweede keer sedert die blok se ontstaan dat uitnodigings aan ander lande gerig word. Die Brics-blok het in 2009 met vier nasies begin en die daaropvolgende jaar uitgebrei met die byvoeging van Suid-Afrika.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Mnr De Beer ·

Hier is n grap vir die dag. Waarom het die BRICS nasies besluit om komediant te word? Omdat hulle ekonomiese vooruitskattings die beste grappie was wat hulle kon aanbied!

H.A. ·

Hulle hark al die lande bymekaar, NET die wat ñ kommunistiese siening het.

Republikein in die Wes Kaap ·

Sodra die Moonshot Pakt in Mei 2024 beheer oorneem sal die land uit Brics bedank.

Daniel ·

Iran is vyand van baie westerse lande, hulle is onderduims met hulle kernwapens en ook groot vyand van oa Israel. Lyk my ons gaan onsself in die verkeerde geselskap bevind en vervreem van die weste?

Harry ·

What, the West that’s telling our kids they can be a cat if they feel like it, that exercise and maths is racist. You talking about that west?

Mnr De Beer ·

No. Not all of the Western world shares those views. Many in the West value education, unity, and progress, working to uphold these principles. That is why they are 1st World Countries and not a 3rd world country like Iran and the others.

Harry ·

I respectfully disagree. They are first-world countries because they used to have those values, but that is fast changing.

Luckykat ·

Ek dink nie ons kan slegter doen as met ons westerse sogenaamde vriende nie.

Theo ·

Sjina en Rusland?! Dink weer katjie … Sjina (en in ‘n minder mate Rusland) is net nog ‘n buitelandse imperialis wat toegang soek tot Afrika se natuurlike hulpbronne deur politieke, ekonomiese en kommersiële uitbuiting.

Theo ·

Deur net nog meer teenstrydige belange te probeer akkommodeer deur lande soos Iran toe te laat sal die oorspronklike konsep van BRICS (ekonomiese samewerking en multilaterale handel en ontwikkeling) net nog minder uitvoerbaar maak.

Jan ·

Moenie verbaas wees as AGOA in die slag bly nie. BRICS het klaarblyklik nog nie geleer “don’t bite the hand that feeds”…

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Wes-Kaap sal sy eie bilaterale ooreenkomste met Amerika sluit. Die regime in Pretoria sal net toekyk.

Jaco ·

Voordat almal nou net kla en slegte stories versprei, onthou net daar kom nou DRIE olielande by. Dalk gaan SA se petrolprys dus daal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.