‘BSV’ se boer Johan (64) sterf weens Covid-19

Johan Uys. (Foto: Donna Lewis)

Johan Uys (64), bekende deelnemer aan die kykNET-program Boer soek ʼn vrou, het Saterdag weens Covid-19 gesterf.

kykNET en die span van die reeks het Woensdag hulle medelye op sosiale media uitgespreek teenoor Uys, wat aan die 10de seisoen van dié reeks deelgeneem het, se familie en vriende.

“Ons het die hartseer nuus vanoggend ontvang dat boer Johan van reeks 10 van #BoerSoeknVrou weens Covid-19 oorlede is [sic]. Ons dink aan sy familie, kinders en kleinkinders in hierdie moeilike tyd,” het die reeks op sy amptelike Facebook-blad gesê.

Uys het in Heidelberg, Gauteng, met beeste geboer en was oorspronklik van Carolina in Mpumalanga.

In November 2017 het Uys kykers van Boer soek ʼn vrou warm onder die kraag gehad oor sy uitlatings tydens die reeks.

Hy het aan die einde van die seisoen vir Marilyn van Droogenbroeck, ʼn rekenmeester van Fourways, Johannesburg, gevra om saam met hom op die plaas agter te bly. Die verhouding was egter van korte duur en hy het alleen by die reünie opgedaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

RS ·

Baie jammer om te hoor. Ons dink aan al sy geliefdes. Sterkte vir julle!

Riana ·

Baie sterkte aan die familie, dis ongelooflik hartseer hoe baie van ons persoonlik geraak word deur Covit????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.