Busongeluk-dodetal styg; Ramaphosa betuig meegevoel

(Foto: Limpopo departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid/Facebook)

Die dodetal het tot 21 gestyg ná Maandag se gru-busongeluk buite Louis Trichardt in Limpopo.

Die bus en ʼn geldwa was Maandagaand op die N1 in ʼn trompop botsing betrokke naby die Hendrik Verwoerd-tonnel. Die bus het van ʼn brug tot onder in die rivier gerol en op sy linkerkantse sy beland. Die meeste oorledenes was onder die bus in die rivier vasgekeer.

Florence Radzilani, LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, het Dinsdag die hospitale besoek waar die beseerdes aansterk. Volgens Radzilani is 19 mense op die toneel dood, terwyl nog twee in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.

Pres. Cyril Ramaphosa het intussen sy meegevoel aan die families van die oorledenes betuig en die beseerdes ʼn spoedige herstel toegewens.

“Voorvalle soos hierdie het ʼn ernstige uitwerking op gesinne wat geliefdes verloor, asook op oorlewendes of ooggetuies wat fisiek of sielkundig geraak word wanneer so ʼn tragedie gebeur.”

Sindisiwe Chikunga, adjunkminister van vervoer, Radzilani en Dowelani Nenguda, burgemeester van die Vhembe-distriksmunisipaliteit, sal Woensdag die families van die oorledenes besoek.

Die ongelukstoneel sal ook besoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Willem ·

Wie was die skuldige. Kop aan kop gebeur nie sommer net nie

Miskruier ·

Het die personneel in die geldwa oorleef. Jinne dit was nie dalk dat die bus die wa wou beroof nie?? Niks is onmoontlik in ons land nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.