Buthelezi vra Ramaphosa: Waar sal die geld vandaan kom?

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die staatsrede 2019 (Foto: GCIS)

Die president het sewentig keer in die staatsrede gesê “ons sal”, en net sewe keer “ons het”, so wanneer gaan hy oorskakel van drome na suksesse, wou die IVP-leier, Mangosuthu Buthelezi, tydens die debat oor die staatsrede weet.

“Die nou en die hoe is nêrens te vinde nie,” het Buthelezi uitgewys.

Die rede daarvoor, het die IVP-leier aangevoer, is dat die ANC-leierskap nie met mekaar saamstem oor enigiets nie. Volgens hom is die korrekte vraag nie of daar drome is en of die drome wenslik is nie, maar of sulke drome haalbaar is. En die manier om dit binne die werklikhede van die staatsdiens te bepaal, is of daar genoegsame geld in die begroting is.

“Waar is die geld vir al die drome? Ons moet geld leen net om te oorleef,” het die IVP-leier opgemerk.

Hy het te velde getrek teen vyf- en tienjaarplanne as ‘n ontduiking van onmiddellike verantwoordelikheid, want teen daardie tyd is sy ampstermyn verby. “Dit is nie nou die tyd om te droom nie. As jy korrupsie wil bestry is daar een vraag wat onbeantwoord bly: Waar is die arrestasies?” wou Buthelezi weet.

Die adjunk-hoofsweep van die DA, Jacques Julius, het gesê die lewe kan wel ‘n droom wees, maar om te droom is geen lewe nie. Hy het daarop gewys dat alle provinsiale ministers in die Wes-Kaap ingewillig het om by hul intrede en uittrede leefstyloudits te ondergaan, en die ANC uitgedaag om dieselfde te doen. Hy het Ramaphosa ingelig dat die grootste uitdaging betreffend Suid-Afrika se dwelmprobleem die swak beheerde grense van die land is. “Die DA droom nie. Die DA laat drome waar word,” het Julius afgesluit.

Nomsa Ndaba-Dube, ANC-LP, het gekonsentreer op vroueregte en ‘n oproep gedoen om die verdwyning van geslagsgebaseerde geweld.

Die DA-LP Geordin Hill-Lewis het gesê Ramaphosa het geen spesifieke beleidsvoorstelle gemaak nie. Hy het aangevoer die ANC-leierskap verskil oor alles en hoewel Ramaphosa aan bewind is, is hy nie in beheer nie. Daarom word morsige kompromieë aangegaan eerder as om linkses vas te vat.

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, het gesê daar moet ook beplan word vir die Suid-Afrikaner van die toekoms, nie net die Suid-Afrika van die toekoms nie.

Natasha Mazzone, DA-LP, het aangevoer gegewe die toestand van staatsbeheerde maatskappye is Ramaphosa se droom besig om in ‘n nagmerrie te ontaard.

Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, het aangekondig dat MIV/vigsbehandeling uitgebrei sal word, en alle Suid-Afrikaners gevra om te help deur hulself te laat toets.

Veiligheid van hospitale is ook ‘n topprioriteit, aldus Mkhize.

Patricia de Lille, Good-leier en minister van openbare werke en infrastruktuur, het Ramaphosa se klem op implementering verwelkom, en oor kritiek op haar aanvaarding van ‘n ministerskap gesê almal wat haar ken sal weet sy sou nooit daartoe ingestem het as dit met ‘n muilband gepaard gegaan het nie.

Die minister van polisie, genl. Bheki Cele, het hom nogmaals verbind tot die stryd teen misdaad en het gesê ‘n kollektiewe benadering is daarvoor nodig. Volgens hom kos zama-zamas die land jaarliks R41 miljard.

Namens die DA het Siviwe Gwarube ‘n striemende aanval op die ANC se rekord in gesondheidsorg gedoen. “Niks wat die ANC doen, werk nie,” het sy aangevoer, met voorbeelde uit die Oos-Kaap, waar sy grootgeword het. Oor nasionale gesondheidsversekering het Gwarube gesê dit bly vir die DA onaanvaarbaar omdat dit nie die pasiënt as fokus het nie.

Sy het ook gesê die ANC beloon onkunde en swak bestuur, soos om die ANC-LP, dr. Sibongiseni Dhlomo, aan te stel as voorsitter van die portefeuljekomitee oor gesondheid terwyl hy LUR vir gesondheid was toe KwaZulu-Natal se onkologiedienste ineengestort het.

Mosiuoa Lekota, Cope-leier, was nie verbaas oor Cele se stellings oor zama-zamas nie, want die mynbou en landbou dra die land se ekonomie so die zama-zamas is kundige myners wie se werkloosheid veroorsaak is deur disinvestering weens die bedreiging van onteiening sonder vergoeding.

Andrew Whitfield het die middagsessie vir die DA afgesluit met die stelling dat die president meer belang stel in sneltreine (bullet trains) as koeëls wat onskuldige mense in byvoorbeeld plaasaanvalle teiken. Hy het gewys daarop dat baie van die 800 vuurwapens wat by die polisie gesteel is, gebruik word in bendegeweld. Hy het voorbeeld op voorbeeld oor plaasaanvalle aangehaal, en uitgewys hoe die slagoffers gemartel word terwyl die ANC niks doen nie.

Die debat duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Andreas ·

En Julius, wie se kitaar net een snaar het tokkel daarop dat ’n spontane revolusie kan uitbreek as mense se grond nie teruggee word nie. Ek hou van daardie ‘spontane’ van hom, want hulle sal die mense ‘spontaan’ aanmoedig.

Tiger ·

My man en ek gaan spontaan terug veg.Ons sit nie soos meeste mense en wag om geslag te word nie.Ons is gereed om dadelik oor te gaan tot aksie.

Blikke ·

Jip spontane deelname en betrokkenheid is aan die orde van die dag!!

George in Bloem ·

Julius en sy maters moes maar loop.Die kitaar se snaar het gebreek.

Andreas ·

Dit het mens sien kom, probleem betreffende die staatsrede is dat Cyril/die staat wil als self doen. Ek glo die staat het net nie die kapasiteit en die kundigheid nie, soos tereg gesê ons het nie eens geld om nou te oorleef nie, skuld miljarde en dan kan ek jou ‘n brief gee Cyril en die ANC-regering weet nie waar die geld vir hul drome vandaan gaan kom nie, het hulle ook nie ‘n idee hoe daar uitvoer aan hul planne gegee gaan word en of dit prakties uitvoerbaar is nie.

Die drome gaan nêrens heen nie, ons kan maar nou al die gat toegooi wat dit aanbetref.

Ek het so twee weke gelede erns gelees ‘n ekonoom het gesê, die heel beste sou eintlik wees as die ANC-regering die ekonomie in die private sektor se hande laat, dan kan die regering op die res konsentreer.

Neels ·

Ja oupa Buthekezi dit is wat ons gewone landeburgers ook wil weet . Soos dit vir ky klink word die toutjies in die hoofstad Beijing getrek en die SA provinsie moey spring. Daardie droom stad sal ney net chinese bugers gebou word indien dit ooit realiseer , geen chinese fabriek of besigheid in die land het die minimum “ we want “ personeel in diens So wag en sien is die antwoord

Julie Jansen van Rensburg ·

Neels, daar was ‘n tyd toe die Sjinese ‘n groot stuk grond byModderfontein bekom het om ‘n “MEGA-stad ” as teenvoeter vir Sandton wou bou, maar dardie plan is van die baan af. Ek lees en hoor nou onlangs dat hulle die grond verkoop het en die “MEGASTAD” gaan nie meer die lig sien nie… maar maak geen fout nie – ons moet hierdie Sjinese NIE afskryf nie – hulle het nog steeds die leisels in die hand en een of ander tyd sal hulle weer die sweep klap…

fred ·

Buthelesi ons weet vanwaar die geld moet kom….uit die sakke van die arme belastingbetaler…

Andreas ·

Wel, ten minste het ons verlede week na ‘n Staatsrede geluister wat die mense die toekoms wou in vat soos wat die mense graag wou hoor, die probleme in die proses heel agterlaat, Cyril wou die prentjie so pragtig en kleurvol skilder, en daar was sommer ook ‘n goudpot aan die anderkant van die reënboog, dat hy skoon van die realiteite vergeet het.

marous ·

Hy sou die enigste waardige president wees , maar is opsetlik uit geskuif .

Pieter ·

Ons pres is nie verniet so rustig nie hy weet hulle gaan die mense se pension geld vat die anc is een groot sirkus net jammer ons betaal vir al hulle stupid gheid

Ja Nee ·

Ek sal vir julle se waar die geld vandaan sal kom…..en dit is van die blankes wat vir alles betaal. SA het nie n kans in hel nie want 10% betaal en 90% vat !

Johan ·

In essence what happened to our honour , pride , respect and honesty? Without that we will not survive!!

Charlie ·

Mense het die afgelope hoeveel jaar onder Zuma gewoond geraak aan ‘n Staatsrede wat vol wind was en gesê het.”Dit is hoe dinge gedoen gaan word” maar waarna al die geld deur korrupsie opgeslurp is en NIKS GEDOEN IS.
Hulle besef nou nie dat Ramaphosa vir die eerste keer in byna mense heugenis hulle aan ‘n visie blootgestel is waarteen elkeen se optrede gemeet gaan.word nie.
Elke departement moet nou sy eie planne opstel om binne en met die begroting aan hom toegeken planne op te stel om aan CR se visie gestalte te gee.
Dit is onkundiges wat CR se INTERNASIONAAL AANVAARDE BESTUURSPRAKTYKE om projekte te bestuur nie verstaan nie en dan beswaar maak daarteen
Vir die eerste keer in byna mense heugenis het iemand opgestaan.en gesê ek het die volgende visie vir waar die land oor vyf jaar en moontlik oor tien jaar moet/kan wees as almal saamwerk om die wa in daardie rigting te trek.
Hoe op om hoë stelte te loop en maak vir die eerste keer planne hoe om die VISIE GESTALTE te gee.
Dit is ‘n GOEIE VISIE.

Dirk ·

Die ANC moet die geld terugkry van die ANC se staatskapers en van swakbesturende, wanbetalende munsipaliteite asook alle kaders moet gefire word wat onregmatig in botallige poste deur staatskapers aangestel was. Die ANC moet alle ander partye se manifestos ook erken en nie verwerp nie, want indien dit verwerp word sal samewerkende regering onmoontlik wees en sal opposisiepartye en miljoene opposisie kiesers die ANC se manifesto implementering ondermyn tot in lente van dae! Die ANC kan aanhou om te regeer asof dit net die ANC is wat bestaan, maar dan sal daar geen meer vreugde vir die ANC bestaan nie!

Schalk ·

Hulle vertrou nie eers mekaar hoe onnosel is ons as kiesers om hulle te vertrou met die hede en die toekoms.Gepraat in die lug minder werd as n kug.ANC verkoop SA aan China.

George in Bloem ·

En daar vra Mr Buthelezi die belangrikste vraag wat almal eintlik wil weet en die is “waar is die arrestasies”? En die ANC is kamstig van plan om korrupsie vas te vat? Die een ou wat wel tronk toe is daarvoor was terminaal siek en sterwend 8 jaar gelede en toe vrygelaat,wat hom toegelaat het om die geneeswonder van golf te ontdek want nou speel hy daagliks ‘n potjie wat hom wonderbaarlik aan die lewe hou? Met al die ANC narre in beheer van die sirkus is hierdie land een groot tragiese grap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.