Bylsma ‘nie regverdig verhoor’, wil appelleer

Xander Bylsma gedurende vandag se hofverskyning. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die veroordeelde moordenaar Xander Bylsma (21) se regsverteenwoordigers het Donderdag ’n aansoek om verlof tot appèl by die hooggeregshof in Noordwes ingedien teen Bylsma se skuldigbevinding en vonnisoplegging.

Bylsma is verlede Vrydag tot twee keer lewenslank gevonnis vir die moord op sy voormalige vriendin, Sharnelle Hough, en haar boesemvriendin, Marna Engelbrecht. Dít nadat hy in Februarie skuldig bevind is op twee aanklagte van moord.

Dit word nou in die aansoek, wat Maroela Media onder oë gehad het, aangevoer dat Bylsma nie ’n regverdige verhoor gehad het nie en boonop ’n onvanpaste vonnis opgelê is.

Dit word ook aangevoer dat Bylsma se regte geskend is.

Vonnis

Luidens die hofstukke het regter Ronald Hendricks Bylsma verlede week ’n “ontstellend onvanpaste” vonnis opgelê veral wat die moord op Engelbrecht betref.

Die verdediging voer aan dat die minimum vonnis van 15 jaar tronkstraf vir dié moord opgelê moes word aangesien die hof vroeër bevind het dat die moord op Engelbrecht nié beplan was nie.

Bylsma se regsverteenwoordiger adv. Sakkie Nel gesels met sy kliënt Xander Bylsma gedurende ‘n vorige hofverskyning. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Daar word ook argumenteer dat die hof ’n fout begaan het met sy bevinding dat Bylsma nie enige “wesenlike en dwingende omstandighede” aan die hof kon bewys ter versagting van sy vonnis nie. Bylsma se regspan glo dat sy jeugdigheid, die feit dat hy emosioneel onvolwasse was ten tyde van die moorde en ’n eerste oortreder is wat steeds gerehabiliteer kan word, omstandighede vir strafversagting is.

Volgens die verdediging het Hendricks boonop Bylsma se persoonlike omstandighede, waaronder sy jeugdigheid, onderbeklemtoon en die ernstige aard van die moorde en die belang van die gemeenskap oorbeklemtoon.

Verhoor

Wat Bylsma se skuldigbevinding betref, wys die verdediging in die hofstukke op verskeie foute wat volgens hulle gedurende Bylsma se verhoor begaan is. Dít sluit in die hof se bevinding dat die staat sy saak bo redelike twyfel bewys het. Hulle betwis ook die hof se bevinding dat Bylsma se getuienis nie redelik moontlik waar kon wees nie en die hof se gevolglike verwerping daarvan.

Bylsma se regspan voer verder aan dat hul kliënt se regte geskend is toe hy destyds kort ná die moorde ’n bekentenis voor Chris Saunders, ’n private speurder, afgelê het. Dit is omdat Saunders hom nie ingelig het van sy reg om te swyg, sy reg op ’n regsverteenwoordiger en sy reg om homself nie te inkrimineer nie.

Bylsma het gedurende die verhoor aangevoer dat hy destyds gedreig en aangesê is om die bekentenis te maak en dat hy onskuldig is.

Sharnelle Hough (17), links, en Marna Engelbrecht (16). Foto: Via Facebook

Luidens die hofstukke het Saunders vir Bylsma destyds onbehoorlik beïnvloed en mislei om homself te inkrimineer.

Volgens die verdediging was die verhoor onregverdig aangesien die bekentenis en die uitwysings wat Bylsma destyds op die moordtoneel gemaak het, in die binneverhoor as getuienis aanvaar is.

Die hof het luidens die hofstukke ook nie oorweeg dat Bylsma ’n oningeligte besluit geneem het toe hy die bekentenis afgelê en die uitwysings gemaak het nie. Die verdediging wys daarop dat Bylsma onder die invloed van medikasie was ten tyde van dié gebeure.

Daar is volgens Bylsma se regspan nie genoeg aandag geskenk aan die feit dat Bylsma se DNS nie op die moordtoneel gevind is nie, die swak ondersoekwerk van die ondersoekbeampte in die saak en die teenstrydighede in sommige van die staatsgetuies se getuienisse.

Daar moet nog op ’n datum besluit word oor wanneer die aansoek deur Hendricks in die hof aangehoor sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

tweeling ·

Maar dan is hy mos heeltemal onskuldig volgens die verdediging. Sal maar nog ‘n whisky gaan drink.

Scalla ·

Niklaas, ek stem nogal saam met Adv Nel, waar kom die privaat speurder so vinnig op die toneel en gedwing word tot bekentenis, wat van die lorrie drywer wat hom op pad gesien het, geen DNS ens, kon hy man alleen dit gedoen het, vra maar net? Enige iemand kan n fout maak.

Moerby1212 ·

Bylsma het twee PRAGTIGE meisies VERMOOR.WAT HET HY VERWAG ???? NOU MOET HY WEER IN DIE HOF VERSKYN HOEKOM…. HY IS SKULDIG BEVIND HY SOEK NET SIMPATIE

Juffrou ·

Ag tog, watse regte? Jy mors die hof se tyd. Selle toe. Dis al. Arrogante en astrante ventjie hy.

Patch ·

Ga!! Hy moet tronk toe, dis die enigste reg wat hy mag kry…’n tronksel dak oor sy kop, tronk bed en tronk kos! Het die meisies nie die reg tot lewe gehad nie?

Trotse Boervrou ·

Die enigste ding wat onregverdig is is dat twee pragtige jong meisies vermoor is en dat hul families daarmee moet saamleef vir die res van hul lewe!

Sarel ·

Nog is dit ten einde niet. Wat vsn die slagoffers se gesinne, wanneer gasn hulle afsluiting kan kry. Nee mannetjie vat jou pak

Monty ·

Sy regspan, het nognie genoeg geld gemaak nie. Moet nog die laaste bietjie wat oor is ook tap.

marius ·

Poligraaf toets vrywillig ook te skokkend vir sy prokureurs ?

LiveAndLetLive ·

Lewenslank vir moord op een en nou wil hy die ander een laat verander na 15 jaar……hy gaan inelkegeval lewens lank sit.
Die feit dat hy 18 was toe hy lewens geneem het, se mos vir jou dat hy in die tronk hoort, as jy op 18 al moord kan pleeg, wat gaan jy wees op 30 en boonop beplan, as dit onbeplan was op albei kan jy seker se hy was onvolwasse emosioneel, dit is egter beplan en hy was toe sommer bereid om die vriendin ook te vermoor.
Hierdie jong man is siek, hy hoort in n tronk. Ons dogters is beter af met hom net waar hy is.

Nette ·

Enige iemand wat twee moorde gepleeg het, en dit stage laat dit lyk soos selfmoord het presies geweet wat hy doen, hy was by sy volle positiewe, en het genoeg tyd gehad om die dade te pleeg.

Inkpot ·

Koelbloedige ongevoelige klein moordenaar en nog slinks ook.
Al die stories wat van hom vertel word laat mens se nekhare rys.
Hy moet in die tronk bly, want volgende keer gaan hy sy misdade nog beter beplan.

Maritha ·

Di punt is, hy het 2 jong meisies VERMOOR. Dit maak hom ń MOORDENAAR. Gooi hom in di tronk en gooi di sleutels weg. Moord is moord. Hoekom is een se lewe meer werd as di ander ene. Nee wat. Hy is nie ń mens wat ooit weer tussen ander normale mense en veral meisies kan lewe nie!

Johan ·

Jy het twee pragtige kinders vermoor. Hulle kan nie appelleer teen wat jy hulle aangedoen het nie. So hou nou op huil en jammer voel vir jouself en gaan dien jou straf uit!

Ferryman ·

If you don’t want to do the time, don’t do the crime. Die mannetjie moet maar sit.

Gemaskerde Sopbeen ·

Nou wie beweer die klein twak het dit gedoen?
Die Paashaas of die Tandemuis?

Adriaan ·

Iemand sê asb vir my waarmee gevangenesse hulleself besig hou in die tronk? Want hy verdien om gestraf te word. Om slegs sy onafhanklikheid weg te vat is nie voldoende nie. Comment asb

Maritha ·

Ja nee. Hy moes nou eintlik klippe gekap het vir 50 jaar!

Francois Le Cochon ·

Lyk my Xander het ‘n dubbele persoonlikheid.

AH ·

Moet liewer nie dat sy regsspan dit hoor nie! Hulle sal dit dan wil gebruik as versagtende omstandighede! Hy verdien swaarder straf as lewenslank, maar helaas is dit nie moontlik in ons land nie. Hy het besluit om die twee meisies te vermoor en was nie te onvolwasse om dit deur te voer nie. Hy kan bly wees hy gaan in ‘n Suid Afrikaanse tronk sit waar hy ‘n lekker lewe kan hë

popsa ·

Was dit nie “ontstellend onvanpas” van hom om twee jong skoolmeisies koelbloedig te vermoor nie? Wat van die meisies se “emosionele onvolwassenheid” en húlle “jeugdigheid” waarmee hulle hom vertrou het en waarskynlik nie kon dróóm dat hy ooit só wreedadig boos sou optree nie? Het hy enige “strafversagting” oorweeg toe hy genadeloos twee weerlose jong dames se lewens summier beïndig het en hulle geliefdes se harte vir altyd gebreek het? Nee nee en nee. As hy dan sonder enige oorweging twee meisies se regte lewenslank geskend het, waarom moet sy “regte” nou erken word? Die kwaad behoort uitgeroei te word, anders woed dit voort. Besef dat jy sal maai wat jy gesaai het. Ons almal doen.

Corne123 ·

Sit ek kry kla vat jou pak soos n man hy niks gevoel vir hulle toe hy hulle vermoor het nie hoekom moet enige iemand nou simpatie met hom toon?

Cecilia ·

En die 2 dogters se mense regte word deur hom weggeneem maar syne moet nou in ag geneem word. Hy was volwasse genoeg om n besluit te neem hulle moet dood wees sodat hy die reg het om te lewe oor hy n jaloerse mens is. Wens mens kon almal wat tronk toe gaan Maan toe stuur daar sal hy genoeg regte op niks he

Wondermaarnet ·

Sluit hom toe vir 25 jaar of sommer nog langer. Hy het geweet wat hy doen!

Willem ·

Nee kyk, daardie prokureurs het waaragtig nog nie genoeg uit hierdie familie getap nie.

Inkpot ·

Sal ń gepaste vonnis vir hom dan wees om ook verwurg en opgehang te word?
Dis mos dan regverdig, dis immers wat hy aan nie een nie, maar twee meisies gedoen het.
Ek verstom my aan sy ouers wat nou woedend is oor sy vonnis. Die meisies se ouers is hartseer, hulle gaan die res van hulle lewens treur. Dink sy ouers ooit daàraan.
Mens wonder of hulle ooit vir die meisies se ouers jammer gesê het.
Nee wat, hy is gewoond om met leuens weg te kom. Nou moet hy sy straf soos ń man vat.

Sarel ·

Nee wst my Boettie, jy mors net jou Pa se geld. Vat jou straf .

Strandloper ·

Wel….op die trant wat die ander piete uit die tronke vrygelaat word loop die knaap ook binne kort vry rond…

john ·

hy pleeg n dubble moord dan verwag hy, hy kry net 15 jaar met goeie gedrag is hy uit in 5 jaar terwyl die slagoffers weg is vir eewig… hoe siek. ten minste lewenslank met n minimum van 50 jaar

Inkpot ·

Gedreig om ń bekentenis te maak en toe vertel hy sommer presies hoe hy hulle vermoor het en vir Chanelle “help” selfmoord pleeg het. Snaaks dat hy nou toevallig presies weet wat gebeur het.
Moet mens nou lag of naar word vir die vent?
Nou hou hy vol hy is onskuldig en dat hy die bekentenis versin het.
Ergste is dat sy ouers hom nog ondersteun in sy leuens en nou woedend is oor sy vonnis.
Wat het hulle gedink, die regter gaan hom net betig en waarsku om nie weer so stout te wees nie?

Debbie ·

Hy kan bly wees hy is nie in Amerika nie. Hy sou heel waarskynlik lewenslank sonder parool gekry het. Ek dink hy probeer nou kanse vat. Wil kyk of hy kan wegkom daarmee. Die reg moet nou sy gang gaan. Die waarheid sal uitkom. Kry die slagoffers se families jammer. Nog ‘n trauma om deur te gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.