Byna 100 000 vrygelaat sonder DNS-monsters

(Foto: Unsplash)

Die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lomola, het onlangs bevestig dat 96 785 skedule 8-oortreders (geweldsmisdaad) sedert 2016 op parool vrygelaat is sonder om ‘n DNS-monster in te dien.

Die burgerregteorganisasie Action Society se prokureurs het reeds ‘n brief aan die presidensie, die polisiekommissaris, die nasionale minister van polisie en die kommissaris van korrektiewe dienste gestuur waarin hulle aandring op die dringende implementering van die Strafregwysigingswet (Forensiese Prosesse) 37 van 2013. Dié wysigingswet vereis die instandhouding van ‘n gevonnisde oortrederindeks in die Nasionale Forensiese DNS-databasis (NFDD) van Suid Afrika.

Die Strafregwysigingswet dwing gevonnisde skedule 8-oortreders (dit sluit moordenaars en verkragters in) om ‘n DNS-monster te gee, vir die instandhouding van die NFDD. Sedert die totstandkoming van die databasis in 2015 is hierdie wysigingswet egter nog nie gefinaliseer nie en wag nog steeds op die president se handtekening.

“Die president en die minister van polisie versuim om die burgers van Suid-Afrika te beskerm en skend hul konstitusionele regte,” sê Elanie van der Walt, woordvoerder van Action Society. “’n Kritiese deel van die strafregstelsel word nie toegepas nie, omdat die regering geen dringendheid het om die wet in werking te stel nie.”

Tot dusver was daar geen reaksie van die regering in hierdie verband nie. Die organisasie het hul brief op 20 Augustus 2021 aan die presidensie gestuur en het die president en ministers 30 dae gegee om aan hul gelyste eise te voldoen. Hierdie eise sluit in dat die president ‘n proklamasie uitreik wat die Wet op Forensiese Prosesse ten volle implementeer. As hulle geen reaksie ontvang nie, gaan Action Society voort met regstappe teen die regering, insluitend ‘n verklaring van regte ingevolge artikel 38 van die Grondwet, by die konstitusionele hof.

“Ondanks die voor die hand liggende feit dat ‘n NFDD ‘n noodsaaklike en effektiewe wapen is in die stryd teen misdaad  ̶  wat die SAPD se vermoë om misdadigers te identifiseer en aansienlike hulp aan vervolgingsowerhede verskaf  ̶  versuim die regering om die wet ten volle te implementeer. Die regering se voeteslepery met die toepassing van die wet het tot gevolg dat duisende veroordeelde moordenaars en verkragters vrygelaat word sonder die moontlikheid om hulle aan vorige of toekomstige misdade te koppel.

“Ons kan eenvoudig nie aanvaar dat die president steeds nie hierdie wysiging goedgekeur het nie, veroordeelde misdadigers word vrygelaat sonder om ‘n bukkale DNS-monster te gee en kan dus voortgaan om te verkrag en te moor sonder vrees vir die gereg. DNS is die doeltreffendste hulpmiddel om oortreders aan onopgeloste sake te koppel en om toekomstige vervolging van heroortreders te vergemaklik. In ‘n land waar 3 335 vroue elke maand verkrag en 1 667 mense vermoor word, moet die president en die Suid-Afrikaanse Polisiediens aanspreeklik gehou word omdat hulle nie lankal hierdie wet ten volle geïmplementeer het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

#013 ·

Niemand gee om vir wet en orde in ons land meer nie. Mense kom weg met alles. Ons as burgers het geen regte nie en die wat die wet oortree het menseregte. EK is so oor dit. Toe ek die SAPS nodig gehad het het hul nie eers geweet waar my huis addres is nie, en ek bly 1.6km vanaf die polisiestasie. Hul voel niks nie.

Nie Verbaas ·

Miskien moes jy verduidelik het waar jou plek is van die naaste Kentucky af.

Tiptol ·

Wat help dit as enige krimineel gevang word om dan net vrygelaat word? Al wat gebeur is dat saps en howe ‘n klomp geld maak.

melaney ·

Korrektiewe dienste se personeel moet eers geleer word hoe om DNS te skryf, wat dit beteken, en waarom ons dit nodig het.

Hennie ·

Dankie ANC. Julle maak ‘n verskil in die lewe van die arme krimineel!

Nie Verbaas ·

En daar faal die ANC weereens. Wys ons asseblief dat daar ten minste een ding is wat julle kan reg doen behalwe plunder en wanbestuur.

Joggie ·

Siril en ANC is baie dankbaar vir die ekstra 100 000 kiesers wat vir hulle stem!

Misky ·

Cyril en sy terroris-onder-hoed moet besef SA sit met gewoonte misdadigers. Daai 100k ouens gaan weer en weer aanjaag en ons as publiek, is uitgelewer aan ons eie genade

JM ·

Plundering van die staatskas geniet die hoogste prioriteit, die res is onbelangrik.

Yolandie ·

As die regering maar soveel geld en energie ingesit het in die veiligheid en sekuriteit van ons landsburgers soos hulle nou insit in die pandemie…….miskien sou SA’kaners dan geglo het dat daar omgegee word vir hulle gesondheid ook.

Peach ·

Daar is so baie organisasies bv Outa, Action Society ens, wat probeer om die regering verantwoordelik of aanspreeklik te hou maar, ek sien geen verandering of verbetering nie….. hier word Jacob G. Zuma op mediese parool vrygelaat onder die sogenaamde fighters for justice se oë. Nou vra ek, wat is hulle eintlike doel in die samelewing?

Andre ·

Ek vertrou hulle het darrem beloof om maskertjies te dra. As dit nie reeds standaard is nie.

Bart-Man ·

Maak oop die tronke, grense en gee nog grants. Kies tyd is naby. Die ANC mis sy comrades.

Eugene ·

Cyril is nie n president nie, hy is n grap. Hy het nog net mooi niks gedoen wat ons land n beter of veiliger plek maak nie. Al wat hy bereik het is om die ekonomie totaal te vewoes

Jack ·

Geen wonder dat misdaad totaal buite beheer is nie. Hulle is seker al klaar voorsien van vuurwapens om te roof en te moor soos hulle wil. Watter siek regering en dele van die gemeenskap.

Johan ·

Gaan BEVOEGDE mense aangestel word ! Sit ons nie weer met iets soortgelyk as die Sentrale Vuurwapen Register nie ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.