Byna helfte van SA se werkmag is werkloos

(Foto: Facebook)

Suid-Afrika se werkloosheidskoers het met 7,5% tot 30,8% van die arbeidsmag gestyg in die derde kwartaal van 2020.

Statistieke Suid-Afrika het Donderdag in sy kwartaallikse arbeidsmarkopname (QLFS) gesê die uitgebreide definisie van werkloosheid, wat diegene insluit wat ontmoedig word om werk te soek en diegene wat ander redes het waarom hulle nie vir werk soek nie, soos die nasionale afsonderingsperiode wat laat in Maart ingestel is in reaksie op Covid-19, het ook met 1,1% gestyg tot 43,1%.

Dit beteken dat bykans die helfte van die werkmag in Suid-Afrika werkloos is.

Die agentskap het gesê die getal werkende persone het met 543 000 toegeneem tot 14,7 miljoen in die derde kwartaal, in vergelyking met die tweede kwartaal. Werkloosheid het met 2,2 miljoen (52,1%) tot 6,5 miljoen toegeneem. Die arbeidsmag het dus met 15,1% vergroot.

“Die getal ontmoedigde werksoekers het met 225 000 toegeneem en die getal persone wat vir ander redes nie ekonomies aktief was nie, het met 2,9 miljoen afgeneem, tussen die twee kwartale,” het Sats SA bygevoeg.

Weens Covid-19-beperkings het Stats SA in die derde kwartaal steeds data telefonies ingesamel. Die data kon nie uit ʼn volledige stel bekom word nie, maar slegs uit dié huishoudings vir wie kontaknommers beskikbaar was. Die agentskap het aanpassings hiervoor gemaak.

Só sê die DA

Dr. Michael Cardo, DA-LP en skaduminister van indiensneming en arbeid, het gesê Stats SA se aankondiging werp lig op die dringende behoefte aan ʼn program vir verreikende arbeidsmarkhervorming. “Sonder ʼn omvattende hervormingsprogram, sal pres. Cyril Ramaphosa se ekonomiese herstelplan nie aan die gang kom nie en die land sal op die afwaartse spiraal bly.”

Volgens Cardo is die belangrikste punt uit Donderdag se QLFS dat die getal werklose persone met 2,2 miljoen na 6,5 miljoen toegeneem het. Dit sluit 2,7 miljoen ontmoedigde werkers uit.

Hy het daarop gewys dit is die hoogste werkloosheidskoers sedert die aanvang van die QLFS in 2008. “Die werkloosheidskoers vir diegene tussen 15 en 24 staan op ʼn kommerwekkende 61,3%.”

Cardo het gesê dié skokkende syfers beklemtoon die behoefte dat pres. Ramaphosa in sy Covid-19- ekonomiese herstelplan die fokus moet plaas op werkskepping en arbeidsmarkderegulering. “Ons word in die gesig gestaar deur uitdagende omstandighede: ʼn ekonomie wat met ongeveer 8% krimp, ʼn inkomstetekort van ongeveer R300 miljard en ʼn onbekwame staat wat daagliks R2 miljard leen. Ongelukkig plaas die ekonomiese herstelplan sy hoop op ʼn onbekwame staat om ons uit die gemors te kry waarin hy ons gesit het en dit self vererger het. Die plan versuim om raak te sien dat dit slegs die privaat sektor is wat werk op groot skaal kan skep en hoofsaaklik onervare werkers in die ekonomie kan opneem.”

Só sê VF Plus

Heloïse Denner, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder oor arbeid, het gesê die jongste uitgebreide werkloosheidsyfer van 43%, die hoogste wat Suid-Afrika ooit beleef het, bewys dat die land lank reeds met ʼn werkloosheidspandemie te make het, wat bloot deur die Covid-19-pandemie vererger is.

“Die werkloosheidsyfer kan nie met die tweede kwartaal se syfer vergelyk word nie, aangesien dit weens die nasionale inperking skeefgetrek is. Die werkloosheidskoers styg geleidelik kwartaal na kwartaal vanaf 29,1% in die laaste kwartaal van 2019 tot 30,1% in die eerste kwartaal van 2020 tot waar ons nou ʼn rekordkoers van 30,8% sien. Die uitgebreide werkloosheidskoers van 43,1%, wat ontmoedigde werksoekers insluit, is uiters kommerwekkend,” het Denner bygevoeg. “Die regering se beperkende arbeidswetgewing en sy bemoeidheid met kosmetiese transformasie en sosiale ingenieurswese kom die land duur te staan.”

Sowat 2,2 miljoen werkgeleenthede het verlore gegaan in die privaat sektor in die afgelope tydperk. Die privaat sektor gaan gebuk onder geweldige druk waartoe die regering die meeste bydra, het Denner gesê.

“Indien die grootste werkskepper in die land nie vryelik toegelaat word om onder gunstige ekonomiese omstandighede werk te skep nie, sal die werkloosheidskoers aanhou toeneem en daarmee saam gepaargaande sosio-ekonomiese probleme, soos armoede, misdaad, drank- en dwelmmisbruik.

“Die regering luister nie na goeie raad nie en verhinder die privaat sektor om werkgeleenthede te skep. Die regerende party word deur sy ideologie en alliansievennote, insluitende vakbonde, gyselaar gehou. Ideologie is nie veronderstel om voor die belange van Suid-Afrikaners gestel te word nie.”

Só sê Solidariteit

Solidariteit huldig die standpunt dat daar geen hoop is om die ekonomie reg te ruk of werk te skep totdat die ramptoestand nie in sy geheel opgehef is nie.

“Wesenlike gedeeltes van die ekonomie is steeds gesluit en die dele wat oop is, gaan nooit aanstellings of langtermynbeleggings maak nie, want hulle kan in ʼn oogwink weer toegemaak word. Die ramptoestand, ongeag die vlak, bring té veel onsekerheid en verwoes ons ekonomie en werk in Suid-Afrika,” verduidelik Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI).

Solidariteit voer aan dat die onlangse verslappings ʼn uiters beperkte impak op die ekonomie sal hê, aangesien die moontlikheid van ʼn harde inperking steeds by ondernemings en werkgewers spook.

“Dit is vir baie ondernemings bykans onmoontlik om onder die huidige omstandighede besluite oor groei of toekomstige strategie te neem. Ondanks die verslappings kan ons hoegenaamd nie die uitkomste van ʼn stelsel wat by uitstek ongeregverdig is, verwelkom nie. Rolspelers in die ekonomie het geen idee gehad wat tydens die jongste aankondiging deur die president bekend gemaak sou word nie. Ons kon vlakke opskuif, verslappings sien of kon enigeen van tallose ander moontlikhede in die gesig staar. Dit kan eenvoudig nie so voortgaan nie,” stel Mulder.

Solidariteit argumenteer egter dat hoewel die opheffing van die ramptoestand wel die grootste korttermynoorwinning verteenwoordig, daar steeds wesenlike strukturele probleme in die Suid-Afrikaanse ekonomie is wat opgelos moet word as ons die werkkrisis wil aanpak.

“Uit hierdie syfers is dit duidelik dat die ANC se beleid die grootste ramp is wat die Suid-Afrikaanse ekonomie getref het. Pres. Ramaphosa se ekonomiese herstelplan en minister Mboweni se begroting is nie bloot net onvoldoende nie; dit is gewoon teenproduktief. Die regering het die perde wat ons ekonomiese koets sleep, doodgemaak en is nou verbaas dat die koets nie meer beweeg nie. Hierdie planne poog nou om bloot net ʼn groter koets aan te skaf in die hoop dat hy dan sal beweeg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Johan ·

Waar is die “dapper” ANC nou ….na 25 jaar? Ou Nelson was tog so lief om uit te wys hoedat daar werkloosheid was onder die NP…en nou. Gemors.

Corne123 ·

Kom ons gee n warm handeklap vir die ANC wat met die spoed van lig die land deur hulle trek.Is dit met ek of doen hulle dit elke jaar vinniger? Een van die dae is hier niks oor nie net nog n honger uitgteerde afrika staat/land

Kompas ·

Bevolkingsaanwas is die probleem. Soos Phill Collins sê “ Too many people causing too many problems. This is a land of confusion”.

Jaco ·

6.5 miljoen werkloses, maar die TOTALE wit bevolking van SA is ongeveer 4 miljoen. In die lig van jarelange regstellende aksie en BEE asook lelike uitsprake oor die wit rol van wit mense in die ekonomie wat moet stop, behoort die werkloosheidsyfer dus eintlik ontrent gelyk te wees aan die getal wit mense wat ekonomies aktief behoort te wees.
Die uiters hoë werkloosheidsyfer beteken dat die regering bestaande uit “our people” nie eens vir hulle mede “our people” sorg nie. Iets maak dus nie sin nie.

J ·

When voters keep on voting for the ANC they are accomplice to the most corrupt regime in the history of South Africa.

The ANC voters are also responsible for the devastating unemployment caused by failed ANC policies.

Nowhere on the planet will voters support a CORRUPT RAPTOR STATE such as the ANC voters are doing in SA.

The ANC voters are guilty of destroying the SA economy.

They (ANC voters) deserve the poverty, unemployment and dysfunctional service delivery caused by their ‘beloved’ ANC.

Johan ·

And yet they keep on believing that the “non-black” ( to use their classification system) minority is to blaim for their failures. Thank the liberals for their lack of insight into how the majority of SA voters “think” resulting in their continued support for the ANC from countries abroad.

Stefan ·

As werkgewer sou ek dalk nog kan uitbrei en mense aanstel maar as ek net dink aan die aggressiewe massa’s wat weer staak en betoog vir 20% verhogings, dan wag ek eers maar weer met uitbrei.

Denise ·

te danke aan…… Ramaphosa en Dlamini-Zuma…gaan stem gou weer vir hulle… dus wat julle wou he

Nico ·

Die ANC gebruik die covid 19 as ‘n rookskerm om meer in te palm, in die apartheids jare het almal werk gehad die ANC kom aan bewind en alles is deurmekaar. Die ANC regering moet ophou met korrupsie en bedrog en werk skep hulle is behep met rassisme en apartheid en kyk nie eers na die mense op straat nie wat vergaan van ellende.

JM ·

En die bevolking kan/wil nie besef dat daar minder aanwas moet plaasvind nie. Die vermoë om te besef dat baie kinders in die wêreld gebring word, wat in die strate as bedelaars sal grootword en as kriminele gaan eindig, omdat daar nie werk vir almal gaan wees nie. Afrika kon nog nooit hierdie feit begryp nie.

Snowball ·

So tussen Kopdoek, Grootlieg, Hoed en die ANC se kommunistiese ideologië – wat moet geld vir almal behalwe die superryk korrupte kaders – het SA verval in ‘n tipiese Afrika staat, in skuld gedompel, met oorbelaste burgers, geen uitsigte vir investering, werkloosheidsyfer deur die dak en verarming almal se lot. En die staat (oorbetaal en oorbeman) voeter voort en dink die redding lê in hulle skeefgetrekte sosialistiese planne…die VN kostrokkies is nie ver nie.

Jaco ·

As so baie Suid-Afrikaanse burgers, ons land se inheemse mense, werkloos is, waarom is die meeste vragmotorbestuurders dan buitelanders? En waarom is die 2 konstruksiewerkers by my bure ook buitelanders? En waarom is die een vrou by Canal Walk se Checkers van Zimbabwe? Die werk moet tog sekerlik eerste vir ons land se burgers wees. Of verstaan ek dié ding verkeerd? Is africanness basies die “paspoort” waarmee hulle SA mag binnekom en hier mag werk?
Ek vra maar net, want wanneer daar xenofobiese aanvalle is, is die aanvallers altyd ons mense, nogal spesifiek ramaphosa se our people. En die meerderheid van dié 7 miljoen werkloses tans is ook our people. So hoe nou gemaak? Iets maak nie sin nie.

Mallie ·

In die Ou Suid Afrika was daar apartheid, maar Almal wat wou en kon het werk gehad. Seker nou nie die beste salarisse gekry soos nou nie, maar almal kon leef,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.