Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag deelgeneem aan ʼn mondelinge parlementêre vraesessie in die Nasionale Vergadering.
Lees meerAlles vir Donderdag 12 November 2020
Appèl teen SEB-regulasies sal verdedig word
Luidens ʼn verslag is BEE een van die grootste uitdagings vir buitelandse beleggers en is dit nodig om swart eienaarskapsvereistes af te skaal.
Klagtes ingedien ná plaasmoord-kruis brand
Die kruis is aanvanklik opgerig om bewusmaking van plaasmoorde te bevorder.
Tieners aangekeer oor ernstige misdade
Vyf verdagtes, waaronder drie tieners, is in hegtenis geneem in verband met vyf verskillende sake van verkragting, huisroof, die besit van ʼn nagemaakte vuurwapen en die besit van ʼn gekaapte voertuig in Browns Farm en Nyanga in die Wes-Kaap.
Byna helfte van SA se werkmag is werkloos
“Die werkloosheidskoers vir diegene tussen 15 en 24 staan op ʼn kommerwekkende 61,3%.”
Bekende lodge-eienaar sterf ná aanval in Kosibaai
Patrick Pedlar het tydens die aanval skote afgevuur en een van die aanvallers is op die toneel dood.
Foto’s: Country-sterre hang uit op jaarlikse toekenningsgeleentheid
Miranda Lambert het die grootste getal benoemings gehad met sewe, gevolg deur Luke Combs met ses.
ToekomsVenster: Geen trane meer nie
Ons verlossing staan vas. Niks kan ons skei van sy liefde nie, dit dra ons die ewigheid binne.
Vier dood, talle beseer in Limpopo-botsing
Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat vier mense dood en verskeie beseer is toe ʼn minibustaxi en ʼn motor buite Phalaborwa in Limpopo gebots het.
Tussenverkiesings se wenners, verloorders
ʼn Versplintering in die bruin stem landwyd, agteruitgang vir die DA, stabiliteit vir die ANC, groei vir die VF Plus, teleurstelling vir die EFF, blydskap vir die IVP en die feit dat elke stem tel.
Oos-Kaapse premier toets positief vir Covid-19
Dít kort nadat die president sy kommer Woensdag uitgespreek het oor die situasie in die Oos-Kaap.
Restaurateurs vas oor ‘gesteelde perlemoen’
Die polisie het die gekaapte vragmotor met behulp van ’n opsporingstoestel by ʼn braairestaurant in Bloekombos opgespoor.
Vrou voor kinders doodgeskiet
Die vrou se twee jong kinders was saam met haar in die motor ten tyde van die voorval.
Betrokkenheid, selfbeveiliging ‘enigste teenvoeter vir plaasmoorde’
“Daar is verskeie redes vir die onveilige situasie waarin boere hulself bevind, naamlik die verswakking van die polisie, die afskaffing van kommando’s en ’n politieke klimaat van kriminalisering van boere wat geskep word.”
ʼn Spesiale Kersfees vir oupa
Kersfees is die ideale tyd om vir ʼn spesiale oupa te wys hoe lief is jy vir hom. Bederf hom dié jaar met unieke Afrikaanse geskenke uit Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie.
Mick Schumacher op koers na F2-glorie
“Wanneer ek die sprong na die F1-reeks maak, wil ek so voorbereid as moontlik wees. Terselfdertyd dink ek dat ’n mens ook eers ’n bietjie moet sukkel, want dit is in daardie tye wat jy die meeste leer.”
Misdaad ‘gemeenskaplike vyand’, sê Cele aan boere
Cele het terugvoer oor die polisie se vordering gegee terwyl die landbougemeenskap steier onder nóg ʼn moord op ʼn plaas gisteraand.
Kataza met sy trop herenig
“Die DBV se senior inspekteur en veearts het die proses gemonitor en bevestig dat hy fiks en gesond is.”
Honda sing ’n nuwe Ballade
Die nuutste Ballade sit tussen die B-sedan- en C-sedan-segment.
Foto’s: Koop ’n maaltyd vir ʼn piepklein aardwolfwelpie
Kom loer hier na foto’s van die skattige klein aardwolfie wat tans by die Johannesburg Wildlife-dierehospitaal in Midrand versorg word. Dit is die oulikste foto’s wat jy vandag gaan sien.