Kataza met sy trop herenig

(Foto: Sally Silvewright/Baboon Matters/Facebook)

Kataza, die bobbejaanmannetjie wat onlangs na Tokai in die Kaapse Skiereiland verskuif is, is eindelik weer terug by sy oorspronklike trop in Kommetjie.

Kataza is vanoggend vrygelaat nadat alle vorms van kunsmatige identifikasie in Tokai verwyder is en hy deur ʼn veearts ondersoek is.

Volgens Kaapse owerhede is Kataza gevang en vrygelaat in ooreenstemming met die goedgekeurde riglyne vir bobbejaanbestuur.

“Die DBV se senior inspekteur en veearts het die proses gemonitor en bevestig dat hy fiks en gesond is.”

Kataza se strooptogrekord sal ook nie in ag geneem word in enige toekomstige besluite nie. “Dié besluit is geneem om hom ʼn billike kans te gee om weer in Kommetjie aan te pas.”

Die publiek word versoek om Kataza nie te steur noudat hy met sy Slangkop-trop herenig is nie, aangesien enige inmenging ʼn invloed op sy bewegings kan hê.

Die trop sal gemonitor word om te verseker dat hulle uit beboude gebiede bly.

Maroela Media het vroeër berig dat Kataza na die nabygeleë gebied van Tokai verkuif is nadat hy ʼn streep strooptogte gelei het. Kataza kon egter nie by die Tokai-trop aanpas nie, en het snags in die tuin van ʼn plaaslike gevangenis geslaap.

Hy was later in ʼn geveg betrokke met ʼn mannetjiesbobbejaan van dié trop, en sou na ʼn wildrehabilitasiesentrum in Limpopo gestuur word voordat die besluit geneem is om hom te herenig met sy voormalige Slangkop-trop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Plaaskind ·

Goeie nuus – baie bly vir hom dat hy weer by sy familie is.

J ·

Mense se beskawingspeil blyk uit:
1. hoe hulle DIERE behandel
2. wat hulle met hulle afval doen (vullis)

Welgedaan Kaapse owerhede en DBV!

modiglianigirl ·

Ek is báie bly dat hy terug by sy familie is. Die arme dier het groot emosionele trauma deurleef.

Baardman ·

Hy sal weer moet baklei om dominante mannetjie te wees, as hy was. Daar sal lankal n ander mannetjie wees wat sy take oorgeneem het. Hopelik is dit nie sy doodsvonnis nie

Vrystaat2109 ·

Dis goeie nuus vir adoons se kind maar ek hoop dat al die aktiviste en almal wat so bakkei om hom terug te kry gaan SEKER maak dat die trop uit beboude gebiede bly.
Ek sal graag wil weet wie van julle bly in Kommetjie, ek bly nie daar maar ek weet wat die skade is wat deur hulle aangerig word en inwoners moet deure en vensters toe hou, so aktiviste kom vertel vir ons wie van julle bly in Kommetjir

minniemuis ·

Weet jy ek sit en giggel tot my tiener vir my se…Ma, julle grootmense speel vuil as die rooi pet so its gese het sou jy nie giggel nie jy sou vuur spoeg

Cherokee ·

miniemuis, sê asseblief vir jou tiener, filosofie het ook perke!

J ·

So bly daar is bietjie goeie nuus vir ‘n slag.
Dankie.
Hoop hy geniet dit terdeë.

Conrad Fouche ·

Ek bevestig ek is weer tuis… Maar soms sien die mens beter om na diere as na hul eie spesie!

Sarel ·

Sover ek hulle gedrag ken gaan hulle hom.nie maklik weer aanvaar nie veral nie jonger mannetjies nie. Hy was die leier vsn sy trop maar het sy status verloor.

Helgard ·

Dink net al die stories wat hy gaan vertel. Die trop gaan aan sy lippe hang oor die grootpraat avonture. Sy wyfie? Nee sy gaan glad nie in haar skik wees. ????

Mad Mike die Rhodesiër ·

Ditsem! Ek glo hulle is so oorstelp om hom te sien dat hulle ‘n bobbejaan-partytjie sal hou! En nou dat hy terug is, sal sy manewales verminder. Los die outjie nou sodat hy ‘n maat kan vind en die getroude lewe kan geniet.

Sniperwolf ·

Nee – hy is nie herenig nie. Hy is vér van sy trop vrygelaat en vanoggend soek. Tussen waar hy vrygelaat is en waar sy trop is, is 3 verskillende bobbejaantroppe en sy lot is geseël as hy met hulle slaags raak.

Die partye wat hom los gelaat het, het nie eers seker gemaak waar sy trop is nie. As hulle regtig sy veiligheid en welstand ter harte geneem het, sou dit die roete wees om te volg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.