Foto’s: Country-sterre hang uit op jaarlikse toekenningsgeleentheid

Maren Morris op die verhoog. (Foto: Facebook via Country Music Association)

Die 54ste jaarlikse Country Music Association-toekennings (CMA) is Woensdag in die Music City Center in Nashville, Tennessee, uitgedeel.

Die country-sterre Reba McEntire en Darius Rucker was die gashere vir die geleentheid. Die benoemdes en aanbieders van die geleentheid was ook die enigste gehoorlede.

Miranda Lambert het die grootste getal benoemings gehad met sewe, gevolg deur Luke Combs met ses.

Dan + Shay saam met Justin Bieber asook Keith Urban en Ashley McBryde was onder meer te sien.

Eric Church is vereer met die toekenning vir kunstenaar van die jaar. Die gesogte toekenning vir album van die jaar is deur Luke Combs ingeoes. Combs het ook die toekenning vir beste mansanger huis toe gevat.

“Ek dink ek was meer geskok as enige iets anders,” het Combs aan E! News oor sy toekennings gesê.

“Ek het nooit verwag om iets te wen nie. Ek is altyd die ou wat voel asof hy dit nie verdien nie. Ek het net [op die verhoog gestap] en gesê wat ek gevoel het nodig is. Ek is bly ek het nie gehuil nie.”

Maren Morris en Ryan Hurd, Carrie Underwood, Kelsea Ballerini, Morgan Wallen, Thomas Rhett en Lauren Akins het ook die geleentheid bygewoon.

Hier is ʼn volledige lys van die wenners.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.