Carl Niehaus se saak uitgestel

Carl Niehaus.
(Argieffoto: Karen Sandison/African News Agency)

Carl Niehaus het Maandag in die Estcourt-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn. Dit hou verband met ʼn oortreding van die Rampbestuurwet tydens ʼn voorval in Julie 2021.

“Die saak is gereed om voort te gaan, maar regsverteenwoordiging vir Niehaus het uitstel versoek,” sê Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG). Die regsverteenwoordigers wil verdere videomateriaal bekom.

Senior-staatsaanklaer adv. Yuri Gangai het aan die hof gesê die staat is gereed om met die saak voort te gaan.

Die hof het die versoek om uitstel toegestaan en die saak is tot 17 en 18 Februarie 2022 uitgestel.

Maroela Media het vroeër berig Niehaus is in hegtenis geneem terwyl hy met ʼn regstreekse TV-onderhoud besig was. Hy is daarvan beskuldig dat hy ʼn byeenkoms van nagenoeg 100 mense buite die Estcourt-gevangenis – waar die oudpresident aangehou word – byeengeroep het.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het in daardie stadium gesê “die verdagte is aanvanklik gewaarsku oor die byeenkoms en is in hegtenis geneem nadat hy die waarskuwing verontagsaam het”.

Niehaus is later vrygelaat nadat hy ʼn boete van R3 000 opgelê is. Volgens Naidoo moet hy die boete voor 6 Augustus betaal of in die Estcourt-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Casper ·

Ja Careltjie wysneus toe steek dieselfde ANC jou in die rug wat jy so lank gedien of by gat gekruip het.Watse les leer jy daaruit,as hulle jou klaar gebruik het en jy so op is soos ‘n Checkers tjop spoeg hulle jou uit want jou hare is bitter.

Waarnemer ·

Nee wat ou Careltjie sit aan die regte tafel,hy soen Cyril se voete en gaan niks oorkoim nie.

Kobus ·

Dubbel standaarde. Malema het veel erger oortredings maar hy loop soos ‘n werfhaan rond en spuug vuur oor alles en almal. Onaantasbaar

Misky ·

En so baklei hulle onder mekaar en trek die een die ander af in die water en spartel om bo te bly. Ek kry sommer lekker en geniet dit van die kantlyn af.

Elmarie ·

Wat ‘n verbitterde mens. Hy moet liewer iets positiefs in sy lewe probeer doen dan sal hy beter LYK en beter VOEL. Nou doen hy net skade aan ander en die land met sy dom besluite. Ai

Gerhardus ·

“Niehaus is later vrygelaat nadat hy ʼn boete van R3 000 opgelê is. Volgens Naidoo moet hy die boete voor 6 Augustus betaal of in die Estcourt-landdroshof verskyn.”

Was dit 6 Augustus 2021, of is dit 6 Augustus 2022? Indien dit 2021 was, én hy het nie die boete betaal nie, dan is die hofsaak geregverdig. Sou dit egter eers in 2022 wees, dan kan daar nie nou al ‘n hofsaak wees nie.

Verslaggewers moet maar let op die bewoording van hulle artikels, aangesien daar ‘n groot verskil is tussen “moet” en “moes”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.