Cele eis swaarder strawwe vir polisiemoordenaars

(Argieffoto; SA Polisie)

Bheki Cele, minister van polisie, vra vir swaarder strawwe vir diegene wat polisiebeamptes vermoor.

Cele en sy adjunk, Cassel Mathale, was vandeesweek by die begrafnisdienste van twee polisiebeamptes wat in onderskeidelik KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap vermoor is. Serse. Nkosinathi Ngcobo en Pumlani Dastile is albei in die uitvoering van hul pligte dood.

Twee verdagtes het Dastile op 23 Augustus doodgeskiet terwyl hy inligting oor ʼn sakerooftog opgevolg het. Ngcobo is ook verlede maand vermoor. Hy is in sy staatsvoertuig doodgeskiet en sy dienspistool geroof.

Mathale, wat Dastile se diens bygewoon het, het die polisie geloof vir die vinnige inhegtenisnemings wat reeds in die ondersoek na die polisiesersant se moord gedoen is. “Dit is hoe ons misdadigers moet hanteer wat dink hulle kan die staat se veiligheid uitdaag deur die lewe van ʼn polisiebeampte te neem.”

Cele het by Ngcobo se begrafnisdiens aan roubeklaers gesê vier verdagtes is reeds in verband met die moord aangekeer. Hy het ook die familie die versekering gegee dat misdade teen polisiebeamptes nie ongestraf sal bly nie.

“Die inhegtenisnemings herstel vertroue in die polisiediens, asook die moreel van polisiebeamptes, wat deur die moorde op beamptes weggekalwe word.

“Ons word ook bemoedig deur die onlangse vonnis van ʼn polisiemoordenaar wat ʼn lewenslange vonnis in die Polokwane-hooggeregshof opgelê is vir die moord op konst. Petrus de Lange,” sê Cele.

Intussen word sers. Sharon Mogale Saterdag in Ekurhuleni ter ruste gelê. Mogale is in ʼn winkel in Tembisa doodgeskiet en haar dienspistool, asook dié van ʼn kollega saam met haar, is geroof.

Die polisievakbond Popcru het die afgelope week sy woede en kommer te kenne gegee oor die vlaag moorde op polisiebeamptes die afgelope paar weke.

Maroela Media het vroeër berig altesame 38 polisiebeamptes is binne agt maande tydens die uitvoering van hul pligte in Suid-Afrika om die lewe gebring. Dit kom neer op byna een polisiemoord per week.

Die polisie hou Sondag ook sy jaarlikse gedenkdiens vir lede wat in die vorige boekjaar in die uitvoering van hul pligte dood is.

Cele, asook enkele geliefdes van die gestorwe beamptes, sal Sondag kranse by die polisie se gedenkmuur by die Uniegebou in Pretoria neerlê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

gatgogga ·

Cele wil nie oorlog he teen polisie nie.
Julias vra dat polisiemanne aangeval moet word.
Wie gaan wen?
Arme Ramaphosa is weer besluiteloos – sal seker weer onder sy klip inkruip.

Venter ·

So, die wat polisie lede vermoor moet erge straf ontvang, maar wat van die wat skuldig is aan ‘n plaasmoorde…. hulle word net oor die hand getik? Mens kan duidlik sien waar lê sy lojaliteit….

Persheks Adri ·

Met ander woorde hoed jou uniforms se lewe is meer werd as ons gewone burgers wat nie beskerm word deur jou uniforms nie? Tyd dat jy gaan jy’s nie jou sogenaamde titel werd nie tsek!!!

Nie Verbaas ·

En plaasmoorde? Cele, jy en ANC is verantwoordelik vir wat nou gebeur.

Hein ·

Nou wat van boere moordenaars. Die useless SAPS kan hulle nie vang nie. Kyk wat het in die Vrystaat gebeur

Joe Olivier ·

cele, dis tyd dat jy op jou perd klim en vinnig weggaan( kan dit eintlik beter in engels stel). Jy is ‘n verleentheid vir jouself en die land. Jy ontbreek nugter denke.

Kosie ·

Jou polisieman se lewe is niks meer werd as n boer sn nie so almal moet ewe swaar gestraf word, as julle ophou om julle useless kaders aan te stel en almal in die land verteenwoordig sal dit beter gaan en selfs regkom, miskien mense aanstel wat n passie het vir polisie en nie net daar is vir salaris nie.

Sarel ·

Promises promises….die Publiek vra lankal vir swaarder strawwe maar daar word Politiek gespeel met mense se lewe. Hoekomis Malemma nog nie tot verantwoording
Geroep virsy belofte om Polisiebeamptes en hulle gesinne te vermoor nie.

Charles ·

Bring terug die doodstraf!! Dié vonnis sal nie baie voltrek hoef te word nie, dan sal alle moorde afneem, selfs geweld teen vroue en kinders!!

Brett ·

Nee asb nie gee hulle net die selfde as die plaas moordenaars……….. Dit sal onregverdig wees teen oor die polisie stroper shame…….
Moord is moord oog vir ‘n oog….. Hang alle moordenaars sumuur en kry klaar…… Dus omdat die reg stelsel slap g@t is.

Jack ·

Ons regstelsel het die slagoffer van valse humanisme geword. Dis nie meer gerig op straf as afskrikmiddel nie maar die beskerming van mense regte, veral die van die misdadiger. AAn die misdaad wat teen die slagoffer gepleeg is nie kan niks edoen word nie – dis gedane sake – maar die misdadiger se menseregte moet ten alle tye eerbiedig word, al is hy skuldig bevind in ‘n bevoegde hof.

Persheks Adri ·

Met ons huidige regering gaan hulle ons eerste hang dis die perfekte oplossing om van ons ontslae te raak pasop vir die doodstraf asb Brett en nee ek gooi nie duim af nie ek verstaan wat jy sê. Hou net in gedagte met die doodstraf opmerkings asb

Anel ·

Pleks sê hy ook dat dit net vir sekere polisiemanne geld… En wat van gewone burgers en plaasmoorde? Moord is moord!

Marthinus ·

Cele net 3 woorde vir jou: Bring doodstraf terug….. laat moordenaars aan hulle nekke hang tot dood.

Persheks Adri ·

Hulle sal ons blankes eerste hang so pasop vir die doodstraf met die regering asb!

Anoniem ·

So korrup soos die spul is wil jy regtig die mag om te besluit oor ʼn persoon lewe in hul hande plaas?

Pieter J ·

Gewone burgers mag hulself nie verdedig nie maar wanneer dit iemand in uniform is is die hel los. Wat is die verskil ? Is die lewe nie vir almal ewe belangrik nie.

Anoniem ·

Ek is oortuig daarvan dat ten minste die helfte van hierdie moorde sou nie plaasgevind het as die lid die regte opleiding gehad het nie. Saam met die aantrek van daai uniform verander jou denkwyse in ”ek is ʼn teiken en ek moet wakker wees vir enige iets”. Te veel het ek gesien hoe slapgat en ongedissiplineerd van my kollegas is, tot die dag dat hy homself in ʼn situasie bevind waar hy nie weet wat om te doen nie of dat sy reaksie te stadig is.

Chef ·

Watter verskil is daar tussen die moorde op polisiemanne en enige ander lid van die publiek? Moord is moord! Die straf vir enige misdaad moot ooreenstem met die erns/graad van die misdaad.

Karina ·

WAT VAN DIE MOORDENAARS WAT ONS MENSE OP PLASE EN KLEINHOEWES SO WREED VERMOOR? CELE WAT GAAN JY DAAROMTRENT DOEN????!!!!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.