Cele ontken stelling oor prioritisering van plaasaanvalle

Bheki Cele. (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Die minister van polisie, genl. Bheki Cele, het Dinsdagmiddag tydens ’n mediakonferensie berigte ontken dat hy hom teen die verklaring van plaasmoorde tot prioriteitsmisdaad uitgespreek het.

Verskeie berigte is vroeër gepubliseer dat Cele Maandag op Normandien buite Newcastle sou gesê het hy is nie ten gunste daarvan dat plaasaanvalle en ‑moorde tot prioriteitsmisdaad verklaar word nie.

Toe hy Dinsdagmiddag daaroor uitgevra is, het Cele gesê: “Ek het nooit so ’n stelling gemaak nie.”

Cele het die media te woord gestaan oor die skuif na vlak 1 en hoe dit die polisie raak.

Hy het gesê Suid-Afrika is nog nie oor die hond se stert wat die koronavirus betref nie. Teen Dinsdag het 16 539 lede van die polisie reeds die siekte opgedoen, en is 215 daaraan dood.

Cele het benadruk dat die oorblywende grendelmaatreëls op vlak 1 streng afgedwing sal word, insluitend wat die verkoop van drank en die aandklokreël tussen middernag en vieruur in die oggend betref.

Tot dusver is 310 494 Suid-Afrikaners in hegtenis geneem en krimineel aangekla weens die oortreding van grendelstaatregulasies.

Die Oos-Rand is ’n gebied waar te veel mense volgens Cele hulle nie steur aan spesifiek die regulasies oor drankverkope nie. Hy het gewaarsku dat skuldige restaurante en kroeë hul lisensies sal verloor.

Cele het mense ook daaraan herinner dat alle nagklubs steeds gesluit moet bly en dat nie meer as 100 mense ’n begrafnis mag bywoon nie.

Die minister het voorts die dertig gebiede met die ergste voorvalle van geweld teen vroue geïdentifiseer, soos reeds deur Maroela Media gelys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Bernard ·

Van wanneer af is hy ‘n “generaal?” Hy is in 2012 deur Zuma as kommissaris afgedank weens skelmstreke

Johannes Andreas ·

Vir enigiemand om deur Ou Stortkop afgedank te word omdat hy SKELM is, moet ‘n mens waaragtig skelmer wees as die houtjie van die galg! Spreek boekdele oor onse Minister van Hoede en Woede se integriteit. Laat mens wonder hoekom hy juis weer daai pos beklee? Oordeelsfout deur Cyril die Ontkenner, of só beplan?

Evert Philippus ·

Die ou teiken net sagte teikens maar sodra dit nader aan die werklike misdaad beweeg dan is hy weg!!! Net grootbek!! Niks wat hy sê kan geglo word nie.

JohanR ·

Die ou sal rerig beter vaar in ‘n sirkus! Hy is ‘n eerste klas nar!

Cherokee ·

Joernaliste en ander nuusgewers gebuik seker klankopnemers? Dan kan hy nie ontken wat hy kwytgeraak het.

Nic ·

cele moet ook maar gaan hy en kopdoek te oud en kan nie meer nugter dink nie

Johann ·

Magsdronk ANC kader ontplooide. Dink hy is die Wet en Wetgewing. Onverandwoordbaar en onaantasbaar.

Peetjie ·

Hoe slim verander hy die tema na die Covid stellings… Slinks – geen vrae of antwoorde word reguit beantwoord nie, en as hy wel antwoord dan is hy altyd verkeerd verstaan..

Hendrik ·

Minister Cele se woorde:
Tot dusver is 310 494 Suid-Afrikaners in hegtenis geneem en krimineel aangekla weens die oortreding van grendelstaatregulasies.
Ek hoor of sien niks van hoeveel plaas moordenaars, korrupte mense, trasitoe rowers, EFF lede wat Clicks aangeval het ensovoorts ensovoorts nie!!!
Die polisie kan mense wat die grendelstaatregulasies oortree aankla……want dit is maklike werk!!

Blikkies ·

Kyk ek stem heelhartig saam met Johannes Andreas, as jy gefire word deur Zuma dan moet jy darem slegter as sleg wees. Ek sien hom as ‘n Gangster Good for Nothing Skollie wat ook agter baie van die misdade sit. Ek weier om deur hom gehied en gebied te word…..

Hansie ·

Cele, gaan kyk bietjie in informele nedersettings hoe lyk jou streng wetstoepassing vir drankverkope en die aandklokreël. Dit bestaan nie en jou polisie is ook nie daar nie!!!

Persheks Adri ·

Jy lieg so jy glo jouself Cele! Julle is in elk geval useless verby en beteken niks vir ons nie. Loop tsek man saam jou patetiese mag

Joe ·

Cele stel net belang om meer te doen as “een van ons eie ” geskiet of aangeval word!
Verder wat die aand klok reel betref ,vind dit nie plaas op die N1 van Beitbrug af nie – hierdie pad klink soos n hoofweg in Johannesburg gedurende die dag – geen patrollering om verkeer stop te sit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.