Cele tevrede met sentrumveiligheid ná strooptogte in KZN

Verskeie winkelsentrums is verlede week geplunder en is steeds net vir noodsaaklike inkopies oop. (Foto: SA Polisie)

Drie KwaZulu-Natalse winkelsentrums wat verlede week kwaai deurgeloop het toe duisende mense die winkels ingevaar en op tientalle strooptogte gegaan het, sal na verwagting binne dae weer ten volle operasioneel wees.

Die minister van polisie, Bheki Cele, het Maandag met die bestuurspanne van die Liberty-winkelsentrum in Pietermaritzburg, asook die Gateway- en Pavilion-sentrum in Durban vergader. Hulle het ʼn omvattende veiligheidsplan aan die minister voorgelê wat in oorleg met die polisie opgestel is.

Polisielede en private veiligheidsmaatskappye het sedertdien saamgewerk om die sentrums te beveilig om enige verdere plundering en geweld te verhoed.

“Al die sentrums is tans net oop vir noodsaaklike inkopies, maar behoort volgens hul onderskeie veiligheidsplanne binne die volgende paar dae ten volle operasioneel te wees,” sê Lirandzu Themba, Cele se woordvoerder.

Cele het Maandag met die bestuurspanne van die sentrums en winkels vergader. (Foto: SA Polisie)

Cele het gister ook by veiligheidsmagte in Durban se sakedistrik aangesluit waar hulle opvolgwerk doen oor wenke van die gemeenskap oor waar gesteelde items wat verlede week geplunder is, gestoor word.

Volgens die minister sal die herwinning van gesteelde goedere in KwaZulu-Natal en Gauteng voortgaan en by stoorfasiliteite van die polisie geberg word.

“Ons is dankbaar vir gemeenskappe wat steeds inligting verskaf wat die polisie kan help en ons loof mense wat vrywillig die gesteelde buit teruggee,” sê Cele.

“Indien hulle kies om die gesteelde items in hul huise te hou, word hulle gewaarsku dat die reg geen genade gaan betoon nie.”

Sommige van die gesteelde items waarop die polisie reeds beslag gelê het. (Foto: SA Polisie)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Tiptol ·

Hoed, nou is jy weer voor op die wa. Sigbaar, spraaksaam en doenig. Te min te laat. Jy moet jou pos groet.

Francois ·

Ek stem fire hom Ramaposa as jy die moed het. Hy was nerens te dien gedurende die looting en nou dat dit stil is nou is hy skielik op die straat. Pateet

Strandloper ·

Asof hy al oooooooit iets posetief gedoen het? Was dit regtig nodig om die naam so baie te noem? Ek is nou van voor af bevoeterd!

Logies ·

Goed gaan by die polisie gestoor word, sê jy my? Ek sien ‘n aansienlik ryker toekomstige polisiemag in die kristalbal…

Willem ·

Loof die dief wat goedere vrywillig terugbring???Arresteer hom!!!!

Pieter ·

Cele kom se jy eerder vir ons waar is die miljoen lewendige rontes amunisie wat weg is. Jy hoort in die tronk saam zuma. Jy is een groot grap soos jou anc regering vir wie jy werk.

Anel ·

O, genade! Waar gaan dit gestoor word? Hulle kan nie eens die vuurwapens wat in gehandig word veilig bewaar nie!! Klink eerder of daar nou baie lede gaan wees wat goed toegeruste wonings gaan hê. Dit is nie te sê dat dit so is nie, maar uit ondervinding weet ons al om niks te glo wat die hoed sê nie. Nou loop hy die wêreld rond maar verlede week was hy nêrens te vinde nie. Pleks verlaat jy jou pos en gaan sit op die stoep.

Hester Wilhelmina ·

Ag wat ‘n grap. Nou kom hy agterna en keur alles goed, wat die burgerlike gemeenskap in plek gesit het!!! Plaas hy vooraf ‘n plan gehad het. Ramaphosa maak sy naam darem krater om hierdie ou steeds te entertain….

Willem ·

Baie dankie aan die “publiek wat die polisie en weermag so mooi beskerm”! Bekke moed maar liewer sy hoed vat en loop.!

Hettie ·

Cele het nie die vaagste benul wat veilig is of nie, Hy het gedink sy werk behels om voor die kameras en in die pers te wees !

john ·

Oh he could not catch any surfers today. N ou wil hy gevreet kom koop by die centers wat verwoes is bietjie laat jou fool.

Emil ·

Was daar al ooit in ons landjie se geskiedenis SO ‘n onbevoegde Minister van Polisie?
Lê onder sy bed en bewe terwyl die anargiste die land aan die brand steek – maar nou dat die onderskeie gemeenskappe bietjie stabiliteit teweeg gebring het stap hoed in sentrums rond en “keur veiligheidsplanne goed”.. pateties!

Esme ·

Ek twyfel of ‘n mens ‘n meer eensydige Minster van Polisie kry. Aarde, as hy sy hoed op sy kop en gesigsmasker aanhet, is hy Sigbare Polisiering, maar as die hoed verdwyn, verdwyn die Polisiering ook.

Skuilnaam ·

In a society where a degeneration of values, institutionalised forms and expressions have direct impacts on the Government’s missional ecclesiology, it is high time that we became uber-efficient with our remote relative innovation. As a Country, we need a more blue-sky approach to millennial digital mobility.

We should synchronise our modular paradigm shifts towards Ecology – not the other way around. And vice versa. Ecology, at base level, comes down to exploratory research points, and the total monitoring of matrix approaches. It can generate a window to discuss our regenerated incremental mobility in parallel strategic alignment.

An examination of the many uses of the term reveals that it has three separate but interrelated meanings: linguistic, representative, and purgative-redemptive. The first includes all verbal action; the second covers all acts which are representative images of the essential self; and the third includes all acts with a purgative-redemptive function.

gatgogga ·

Ek voorspel dat Cele hom binnekort openlik by die kriminele RET faksie gaan skaar.

Heinrich ·

So hier moet die besigheidsmense ‘n veiligheidsplan aan die polisie voorlê. Hoe dit moes gewerk het: intelligensie weet wat kom, weet hulle is oorweldig, trek veiligheidsmaatskappye en buurtwagte in, en nader dan besighede. Soos alles wat die ANC doen is hulle agterstevoor. Julle is nog steeds oorweldig en as die hordes weer gaan bestorm, wat gaan julle hierdie keer doen?

Thom ·

Seker een van die swakste ministers ooit ___ laat my aan Pietie du Plessis dink !

JohanR ·

En waaneer het JY daar aan gekom…..toe alles al verby was? Die ou weet sy dae is getel soe nou is hy soos Pacman op en af!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.