Cele versoek om ‘drakoniese Vuurwapenwet’ te skrap

Argieffoto (Foto: MikeGunner/Pixabay)

Die Demokratiese Alliansie het meer as 113 000 handtekeninge ingesamel wat die vuurwapenwysigingswetsontwerp verwerp. Dié omstrede wetsontwerp poog, onder andere, om selfverdediging te verwyder as ʼn geldige rede om ʼn vuurwapen te besit.

Andrew Whitfield, die DA se skaduminister van polisie, sê die DA het vandag dié handtekeninge aan die parlement oorhandig om seker te maak dat die stem van elke Suid-Afrikaner wat die petisie onderteken het, se stem gehoor word. “Dankie aan elkeen wat die petisie onderteken het en besware aangeteken het teen hierdie drakoniese stuk wetgewing.”

Die golf van gewelddadige betogings en plundery wat verlede maand in KwaZulu-Natal en Gauteng plaasgevind het, het die SAPD se onvermoë onthul om misdadige optrede te hanteer, het Whitfield bygevoeg. “Hierdie gebeure bevestig dat die drakoniese wetsontwerp niks meer sal doen nie as om die laaste manier van verdediging te verwyder van wetsgehoorsame burgers wie se lewe deurgaans in gevaar gestel word deur gewelddadige kriminele.”

Whitfield sê polisie minister Bheki Cele moet die regte ding doen en die wetsontwerp in sy geheel skrap omdat dit duidelik is dat die SAPD nie in staat is om Suid-Afrikaners veilig te hou nie.

“As gevolg van die hoë misdaadkoers in Suid-Afrika moet miljoene Suid-Afrikaners op selfverdediging staat maak as hul laaste manier van verdediging. Die wetsontwerp poog bloot om wetsgehoorsame burgers te ontwapen sonder om die werklike rede te takel van die land se hoë geweldsmisdaadkoers. Sonder die beskerming van vuurwapens sal Suid-Afrikaners se hande agter hul rug vasgebind wees wanneer hulle misdadigers teëkom, want die polisie is eenvoudig te oorweldig om gemeenskappe te beskerm. Dit is iets wat die DA nie sal toelaat nie.”

Die 113 000 Suid-Afrikaners wat beswaar aangeteken het teen die vuurwapenwysigingswetsontwerp het ʼn duidelike boodskap aan minister Cele gestuur: Hulle weier om deur die ANC-regering ontwapen te word, het Whitfield bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Persheks Adri ·

Ons versoek nie ons sê dit gaan nie gebeur nie hoed julle is en bly pateties en het nie die wil of mannekrag om ons te beskerm nie! Jou stats wys wat eintlik aangaan so los ons uit.

Tanniepetoors ·

Die SAPD het nie die kapasiteit om
vuurwapenlisensies behoorlik te administreer nie. Dis een van die redes vir die poging om die wet te wysig. Minder werk, te hel met die slagoffers van plaasaanvalle en gewapende rowe en motorkapings.

casper ·

Hulle gaan dit ignoreer. Jy kan nie mense se eiendom wil annekseer as daar privaat wapen besit is nie.

Rich ·

Die SAPD kan nie eers hul eie wapens beheer nie, nou will hulle ons wapens weg neem….NEEEEEE!!

Blomme ·

Wat probeer hulle doen om die onwettige wapens van die skurke op die straat te verwyder?

annie ·

Hoe voel Sir Cele oor ‘n lappie grond en ‘n bakkie? Sal hy op sy plaasstoep sit en koffie drink met misdaad in die omgewing, sy swart buurman gisteraand vermoor, sonder ‘n sanna agter in sy hangkas? Ja, beslis, want almal is bang vir hom. Niks sal hom ooit oorkom nie. So glo hy.

JM ·

Bheki Cele moet gaan en gou ook! Hy is ‘n hopelose pateet en rig net skade aan!

Danie ·

Wel ek kan nie sien dat cele gaan kopgee nie.
O, onthou die pffft…

Chuck ·

Sou die sotlike wetsontwerp WEL deurgevoer word, kan Cele en sy makkers hulle maar voorberei vir derduisende onwettige wapens wat NIE ingehandig gaan word nie. Wapens wat andersins gekoppel sou kan word aan wetsgehoorsame burgers met lisensie kaarte. Hierop kan hy, en almal wat dit steun , maar reken. ‘Count me in!’

Persheks Adri ·

Presies Chuck! Hy wil van ons kriminele maak!!! Hy kan tsek en vinnig ook. Hy’s te bang om sonder sy swaar gewapende wagte te loop ook maar lekker bang! Hy sal nie 1 dag kan oorleef soos ons wat kronies in gevaar is nie pateet

Jack ·

Het hy ooit die parlement se mandaat gehad of is dit ook n zulu poging.

Raakvatter ·

Dis regtig simpel. Die hoofrede vir n vuurwapen aansoek is juis selfverdediging.

Aai ·

Kom Cele wys ons jy nie bang vir die kriminele en loop sonder al jou wagte wat jou oppas waarvoor ons betaal en as ek myself en my familie wil oppas wil jy my ontwapen.

Swerwer ·

Dit verander nie my siening van hoed nie. En beslis ook nie my stem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.