Chaos bars los in Oos-Kaap oor dienslewering, HOP-huise

Foto: Verskaf deur SAPD.

Chaos het vandeesweek in die Oos-Kaap losgebars toe gemeenskapslede van Fynbos en Egoli Buffalo Flats begin het om gewelddadig te betoog oor dienslewering en die toekenning van HOP-huise. Hulle beweer dié proses vind onregmatig plaas.

AO Hazel Mqala, woordvoerder van die polisie, het gesê hulle het buitebande gebrand op Blackweg op pad na die stad asook klippe na die voertuie geslinger.

Die polisie moes teen Vrydagmiddag skokgranate en rubberkoeëls gebruik om die skares uiteen te jaag.

Ses mense is in hegtenis geneem in verband met die Wet op Openbare Geweld.

“Desondanks hou hulle steeds aan om bande en ander voorwerpe te brand op vier verskillende plekke in die omgewing. Alle paaie van Blackweg af wat lei na die Buffalo Flats-omgewing is toe vir verkeer weens die betoging,” het Mqala gesê.

Die burgemeester van Buffalo City, Xola Pakati, het die gemeenskapslede glo Donderdag toegespreek, maar dit het hulle nie tevrede gestel nie.

Die betogings duur voort.

Foto: Verskaf deur SAPD.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Casper Labuschagne ·

Is dit nie opmerklik dat dit lyk asof sulke opstande in die laaste tyd nie voorkom waar die ANC self in beheer is nie, behalwe in die Noordwes provinsie waar dit grootliks afgeskaal het nadat die ANC hul afvallige premier uitgeskop het.

TDW ·

Casper jy’s reg! Ek onthou toe die DA midvaal munisipaliteit gekry het was daar ewe skielik protes oor “dienslewering” en hulle ‘demand’ dat midvaal wat ‘n skoon oudit gehad het saamsmelt met emfuleni munisipaliteit wat een van die slegste ouditte gehad het.

Lol ·

Julle boere sit die pot mis. Hierdie betogings in Egoli Buffalo Flats ens. is in ‘n ANC beheerde metro.

Lolo ·

@lol, dit is n algemene aanmerking, nie gemik spesifiek op die geval nie. Gaan dink mooi, dan sal jy ook die patroon sien waarvan hulle praat.

Ons self gebou ·

Ons het dan ons eie huise gebou toe ons ook nog arm was. Hoekom kan hulle nie, wat is fout met hulle?

Wilma ·

My ma heti lopende water of krag in haar huis gehad tot haar dood in 2008 ni. Syt nie gedink sy moet afbrand om dit te kry ni. Sy was tevrede met hu sy geleef het. Was gelukkig. Nooit gedink ander skuld ha iets ni

Harry ·

Dit is baie waar wat jy daar noem. Met harde werk en swaarkry het ons dit gedoen. En goed gevoel daarna. Dit is joune. Gewerk vir dit.

Henriette ·

Casper, die gedagte het ook by my opgekom en toe lees ek jou kommentaar. Hierdie word van iewers af georkestreer. Hulle baklei nou oor die toekenning van HOP huise. Malema wil alle eiendom nasionaliseer. Kan julle dink hoe daar dan baklei sal word oor die toekennings van eiedomme.

Bok ·

Mens word nie gelyk as jy afbreek en brand nie. Jy word net aremer en gaan Agteruit in jou strewe.

Gemaskerde Sopbeen ·

Almal weet dat ‘n mens iets oppas as jy daarvoor gewerk het. As die regering rente-vry huis-lenings toestaan wat enige persoon kan afbetaal teen ‘n 10de van sy inkomste……dan gaan mense hulle eie huise begin bou, daarna omsien, dit oppas en versorg, en nie bakhand staan en wag vir nog ‘n “hand-out” nie…..Die ekonomie sag gestimuleer word soos mense daardie lenings spandeer om boumateriaal te koop…………en die geld sal verhaal word om dit vir die volgende aansoeker beskikbaar te stel. Hierdie ge-“alles gratis” kan nie volhoubaar wees…………..in ons powere ekonomie nie.

AmY ·

Daar moet iemand /’iets’ agter al hierdie betoging sit.
Buitendien, ek soek nie ‘n HOP huis nie. Meeste van daai huise val uitmekaar ná ‘n paar jaar.
En die persoon wat alles belowe het, is nou al reeds oorlede, en ander mense sit met sy onrealistiese beloftes.

John ·

Waar kom die woord hop vandaan? Is dit die Ingels vir toi? Hoekom die mense nie die klippe eerder gebruik om huise te bou nie soos mense in baie lande en in die ou tyd gedoen het nie? Sulke huise is meer robuust as sementblokke. Die kundiges wat hoeka op die straathoeke hul bekwaamhede adverteer kan help messel en dek en gou is daar ‘n buurt. Plant ‘n paar bome en siedaar. Dalk is dit ook weer die pad wat ons anderstes sal loop … Dink net ‘n kliphuis en English garden met ‘n geel sonneblom hier en daar en ‘n klompie Afrikaners… iewers. As mens fluks is, word drome waar… en…
Sterk koffie… sterk… en gou!

Stoffel ·

Die Afrikaners hier en daar sal beslis die knoop deurhaak. Maar dit is ontoelaatbaar….. jy weet mos.

Hanna Hoekom ·

Hierdie massas is gratis huise, water en elektrisiteit belowe. En so gaan dit net voor elke verkiesing. Dieselfde lee beloftes! Ongelukkig is die massas se IK gelykstaande aan die IK van n potplant… Niemand kan blykbaar die eenvoudige som maak nie: heeltemal te min belastingbetalers om hierdie bakhand-kultuur te kan onderhou!

Spike ·

Lees malema sê wittes word al hoe ryker. Die verskil is ons is by die werk. Daar is nie tyd vir dwase optrede deur als te vernietig nie. Hierdie dwase wag vir die trein wat hulle gister vernietig het.

Oom Ekonoom ·

Malema is verkeerd. Witmense is behoorlik teruggetrek deur die bodemlose put van belasting, BEE en misdaad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.