Corrie Pretorius kry borgtog

Corrie Pretorius onlangs in die hof. (Foto: NVG)

Die hooggeregshof in Polokwane het eindelik borgtog aan Corrie Pretorius van Groblersdal in Limpopo toegestaan.

Pretorius is sedert Junie in aanhouding nadat hy en ’n tienerseun (16) in ’n stryery by ’n kitskosrestaurant op die dorp betrokke geraak het. Pretorius word daarvan beskuldig dat hy die seun aangerand en ’n vuurwapen op hom gerig het.

Pretorius (49) is aanvanklik borgtog in die plaaslike landdroshof geweier omdat sy lewe glo in gedrang sou wees, sou hy op borgtog vrygelaat word.

Waarnemende regter Justice Mashaba het egter Woensdag dié uitspraak van landdros Nancy Mathavha ter syde gestel en beslis dat borgtog van R20 000 aan Pretorius toegestaan word.

Borgtog is toegestaan op voorwaarde dat Pretorius sy paspoort by die betrokke ondersoekbeampte, sers. Japie Sikhosana, indien en elke tweede week by die polisiestasie in Marble Hall verskyn.

Pretorius sal na verwagting Vrydag weer in die landdroshof verskyn.

Lees al Maroela Media se vorige berigte oor die saak hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Marcello ·

Hy kry borgtog van R20 000, maar as jy by ‘n maatskappy bedrog pleeg, dan word jy vrygelaat op R500 borgtog. Is dit omdat dit ‘n ander ras is….Vra maar net.

Fran ·

Heeltemal reg. As jy wit is gaan jy sit. (Nou gaan MM eers modereer) Gaap

George ·

Nie met borgtog nie, hulle neem jou inkomste, besittings ens alles in ag met die opstel daarvan, as hy ook in plakkerskamp gewoon het sonder inkomste, sou dit tien teen een ook R500 gewees het.

Pierre ·

Daar is mos 2 stelle reels in ons land, het jy nie geweet nie..

marius ·

Maar ‘n dronk polisieman wat met ‘n staatsvoertuig ‘n kind gedood het word op waarskuwing vrygelaat . Waar is die geregtigheid ?

Miena ·

Liewe Land!!! Wat n buitensporige prys vir borgtog. Maar ander en meestal “repeat-offenders” en mense wat weer gearresteer was kry borg van R250-00 tot R1000-00. Ek meen wat te hel???

Lourens ·

So die boer sit meer as 2 maande in die tronk, sonder verhoor, omdat een of ander rasgebaseerde, onkundige aanstelling nie die reg behoorlik ken nie en dus ook nie kan kan toepas nie, maar wel die mag het om sy persoonlike voorkeure tot regspleging te verhef?
En dan moet hy ‘n klomp geld uitgee om die mistasting en magsmisbruik reg te stel?

George ·

Ek sien dat hier baie oningeligtes is wanneer dit by borg prys kom.

Miena ·

George – Ek was -tot n paar jaar gelede – Klerk van die Hof in n Landdroskantoor waar ek vir 14jr in DoJ&CD gewerk het – so ek dink ek het n redelike idee van wat borgtog fooie is of behoort te wees n.a.v. sekere gevalle omdat elke saak sy eie meriete het.

Jean ·

Baie mense dink aan die VSA se wette as dit by borgtog kom in SA.

Peach ·

Miena, as “Klerk van die Hof”, maak dit jou ‘n regs kenner op die gebied en, kwalifiseer dit jou om as Minister van borgtog sake aangestel te word? Dog maar net ek vra namens ‘n vriendin van De Aar.

Spotty ·

George verduidelik dit vir ons hoekom n polisieman nadat hy n kind doodgery het (nie geslaanhet nie) op 29 Augustus in hegtenis geneem op aanklag van bestuur onder die invloed van alkohol.

“Die beampte is later met ʼn waarskuwing vrygelaat

H.A. ·

Hulle wil die blankes vir melk geld en nog goed veneder ook.

Oros Soros ·

Waar gaan ons regstelsel heen met hierdie moedswillige en kwaadwillige misbruik en oorlading van die “omskrywing” van die misdaad. Gaan kyk na Bylae 1 en so meer van die SPW? En dan is daar geleerdes wat dit toelaat. Ry die landdros en al die wat jou fundamentele regte so aangetas het. Die pensioen van die ondersoekbeampte moet ook geteiken word.

Christine ·

Waar is Malema wat mense in die openbaar aanrand en ‘n semi-outomatiese geweer afvuur in die openbaar? Het hy al vir een nag in die tronk deurgebring?

Raadsman ·

Duidelike rassehaat in ons howe. Duidelik dat alle witmense so ver as moontlik uit howe moet bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.