Covid-19: Munisipale geboue in Pta tydelik gesluit

Tshwane House (Foto: Jacques Naude/African News Agency/ANA)

Stad Tshwane het gesê drie van sy geboue sal vir vier werksdae, van 15 Junie tot 18 Junie, gesluit wees ná personeellede positief getoets het vir Covid-19.

Selby Bokaba, woordvoerder van die munisipaliteit, het Sondag in ʼn verklaring gesê die hoofkantoor Tshwane House, Mini Munitoria in Mamelodi-Wes en die Silverton-brandweerstasie is met onmiddellike effek gesluit en sal na verwagting weer op 19 Junie hul deure oopmaak.

“Die geboue word tydens die ontruimingsperiode ontsmet om die verspreiding van Covid-19 te voorkom,” het Bokaba verduidelik.

Almal wat moontlik in kontak was met die betrokke persone sal gekontak word kragtens die departement van gesondheid se Covid-19-riglyne.

Werknemers by die drie betrokke geboue word aangemoedig om by die huis te bly tydens die tydelike sluiting en om die nodige voorsorgmaatreëls te tref waar nodig om te voldoen aan die beroepsgesondheid en -veiligheidmaatreëls tydens die Covid-19-pandemie.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

BoerSonderRoer ·

Wanneer maak DIRKO oop dat ons ons papiere kan kry en emigreer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.