Covid-19: Nog 2 sterftes aangemeld

Dr. Zweli Mkhize (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Altesaam 2 783 bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus wat Covid-19 veroorsaak is nou in Suid-Afrika aangemeld. Die getal gevalle het oor die afgelope 24 uur met 178 toegeneem – die skerpste styging nog oor die afgelope drie weke.

Nog twee sterftes is ook aangemeld. Dit bring die land se dodetal op 50 te staan.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand in sy jongste verklaring gesê albei sterftes is in die Wes-Kaap aangemeld.

Volgens Mkhize is 100 827 toetse tot op hede uitgevoer.

Die provinsiale statistiek lyk soos volg:

ProvinsieGetal gevalle
Gauteng1 018
Wes-Kaap717
KwaZulu-Natal591
Oos-Kaap246
Vrystaat100
Limpopo26
Noordwes24
Mpumalanga23
Noord-Kaap16
Onbekend22
Totaal2 783

 

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

DieKriek ·

En dan kry ons statistiek oor die hoeveelheid mense wat getoets is, herstel het en oorlede is. Hulle noem dat ongeveer 32% gesamentlik herstel en oorlede is. Waar is die ander 68%? As ons nou al 3 weke toegesluit is, hoekom steek mense nog aan? Namibië erken hulle het spoor verloor van talle mense en SA spog oor hulle “prestasies”. Ons is kinders, pionne en proefkonyne vir die regering wat spring as die Sjinese sê hop.

Burgermeester ·

Hoe klink dit of dr. Mkhize spog dat hulle nou eers 100 827 mense getoets het? Ek wil nou nie hoes, nies of winde blaas nie, maar 100 827 uit 59 000 000 klink vir my maar taamlik min. Ek weet nie hoekom ek verbaas is nie, want die ANC het lae standaarde.

Rodger17 ·

Ek wetie is ek onnosel nie maar die regering het nog niks onder beheer nie as ek die getalle kyk nie,en bygesê as el dit sou glo nie.Al gevolgtrekking waartoe ek kan kom is dat die slim mense in beheer,onbevoeg is vir die werk.Betrek meer wit kenners ook en moenie probeer om slim te wees nie

Lorna ·

Ek se weer of hul lieg vir ons of hul is clueless
Ek is vrou alleen en n nuus freak
So ek try nog getalle bymekaar bring
Hierdie geliefde land van my is lankal in sy glorie
Ons het nou baie tyd ek hoop en glo ons gebruik meeste van tyd OP ons knieë deur want God alleen weet
Smag na oproep van my kleinkinders van hul ouers praat ek nie eers nie
Maar dankie vir my seun en dogter wat so af en toe van hul laat weet
Ek weet daar is baie van ons maar ek is 1saam
So sterkte aan almal wat in selfde situasie is
Jammer maar ek moes bietjie van my gedagtes ontslae raak en ja ek bel hul maar foon word nie geantwoord nie
Veilig wees mense

Lorette ·

Ek voel vir jou, dink baie is in dieselfde bootjie. Ja, ons moet tyd op ons kniee deurbring! My kinders almal naby my, almal essential services en ek mis hulle, so ek kan dink hoe jy moet voel. Sterkte vir jou.

Sonneblom23 ·

My opinie is dat mense nog aansteek want die reëls en regulasies word nie toegepas nie. Hoeveel mense sê dat in hul dorpe is daar geen polisie teenwoordigheid nie? Elke 2de winkel is oop as n “essential” besigheid. Hoekom moet daar in 1 dorp 6 besighede oop wees wat aircons diens? Of 6 besighede wat bande verskaf? Ons land vat die lockdown as n grap, strenger maatreëls moet toegepas word.

Fufu ·

Verleng asb die afsondering tot einde Mei. Dit is die enigste oplossing. Indien die afsondering oor 12 dae opgehef word gaan die positiewe persone 3 keer meer word op n daaglikse basis. Die situasie is buite beheer.

Cornè ·

Ek weet nie of almal weet hoe werk toetsing nie.. Voor jy dus kommentaar lewer vind eers uit. Die toets word nie gedoen en whala daar het jy binne minute die uitslae nie.. Elke toets word aangeteken persoon se besonderhede ens.. By die lab word elke persoon se besonderhede op data basis ingevoer, die lab doen toetsing vir +/- uitslae.. Dit vat 14 uur plus minus voor uitslae bekend is. 100de mense werk 24/7 om die toetse deeglik te catalog en akuraate data en uitslae deur te gee.. 1000de meer kan dalk dagliks getoets word wat moontelik n backlog kan veroorsaak, want die mense wat reeds 24/7 werk kan net soveel doen per dag hulle is mense…. So voor jy weer kommentaar lewer op iets waarvan jy geen benul het nie, bly liewer stil.. Net soos Dr en verpleegpersoneel werk die labs 24/7..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.