Covid-19-pandemie ‘hopelik’ binne twee jaar verby

Rusland ondersoek ‘n nuwe entstof vir Covid-19 (6 Augustus 2020) (Foto: Alexander Zemlianichenko Jr, Russiese Direkte Beleggingsfonds via AP)

Moderne tegnologie en internasionale samewerking kan die Covid-19-pandemie tot twee jaar beperk, het die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, gesê.

“Met die hoop dat ons bykomende hulpmiddels soos ʼn entstof kry, dink ek ons kan dit in ʼn korter tydperk as die griep van 1918 agter die rug kry,” het hy Vrydag by ʼn mediakonferensie in Genève gesê.

Hoewel die nuwe koronavirus veel vinniger versprei omdat die wêreld vandag heelwat makliker verbind word as ʼn 100 jaar gelede, het moderne tegnologie mense maniere gegee om Covid-19 meer doeltreffend as die destydse griepuitbreking te beveg.

“Ons hoop dus om die pandemie binne twee jaar verby te kry,” het hy gesê.

Tedros het egter gewaarsku dat selfs al word ʼn entstof gevind, die pandemie nie net vanself beëindig gaan word nie. Lande kan nie net op ʼn toekomstige entstof staatmaak nie, maar moet bewese gesondheidsmaatreëls in werking stel, terwyl mense hul leefstyl moet aanpas om infeksies te stuit.

Covid-19 het waarskynlik laat verlede in China sy oorsprong gehad. Sedertdien is 22 miljoen gevalle daarvan bevestig en meer as 780 000 sterftes is wêreldwyd aangemeld.

Wêreldwyd is ouers ook bekommerd oor die heropening van skole te midde van die pandemie. Maria van Kerkhove, die WGO se hoofnavorser oor Covid-19, het gesê die pandemie moet beveg word in gemeenskappe waar kinders en onderwysers woon. As dit vinnig deur ʼn spesifieke gemeenskap versprei, kan dit ook in skole kop uitsteek.

“Dit is werklik belangrik dat ons uitbrekings in bedwang bring in gebiede waar daar skole is.”

(Argieffoto: Unsplash)

Sy sê skole speel nie net ʼn onderrigrol nie, maar verseker ook dat kinders kos en sosiale interaksie ontvang.

Die vereiste dat jong kinders maskers dra verskil van land tot land en die WGO beoog om riglyne oor maskers vir kinders van verskillende ouderdomme binne die volgende paar dae bekend te maak.

Van Kerkhove sê wetenskaplike inligting oor die verspreiding van die virus onder kinders is in hierdie stadium nog uiters beperk.

Mike Ryan, uitvoerende direkteur van die WGO se noodgesondheidsprogramme, het terselfdertyd gewaarsku dat makers net een van die maniere is om die verspreiding van die virus te beheer en dat dit nie ʼn plaasvervanger vir sosiale afstandhandhawing of minder leerders per klaskamer is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anel ·

As hulle dink, wie ook al hulle is, dat ek my self gaan martel deur vir die res van my lewe ‘m masker te dra, word daar een groit fout gemaak. Ek kan nie’ n madker dra nie so ek dra ‘n skerm en selfs met ding het ek petmanente sinus. Al dra ek hom net vir 10mn begin die hoofpyn. Ek vat eerder die kans om een keet siekkerig te word as om permanent orals masker te dra. Verder sal ek ook nie hulle entstof vertrou nie, net soos die gewone griepinspuiting. As ek my friende en familie wil omhels dan doen ek dit. Moeg om voorgesê te word wat ek mag en nie mag doen nie. Mens gaan uit in die natuur om VARS lug in te asem. Vroeër het dit hulle nie gepla dat TB en hoogs aansteklike ander dodelike siektes oorgrdra word nie. Nou hoekom skrik hulle nou vir griep, wat in elke geval in China in laboratorium ontstaan het? Maar dis mos hulle maatjies. Vir my part kan almal maar die Chinese lenings afskry want hulle het dit oor ons gebring soos hulle moet maar betaal.

Jan ·

Dit is moeilik om te begryp hoedat sulke twak verkondig, versprei en selfs geglo word. Alle virusse bly jarelank onder ons en word deur ons immuniteit onder beheer gehou. Covid-19 is nie die helfte so skadelik as die griep van 2018 nie. Dit is idioties om dit met die 1918 griep te vergelyk, wat ongeveer 3% van die wêreldbevolking gedood het. Covid-19 lei na slegs ongeveer 0,1% sterftes. Dit gaan hier oor magbeheptheid en die media is aandadig. Die WGO word deur ‘n bewese terroris aangevoer en deur die bedenklike Bill Gates gefinansier maar almal glo alles wat hulle verkondig soos die Evangelie.

annie ·

Wow, maar die WHO spring rond soos ‘n kat op ‘n warm dakplaat. Nou die dag nog sou die virus vir altyd met ons wees totdat hulle die boek opgespoor het oor ou pandemies wat na 2 jaar die aftog geblaas het en nou is dit hul jongste slaaptyd-spookstorie se hou-goeie-moed einde.

Dirk Mostert ·

Die WGO se betaalmeesters is Bill Gates en China. Bill Gates het laasjaar ‘n video uitgebring waarin so ‘n pandemie gesimuleer is, ‘lockdown” en al. Was Wuhan ge”stage”? Ek is nie oortuig dat daar ‘n pandemie is nie, lyk eerder na ‘n globale triljoen dollar Ponzi-skema.

COVID19=COronaVIrus Disease = Griepvirussiekte = Griep (2019-model). Die simptome is identies en die goggas lyk eners. Ek het dit in Julie laasjaar gehad het en was nie een dag bedleend nie.

Hoe het Tanzanie die Covid19-uitbreking onder boerbokke gestuit (daar was 1 geval aangeteken, stellig asimptomaties, na die standaardtoets)? Deur die res van die trop onder kwarantyn te plaas, die kraal te desanitiseer, pote te was, maskers te laat dra en afstande op die weiveld te handhaaf? Nee. Daar is net nie geld gemors op nog toetse nie.

Covid19 verskil van Covid18, 17 ensovoorts daarin hoofsaaklik dat daar nie vorige jare telling gehou is en dat die media dit nie gedramatiseer het nie.

Persheks Adri ·

#Tsek met die intstof!!!

Regering wil net geld skep en ons moet betaal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.