Covid-19-samevatting: Ramaphosa ontvang resultate

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: ANA

Pres. Cyril Ramaphosa het negatief getoets vir die nuwe koronavirus (Covid-19).

Die presidensie het Donderdag in ’n verklaring bevestig Ramaphosa het negatief getoets vir Covid-19 nadat hy Dinsdag as voorsorgmaatreël vir die koronavirus getoets is. Die president het sy uitslae Woensdagaand ontvang.

Luidens die verklaring het Ramaphosa oor die afgelope paar weke ’n besige skedule in sy hoedanigheid as president gehad en met verskeie mense tydens vergaderings kontak gehad.

“Die presidensie het dit nodig geag om die toetsuitslae bekend te maak om die land te verseker dat die president in goeie gesondheid is en sy pligte voortsit,” lui die verklaring.

Die poskantoor

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) het bevestig dat sy takke gedurende die algehele landwye afsondering oopbly om die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) se maatskaplike toelae te fasiliteer.

Argieffoto

Altesaam 882 takke is aangewys om dié noodsaaklike diens oor die volgende 21 dae te lewer. Werknemers van die poskantoor sal gedurende hierdie tyd egter ten alle tye ’n veilige afstand van een meter van mekaar handhaaf. Klante sal ’n goeie afstand van mekaar in rye moet staan. Nie meer as 50 persone word op een slag in ʼn poskantoor toegelaat nie.

Werknemers sal ook van handreiniger, maskers en handskoene voorsien word.

Volgens Ivumile Nongogo, uitvoerende hoof van Sapo, sal die poskantoor se posdienste, aflewerings en ander steundienste wel gedurende die landwye afsondering opgeskort word.

Die berig is gewysig sedertdien dit aanvanklik publiseer is. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

koos10 ·

Wat is die regering se amptelike raad??
As jy nie simtome het nie, self isoleer vir 14 dae en as jy simtome toon, gaan sien jou dokter om getoets te word. Ons het nie die geld of hulpbronne om almal te toets nie.

Geld dit dan nou net vir sommige burgers?

Jan ·

Soos gewoo lik glo die afrimaners elke ou woordjie wat ramaposa hulle vertel

Michael 1 ·

En ek verstaan nie hoekom is dit omrede hulle in n land lewe as 2de handse burgers en dit aanvaar of omrede hulle vir so lank sonder n leier was dat hulle nie meer van beter weet nie.

Dogmanet ·

Ai mense..hou op om julle te bekommer oor wie getoets is en wie nie, en glo maar wat Rhamaposa sê. Hy het mooi gesien wat die ander lande doen….sorg jy maar net om jouself veilig te hou . As jy nog steeds dink die virus ding is ‘n grap, dink maar weer……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.