Covid-19: Só lyk gevalle, sterftes in SA tans

Dr. Zweli Mkhize (Foto: Twitter)

ʼn Totaal van 1 749 gevalle van Covid-19 en 13 sterftes is reeds in Suid-Afrika bevestig.

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Dinsdagmiddag aangekondig dat nóg ’n sterfte weens die nuwe koronavirus (Covid-19) in Parklands in KwaZulu-Natal aangemeld is.

Die aantal sterftes in die land staan tans op 13. Dié man het glo ook prostaatkanker gehad en het in ʼn hospitaal in Berea in Durban gesterf.

Sewe van die sterftes is in KwaZulu-Natal aangemeld.

Volgens Mkhize het die departement intussen sy kapasiteit verhoog om nou 5 000 toetse per dag te kan doen. Van die 55 000 toetse wat reeds gedoen is, is 47 000 in die private sektor gedoen. Die minister het ook bevestig dat die land nog nie met enige entstofproewe begin het nie.

Mkhize was Dinsdagmiddag in Sandton waar die Motsepe-stigting van die sakeman Patrice Motsepe en sy vrou, dr. Precious Motsepe, beskermende toerusting aan die departement van gesondheid oorhandig het.

Die toerusting sal onder mediese personeel in die verskeie provinsies versprei word. Altesaam 200 000 gesigsmaskers en bokse vol handskoene is aan Mkhize oorhandig.

Stavros Nicolau van Business for South Africa was ook by die geleentheid teenwoordig en het gesê R69 miljoen se beskermende toerusting is aangekoop en kan binne die volgende twee tot drie weke verwag word.

In totaal word daar beoog om 900 000 pare handskoene, 20 000 veiligheidsbrille en 6,5 miljoen maskers aan te skaf.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anel ·

Ai, tog. Die ou handskoentjies. Die grootste sondebok. Vat hier en vat daar en versprei wat ookal. Ontsmet jou hande gereeld anders dien die handskoene geen doel! Hulle sweet en kieme broei te lekker daar binne. Kom tog by en gee eerder vir die mense handreiniger.

Leah ·

Hi Anel, ja vir ons ou doodgewone mensie by die huis gaan die handskoen jou niks help nie, maar vir ons mediese persoonlede is dit ‘n moet. Ek is seker jy gaan nie wil he jou dokter of verpleegster moet sonder dit werk nie?? Die handskoene wat versprei word is net vir mediese personeel.

Brandwag ·

Ek hoop nie die toerusting is van China aangekoop nie,ek lees op CNN en Daily Mail dat die toerusting nie op standaard is nie,my gevoel is dat China geboikot moet word in alle opsigte.Hulle is die oorsaak hoekom ons nou is waar ons is.Lockdown moet afgeskaf word,maatreels moet ingestel word om verspreiding te voorkom,ja daar sal mense doodgaan en siek word maar dit is die opoffering wat gemaak moet word as ons dit nie doen nie gaan die armoede,werkloosheid en anargie meer lewens eis.

Hennie ·

Ek kan nie help om te wonder of daar regtig n epidemie op hande is nie.

twaalfboor ·

Hennie kom ek help jou reg. Jy kan maar ophou wonder want dis ñ “pendemie” en dis wêreld wyd.

Leah ·

Ai hennie ek weet nie hoekom jy nog wonder nie. gaan kyk bietjie hoe dit in ander lande gaan, ons moet net bly wees Suid Afrika het nog nie daai punt bereik nie en ons moet bid dat ons dit nie bereik nie.

PH ·

Volgens vorige berigte het hulle gister net meer as 1200 toetse gedoen.
Ek wonder hoeveel toetse het hulle vandag gedoen?

twaalfboor ·

Dit gaan nie oor howveel toetse gedoen is nie. Die labs word “geflood” en kan nie byhou met die uitslae nie.

Bets ·

Ai tog ek al so moeg on te hoor van handskoene ontsmettigsmiddels bly veilig ek will skree ek wens net een wens en dit is god moet oor vat op alles tot hierdie virus on te baklei te ontsmet handskoene te DRA ja ek wil kots sorrie

Josua ·

Andre ek dink nie jy besef wat jy sê nie dat daar mense moet sterf van die virus dis maar die opoffering. My vrou is n sister in een van die privaat hospitale, hulle is nie op lockdown soos sekere mense nie hulle is die mense wat dag en nag hul lewe in gevaar moet stel om die siekes se lewe te red. Ons alby is afhanklik van ons salarisse ek tans onder lockdown en sy moet werk, daar is maniere om die arm mense te help in die land daar is biljoeners in SA wat geld kan skenk om die arm mense te help met kos ens maar jy verwag meer mense moet sterf sodat mense ‘n salaris kan verdien, jou houding plaas die salaris betaler ook dan in die “FRONT LINE” so as hulle siek word en sterf wie gaan dan jou salaris betaal, iets vertel my jy het nie baie logies gedink nie, asb dink aan die mediese personeel waar daar juis reeds n tekort is wat die siekes moet versorg om nie eens die tekort aan toerusting in ag te neem nie. DIE VIRUS MOET GESTOP WORD NIE DEUR SELFSUTIGHEID VERSPREI WORD NIE.

Josua ·

Die lockdown moet vir tenminste nog n maand aangaan, alle skuld moet gevries word sonder penalisering, terug betaal tydperke kan met die tydperk aangeskuif word sonder rente, dit is n eenvordige papier ooreenkoms wat voltooi kan word. Ons het n era ingegaan waar die rykes ook hul kan sal moet bring om almal by te staan in die moeilike tyd en hul “GREED ” vir n wyle om sy moet skuif. Indien die lockdown nie verleng gaan word nie gaan meer mense sterf selfs die wat die rykes moet terug betaal dan gaan julle in elk geval nie jul geld terug kry nie, dink veral aan die mense wat nie n salaralis verdien nie of die wat net genoeg verdien het vir n maand se voedsel ens as almal “Halt roep op skuld en juis die mense die kans gee om die bietjie wat hulle wel verdien het aan ekstra kos te bestee sal ons die virus baie vinniger oorwin as wat ons beplan, stres en dipressie maak mense siek om nou halt op skuld te roep gaan SA meer positief maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.