Covid-19-statistieke: Byna 280 000 gesondheidswerkers ingeënt

(Foto: Unsplash)

Suid-Afrika het teen Woensdagaand altesaam 1 553 609 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 756 nuwe gevalle is aangemeld.

Só het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, aangekondig toe hy die jongste Covid-19-statistieke vir die land bekendgemaak het.

Nog 79 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 53 111 te staan bring.

Altesaam 25 van die sterftes is in Gauteng aangemeld, gevolg deur 25 in KwaZulu-Natal, 18 in die Vrystaat, ses in Noordwes, vier in die Wes-Kaap en een in die Oos-Kaap.

Altesaam 1 479 821 pasiënte het in dié stadium reeds herstel.

Die departement het aangedui dat altesaam 278 909 gesondheidswerkers teen Woensdagaand reeds teen Covid-19 ingeënt is.

Provinsiale statistieke:

Gauteng: 415 902
KwaZulu-Natal: 334 687
Wes-Kaap: 283 615
Oos-Kaap: 195 543
Vrystaat: 83 893
Mpumalanga: 75 692
Noordwes: 64 315
Limpopo: 63 299
Noord-Kaap: 36 663



ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pieter ·

BRAVO!! ‘n Totaal van 280 000 in meer as ‘n maand! So hoeveel van die 40 miljoen entstof wat bestel is, betaal is en op pad is om afgelewer te word gaan opgebruik wees voordat dit die vervaldatum bereik? Klink weereens vir my na geld in die water…..

VannieBaai ·

Wow!!!! Wat ‘n prestasie! 280 000 inentings gedoen van 60 miljoen mense plus!!!! Pateties.

koos10 ·

Pragtig. Dis 5600 per dag so ver. Teen die tempo sal dit 10714 dae om al SA se mense in te ent
Dis amper 30 jaar!!!! Sien nog iemand wat ek sien?
En as die privaat seltor hulle werkers wil ent, word hulle deur die regering gestop.
Wie maak geld hier?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.