Covid-19-statistieke: Geen nuwe sterftes in afgelope 24 tot 48 uur

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Kelly Sikkema / Unsplash)

Minstens 17 490 mense in Suid-Afrika het nou Covid-19 onder lede nadat nóg 1 436 nuwe virusgevalle Dinsdag aangemeld is.

Die jongste styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 5,5%.

Die algehele sterftesyfer staan op 99 625 nadat nóg 16 Covid-19-verwante sterftes deur die departement van gesondheid aangemeld is. Geen van dié sterftes het oor die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind nie.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (35%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (23%), KwaZulu-Natal (18%), Oos-Kaap (6%), Noordwes (5%), Vrystaat en Mpumalanga (4% elk), Limpopo (3%) en die Noord-Kaap (2%).

ProvinsieGetal nuwe gevalle op 8 Maart aangemeld
Oos-Kaap81
Vrystaat58
Gauteng505
KwaZulu-Natal257
Limpopo41
Mpumalanga58
Noordwes71
Noord-Kaap31
Wes-Kaap334
Totaal1 436

Minstens 2 478 pasiënte word nou vir Covid-19 in die hospitaal behandel nadat nog 46 mense Dinsdag opgeneem is.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se statistieke het altesame 3 686 556 mense in Suid-Afrika al die virus opgedoen, van wie byna 97% reeds herstel het.

Altesame 23 285 855 Covid-19-toetse is al gedoen, waarvan 26 016 Dinsdag gedoen is.

Volgens die departement van gesondheid is altesame 92 395 dosisse van die entstof sedert die vorige verslag toegedien, terwyl 32 225 496 dosisse sedert die aanvang van die land se inentingsprogram toegedien is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.