Covid-19-statistieke: Herstelkoers steeds op 90%

(Argieffoto: pixabay)

Suid-Afrika het nou meer as 676 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 745 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 676 084 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 16 866 nadat nog 132 sterftes aangemeld is: 41 in Mpumalanga, 49 in KwaZulu-Natal, agt in Gauteng, sewe in Noordwes, sewe in die Noord-Kaap, ses in die Wes-Kaap en 14 in die Vrystaat.

Tot dusver het 609 854 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 90%.

Suid-Afrika het tot dusver 4 209 049 toetse vir Covid-19 gedoen, 21 132 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap89 35913,2%
Vrystaat47 3167%
Gauteng220 05632,5%
KwaZulu-Natal119 21217,6%
Limpopo15 5212,3%
Mpumalanga27 3764%
Noordwes29 4634,4%
Noord-Kaap16 8932,5%
Wes-Kaap110 88816,4%
Totaal676 084100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3 12485 301934
Vrystaat1 04233 01913 255
Gauteng4 252196 26719 537
KwaZulu-Natal2 724110 6355 853
Limpopo39114 493637
Mpumalanga56126 022793
Noordwes37026 5402 553
Noord-Kaap21413 7402 939
Wes-Kaap4 188103 8372 863
Totaal16 866609 85449 364

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.