Covid-19-statistieke: Herstelkoers weer net-net hoër

(Grafika: pixabay)

Suid-Afrika se gesamentlike Covid-19-gevalle het teen Maandagaand op 639 362 gestaan nadat 845 nuwe gevalle van die virus bevestig is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het in sy daaglikse bywerking van die syfers gesê 8 759 nuwe toetse is gedoen.

Altesaam 115 nuwe sterftes weens Covid-19 is bevestig. Hiervan is 25 in KwaZulu-Natal, vyf in Gauteng, 12 in die Oos-Kaap, sewe in die Vrystaat, 10 in Noordwes, 13 in die Wes-Kaap en 43 in Limpopo.

Dit bring Suid-Afrika se algehele sterftesyfer vir Covid-19 op 15 004 te staan.

Altesaam 566 555 mense het reeds van die virus herstel en die land se herstelkoers het van 80% tot 80,8% gestyg, het Mkhize gesê.

Só lyk aktiewe gevalle:

Oos-Kaap:           1 028

Vrystaat:             12 065

Gauteng:             21 282

KwaZulu-Natal:  10 267

Limpopo:            638

Mpumalanga:    943

Noordwes:         4 479

Noord-Kaap:      3 007

Wes-Kaap:          4 094

Totaal:                 57 803

Die meeste gevalle is steeds in Gauteng (33,3%), KwaZulu-Natal (18%), die Wes-Kaap (16,8%) en die Oos-Kaap (13,6%).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

sterk soos n beer ·

china moet verantwoordelik gehou word en gestraf word vir moord en poging tot moord

Fritz ·

It takes two to tango. China het net 50% skuld. Die ander 50% skuld is die res van die wêreld wat totaal en al oorreageer het oor n onbenulligheid. Jip, met n sterftesyfer van minder as 5% is dit n onbenulligheid.

wim ·

Ek sou sê die hoofnuus behoort wees dat die toename in nuwe gevalle die laagste is sedert 26 Mei. Mens kan redeneer oor wat gevalle vir ons sê, en hoeveel ons van bewus is vs die werklike totaal, maar dit is nogsteeds nuuswaardig! Laagste sedert 26 Mei. Genugtig, is dit nie nuus nie? En dat sterftes ook aanhou daal.

Ek verstaan nie Suid-Afrika se obsessie met dit wat (uiters verwarrend) herstelkoers genoem word nie. Die oorgrote meerderheid van die 11% wat nie in die 89% ingereken is nie, gaan trouens ook herstel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.