Covid-19-statistieke: Koers van positiewe gevalle effens hoër

Argieffoto (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Minstens nog 9 203 mense in Suid-Afrika het positief getoets vir Covid-19, terwyl 418 mense intussen weens die virus gesterf het.

Dit bring die land se dodetal op 82 914 te staan, met 2 796 405 bevestigde gevalle tot op hede.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) verteenwoordig die jongste toename in infeksies ’n positiwiteitskoers van 16,1%. Dit is effens hoër as ’n dag tevore (15,6%).

Die aantal nuwe infeksies is laer as die dag tevore (9 544), maar hoër as die gemiddelde aantal nuwe gevalle per dag gedurende die sewe voorafgaande dae (8 776).

Daar is tans 145 026 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het 2 568 465 mense van die virus herstel.

KwaZulu-Natal is nog verantwoordelik vir die meerderheid nuwe gevalle (29%), gevolg deur die Wes-Kaap (20%) en die Oos-Kaap (18%).

Die Vrystaat en Gauteng het elk 8% van die nuwe gevalle aangemeld, gevolg deur die Noord-Kaap (6%). Mpumalanga is tans verantwoordelik vir 5% van nuwe gevalle en Noordwes op sy beurt vir 4% van nuwe gevalle. Daar is 2% van die nuwe infeksies in Limpopo aangemeld.

ProvinsieNuwe gevalle op 2 September 2021Totale gevalle tot en met 2 September 2021
Oos-Kaap1 652271 923
Vrystaat779150 451
Gauteng780906 988
KwaZulu-Natal2 691485 328
Limpopo147120 268
Mpumalanga463145 622
Noordwes375144 117
Noord-Kaap52082 674
Wes-Kaap1 796489 034
Totaal9 2032 796 405

Nog 437 Covid-19-pasiënte is intussen in ’n hospitaal in Suid-Afrika opgeneem. Dit beteken 12 408 mense word tans vir Covid-19 in hospitale landwyd behandel.

Meer as 13 miljoen Suid-Afrikaners is nou reeds teen Covid-19 ingeënt nadat nog 250 843 inentings gedoen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.