Covid-19-statistieke: Meer as 3 000 gevalle weer aangeteken

ʼn Werker staan langs beddens wat gereedgemaak word om ʼn stadion in Srinagar, Indië in ʼn Covid-19-sentrum te omskep. (Foto: Tauseef Mustafa/AFP)

Die getal nuwe Covid-19-gevalle het weer in net 24 uur met meer as 3 000 gestyg. Dit is die derde agtereenvolgende dag dat dié skerp toename waargeneem is. Gevalle het die afgelope week weer vinniger begin toeneem. Vrydag is 3 141 nuwe Covid-19-gevalle in Suid-Afrika aangeteken.

Altesaam 112 nuwe sterftes is ook aangeteken, die meeste hiervan in die Vrystaat (42) en Noordwes (40). Die herstelkoers staan tans op 94,6%, effens laer as die volgehoue koers van net meer as 95% wat tot die afgelope week aangeteken is.

Intussen waarsku die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) dat Covid-19 vanjaar veel dodeliker kan wees.

Wêreldwyd is meer as 3,3 miljoen mense reeds aan Covid-19 oorlede. Die grootste krisis heers tans in Indië, waar meer as 260 000 mense reeds aan die virus oorlede is. In Japan het ʼn verdere drie streke nou ook ʼn noodtoestand verklaar, slegs 10 weke voordat die Olimpiese Spele moet begin.

Die WGO het nou gevra dat selfs mense wat ingeënt is, maskers dra in gebiede wat weer ʼn skerp styging in infeksies toon.

In Suid-Afrika is nog net 474 318 mense teen Vrydag teen Covid-19 ingeënt.

Inligting bygewerk van AFP.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Carel Aaron ·

Ek wil die inboeseming van vrees graag hokslaan. Statistiek is goed, maar dit kan ook misleidend aangewend word.

Neem die getal sterftes en deel dit deur die land se bevolking dan sien u dis nie so vteesaanjaend nie.

Daar is gemiddeld 40 000 griep sterftes in SA. Die hoogste was 60 000 in 1 jaar. Toe was die WGO en media nie betrokke nie.

Ja ʼn virus is ʼn gevaarlike ding en hy muteer op n daaglikse basis so was jou hande gereeld. My oorlede moeder het dit vir my geleer. Sterkte
Ns. O indien daar ʼn paar nulle na die komma is voor die eerste syfer moenie bekommer nie jou som is reg.
SA se populasie is 60m en sterftes 55k dus 0.0009%

Carel Aaron ·

Slegs 0.026% inwoners van SA het reeds die virus opgedoen.

MakersMark ·

Regtig ? Skrikwekkend as mense wat nie basiese wiskunde kan doen nie hul begin uitspreek oor wetenskap. SA het 60 m mense, daar was tot gister 1.6 m positiewe toetse. Deel 1.6 deur 60, vermenigvuldig nou met 100. Volgens amptelike syfers het 2.667% van SA popukasie sover positief getoets. Die persentasie van mense wat dit dalk onder lede gehad het is dalk veel hoër agv mense wat nie geweet het hul is siek nie of nie getoets het nie.

Dirk Mostert ·

Ek is ook nie getoets nie en ek weet ook nie dat ek siek is nie. As mense wat niks makeer nie hulle nie onnodig laat toets nie is daar geen pandemie nie. Die media-sensasie val by jou op vrugbare grond.

Dirk Mostert ·

Wat beteken trop-immuniteit is reeds bereik sonder entings.

Francois Le Cochon ·

Jou syfers korreleer nie met die van SA Statestiek, wat ge-oudit word deur PWC.

MakersMark ·

Die wiskundige berekenige wat jy hier wys boesem meet vrees in as die virus.

Gideon ·

Dit gaan myns insiens oor baie meer as die huidige getalle. Dit gaan oor die POTENSIAAL waaroor die pandemie beskik. Dit KAN geweldige goot skade en sterftes veroorsaak omdat daar nie n teenmiddel soos by ander siektes bestaan het nie. As daar nie voorkominsmaatreels was nie (al is en was sommige absurd) was die getal infeksies en sterftes waarskynlik 100x meer. Mens kan nie net besluite neem ogv huidige getalle nie maar ogv wat die virus KAN doen as geen voorsorg getref word nie.

Johan ·

Ja Gideon, en wat se skade en lewensverlies veroorsaak die regulasies, word dit in ag geneem….ek twyfel. Indien regulasies die ekonomie knyp (en dit doen dit reeds) en die gemiddelde lewensverwagting met net een jaar laat val, beteken dit 55miljoen “lewensjaar verlies”, of dan 900 000 sterftes (die lewensverwagting in SA is tans 64 jaar), dit is direk eweredig aan ekonomiese welstand. Maar dit is ‘n som wat Maskermal en sy bende nie kan maak nie. Regulasies maak dus altyd meer mense dood as wat die virus ooit KAN (SOOS JY SÊ), net omdat dit die ekonomie nadelige raak.

MakersMark ·

Die regulasies KEER dat baie groter skade aangerig word agv weghol infeksies en ‘n oorstroomde mediese sektor. Niks met algemene kewensverwagtig uit te waai nie domhan net met logika. In tye van krises kom qlewens eerste nie geldjies nie. Kry maar werk in die mediese veld dan hoef die virus nie blameer te word vir finansieele agteruitgang nie. Gelukkig is die mense in beheer goed gekwalifiseer en wetenskaplik opgelei want as van die aanbevelinge wat hier kwytgeraak word ingestel moes gewees het was daar baie meer sterftes en baie meer armoede.

MakersMark ·

Great comment, maar sekeres is net suur omdat hul inkomste geval het en blameer almal wat hou by regulasies daarvoor onder die dekmantel van “ekonomiese skade”. Die hele wêreld het ekonomiese skade gehad agv CV19 en in tye van krisis is lewrns belangriker as individue se persoonlike rykdom. Dis wat mense soos domhan nie kan verstaan nie. Gelukkig is daar wetenskaplikes in beheervan strategie en aanbevelings en nie tuis kwakke nie.

Kobus ·

Carel, verskaf jou bronne vir jou stats vir griep sterftes per jaar. Dit is nader aan 8000 tot 11000. So die enigste misleidende verspreider van inligting is jy… Wat jy basies beweer is dat COVID tot bykans geen sterftes bygedrae het nie en dit maar die “normale sterftes” wat wat SA elke jaar ervaar aan verkoue en griep. As jou argument deurgevoer word, is dit seker dieselfde in die RES van die wereld. Ai, die onkunde, en ontkenning is gevaarliker as die virus.

MakersMark ·

Presies. Hier is so paar wannabee Rambo ‘s hier wat als afpraat as ‘n klug. Maar die gebrek aan enige wetenskaplike kennis spreek boekdele.

Anel ·

Ja, dra die maskers en ontsmet alles sodat die liggaam geen vermoë meer het om weerstand te bied nie. Dan gaan daar mos nou meer mense siek word! En saai paniek dat elkeen wat ‘n kopseer of loop neus het homself gaan toets. En automaties gaan elkeen wat toets positief wees en so veroorsaak dit paniek en vrees en beland die mense in die hospitaal en gaan dan dood. Jou familie mag jou nie besoek nie, so jy weet nie wat vang hulle aan nie. Die personeel kan kom en gaan soos hulle wil. Hoeveel mense is al by die huis dood aan die virus?
Ek dra masker munimum. Ontsmet minimum en ons is nog steeds gesond. Drink gewone vitamienes en as nie lekker voel nie klim in die bed. Soos met enige ander jaar se verkoue. Maar die wêreld wil mense paranoïes hou en afhanklik van die regerings. Mense in Suid Afrika se gestelle is anders as ander lande. Ons is sterker en gesonder. Bitter min vertrou meer die regering. So laat ons aangaan met ons lewens. Moenie ons vergelyk met Indië. Die plek is vuil.

MakersMark ·

Stort of bad ook sommer minder kan jy dink hoe sterk jou immuun sisteem dan gaan wees ?

Miskruier ·

Jy,s reg, ek het n vriendin wat by elke loopneus n paniekaanval het. Sy is al 5 keer negatief getoets. Sou sy tydens n paniekaanval opgeneem word sal sy dalk aan masjiene gekoppel word.

Gideon ·

Anel waar kom jy daaraan dat almal wat getoets word automaties positief toets. Gister was sowat42 000 mense getoets en net meer as 3000 was positief. Ons moet regtig mooi dink voordat ons sommer enige iets post. Daar is mense wat sulke onsin glo.

Francois Le Cochon ·

Gideon, as jy doodgaan sal jy dit nie weet nie, net die mense om jou wat jou geken het sal dit weet. Dieselfde geld vir die gebrek aan gesonde verstand.

Hoekom ·

Daardie toetse of dit nou positief of negatief is maak lekker GELD…

MakersMark ·

Ontwikkel ‘n toets wat verniet is. Wat geen inset koste vereis nie.

Johan ·

Nie jou steur nie Anel, Francois en sy bende dink SARS is dieselfde as pokke en polio. Hahaha, waar is hul bewyse dat covid so dodelik is? Ek haal gou aan wat na die sterfte syfers staan ” deaths, with positive Corona virus results” nie “deaths because of covid nie”… hulle verdraai dit.

Kobus ·

En jou bende van dom astrante ontkenning en onwetenskaplike argumente wat net met “afduimpie” kan redeneer, is nog met ons. Soos Anel aanvoer, moenie maskers dra nie, ontsmet minimum, dit is soos jy dit bekamp…. Sy het ook beweer die virus versprei glad nie in die somer nie… als natuurlik gegrond op wetenskaplike feite…

MakersMark ·

Luister man as dit die middeleeue was en daar was nie inentings of suurstofterapie vir CV19 nie sou dit baie dodelik gewees het. Suurstof terapie is die enigste lewesvolhoudende terapie vir ‘n CV19 pasient. Mense wat NIKS weet van mediese wetenskap moet dalk twee keer dink voor hul hul sotlike aanmerkings kwytraak.

Johan ·

Gaan lees gerus die “Great Barrington Declaration” meer as 42000 bevestigde doktors onderskryf dit en is die bewys wat nodig is dat daar ‘n alternatief was. Toekomstige geslagte gaan terugkyk en vir ons lag oor ons poging om die virus te stuit. Kriminele soos Maskermal en bende gaan verseker hul woorde swaar sluk oor hul onkunde en die skade wat hul aangerig het. ..maar tot dan moet ons maar doen wat ons kan om lewens te red teen hulle.

Snowball ·

‘Kriminele’ – hoe kom jy daarby uit?
Wanneer die redenasie swik, word dit persoonlik.

MakersMark ·

Gaan lees gerus die John Snow Memorandum, wat deur meer dokters, spesialiste en publieke gesondheid werkers onderteken is. Dit bewys presies die teenoorgestelde van Barrington en bewys duidelik dat sosiale afstandhouding, en dra van maskers infeksies onder jonger mense moet onderdruk. Jonger mense is meer mobiel en inperking van weghol infeksies onder hulle sal ‘n mediese en humanitêre ramp voorkom oor alle ouderdom groepe. Gelukkig het die wêreld leierskap na die wetenskap ondersteunde raad geluister. Barrington is in die asblik. So ook die oningeligtes, onopgeleides en huis kwakke wat die teorieë versprei. Sotlike teorieë soos “kinders blootstel aan die virus” tot hul immuunstelsels “gebou” is middeleeuse twak. Kry maar werk in die mediese veld as die finansies druk. Help nie mens word kwaad vir die wat die regte reëls instel en daarby hou nie.

Johan ·

Sê die mense wat anderdag geskryf het hoe dit al vir 3000jaar gedoen is…en arrogant die ekonomie afmaak as onbelangrik, ” moenie kla as jou besigheid vou nie, want jy kan nie beplan nie” en ” kry maar vir jou ‘n werkie in medies”, hongersnood en depressie is werklik en die ekonomie is belangrik om dit teen te werk, al raak julle wat ook al kwyt. Om vir mense te sê hul werk is nie belangrik nie, is baie persoonlik en dit is waar ons mekaar altyd sal misverstaan.

Johan ·

Ek het baie aansien vir Dr. John Snow so hier is ‘n aanhaling van hom oor die memo wat na hom vernoem is:”I also feel like this memo doesn’t necessarily provide a clear path forward”…so ek sou nie so gou die ander dokument net weggooi nie…beide stem ooreen dat die “blancket” regulasies soos wat ons in SA kry geweldig skadelik is.

Dirk Mostert ·

Ek is 100% met jou. Ons lees waarskynlik dieselfde wetenskaplike bronne.

Michael ·

Dis dan winter-meer mense word siek in die winter-dis nog altyd so. Elke persoon wat nou hoes of proes glo hy/sy het Covid en die hospitale en klinieke glo dit ook. So word syfers opgejaag om die vrees konstant te hou.Voorheen sou hulle net vinnig iets by die apteek of kliniek kry maar nou is dit Covid. Wat Indie betref, sterf daar die afgelope 20 jaar gemiddeld ongeveer 10 miljoen mense per jaar, dis ongeveer 875 000 mense per maand en ongeveer 29 000 mense per dag – AAN ander dinge as Covid. Tog is dit nog nooit as krisis in Indie beskou nie, maar ongeveer 300 000 mense wat aan Covid sterf oor ongeveer 17 maande is ‘n krisis. Indien dit vir iemand sin maak dat Covid die groot mensemoordenaar is, nou ja dan bestaan logika en nugtere denke seker nie meer nie.

Anel ·

Michael, stem so saam met jou. En dan word mense kwaad oor hierdie waarheid. Baie mense gaan nou dood van ander oorsake omdat hulle bang is om hospitaal toe te gaan.

Francois Le Cochon ·

‘n Onkoloog gaan nie vir jou chemo gee as jy net instap en se^ jy glo jy het kanker.

Harry ·

En jy het natuurlik al die wetenskaplike bewyse prof michael????

Johan ·

Dankie Micheal, ons moet maar net aanhou, die kriminele wat so lekker vrees verkoop moet in die pen ry, een of ander tyd.. maar eks bevrees tot dan gaan hulle nog baie skade maak.

Dirk Mostert ·

Die Nurenberg 2 hofsaak onder leiding van Reiner Fuelmich, wat laasmaand begin het, sal hopelik die belhamels aan die pen laat ry.

Marianna ·

Hoekom word Ivermectin nie as voorsorg aan mense deur die staat gegee nie? Is daar ‘n duistere rede hieragter? Dit lyk so. Iets wat help mag nie eens genoem word nie. As mense hulle self kan dokter met Ivermektin dan kan daar mos nie ‘n verspreiding wees nie. Maar dis mos die 15de Mei. Dis mos voorspel dat ons op hierdie datum in die derde vlaag gaan inbeweeg. Dit laat mens wonder.

Francois Le Cochon ·

Jy kan nie Doxil gebruik as jy nog nie kanker het nie. So ook kan jy nie Ivermektien gebruik as jy nog nie wurms het nie.

Adri ·

Ivermektien is bewys as ‘n suksesvolle voorsorgmaatreël en behandeling van covid.

Francois Le Cochon ·

Adri, bewyse tot dusver suggereer dat Ivermektien slegs moontlike verligting kan gee aan sekere simptome van covid. Dit verhoed glad nie dat jy nie covid sal kry nie, of maak ook glad nie die covid virus dood nie. Dit is dit.

MakersMark ·

Vriend van my 6 maande al op IM. CV19 gekry. Baie siek maar hospitaal vermy. So dit voorkom dalk die oorlading van die immuunsisteem deurdat dit die vinnige replikasie van die virus inhibeer wat goed is. Maar as jy blootgestel is sal jy siek word IM of nie.

Dirk Mostert ·

Indie se covid-sterftes het danksy Invermectin gedaal van 0.85 sterftes/miljoen/dag op 27 September tot 0.1/miljoen/dag op 24 Februarie. Die entveldtog het middel Januarie begin en was op dreef teen end Februarie. Daarvandaan het covid-sterftes gestyg tot 3.1/miljoen/dag gister. ‘n Paar dae gelede was dit 3.25/miljoen/dag. Die entveldtog het nou gestol weens ‘n entstof-tekort.

Drico ·

Dat covid werklik is stry ek nie, maar covid word gebruik om ons vrese aan te blaas. Niemand kan dit meer betwis dat daar n wêreld politieke agenda agter covid skuil nie. Syfers word baie beslis gemanupileer. Enige vaccine bevat die spesifieke virus. Met ander woorde, kry jy n griepinspuiting is dit presies wat jy kry, n inspuiting met die griepvirus daarin. Jou liggaam moet self teenliggaampies ontwikkel om te veg teen die griepvirus. Nou wat is covid dan? Dis n virus en dis presies waarmee die mense ingespuit word. Boonop het jy 2 vaccines nodig om effektief te werk, volgens die slim mense. Dis winter en gewone wintersiektes gaan beslis nou kop uitsteek. Mense wat die vaccine gekry het gaan ook siek word en positief toets, dis net logies. Al keuse wat oorbly, elkeen moet sy eie gesonde verstand gebruik en homself sover moontlik gesond probeer hou, want stap jy die hospitaal in dra hul jou uit reguit graf toe!

KB ·

En steeds bly Limpopo se syfers laag. Ek glo nie een syfer van hierdie data nie. Dis om van te lag.

Hoekom ·

Die WGO het van die begin af dit verkeerd hanteer en geweier om die land verantwoordelik te hou waar dit ontstaan het, en nou wil hulle weer iets sê. As jy mooi kyk na hulle geledere sal ons ook verstaan hoekom. Die VN wat die WGO insluit is ook maar net nog ‘n organisasie wat lei onder “BEE”. Dit is nie uniek tot SA nie…

Hoekom moet jy ‘n masker dra as jy ingeënt is, omdat Biden dit gedoen het? Hoekom dan in die eerste plek inent, as dit nie rerig jou lewe gaan verander vir die beter nie? Dan dra ek maar eerder net my masker en hoop vir die beste…

MakersMark ·

Die Barrington deklerasie is gelukkig verwerp deur outoriteite vir goeie wetenskaplike redes. Dit onder andere promoveer dat die virus sy natuurlik gang moet gaan en die mensdom so “herd immunity” moet kry sonder om die impak van weghol infeksies op sosiale en ekonomiese vlakke te bereken. Die John Snow Memorandum wat deur meer dokters en wetenskaplikes onderskryf is beveel CV19 beheer maatreëls aan soos vandag deur wetenskaplikes onderskryf word. Dit sê onder andere beheer van infeksies onder jonger meer mobiel ouderdomsgroepe sal die hele bevolking beskerm. Gelukkig is die wetenskaplike aanbevelings deur wêreld regerings gevolg en aanbeveel. Barrington is in ” file 13″.

MakersMark ·

Moet nie kwaad wees vir die wetenskaplike feite of die wat by die reèls hou nie. As die inkomste geval het agv CV19 wees geduldig dit sal weer terugkom….

Dirk Mostert ·

Indie se 260,000 sterftes in die 16 maande van die “pandemie” = 16,250/maand. Met ‘n bevolking van 1,300 miljoen en lewensverwagting van 70.8 jaar kan 18.31 miljoen sterftes per jaar verwag word of 1,526,000 per maand. Covid-sterftes is maar 1% van alle sterftes. Wonder hoeveel “covid-sterftes” is deur lykskouings bevestig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.