Covid-19-statistieke: Meer as 3,4 miljoen toetse in SA gedoen

(Argieffoto:
Alexas_Fotos/pixabay)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Sondagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 587 345 gevalle is tot dusver aangemeld met 3 692 nuwe gevalle wat bevestig is.

Altesaam 3 400 638 toetse is reeds gedoen, waarvan 22 609 toetse sedert die vorige verslag.

Nog 162 Covid-19-verwante sterftes (70 van die Oos-Kaap, 27 van Gauteng, 21 van KwaZulu-Natal, ses van die Vrystaat, 18 van Noordwes en 20 van die Wes-Kaap) is aangemeld. Dit bring die dodetal op 11 839 te staan.

Minstens 472 377 persone het reeds herstel en dit verteenwoordig ʼn herstelkoers van 80%.

 

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap8400614,3
Vrystaat318705,4
Gauteng19963534,0
KwaZulu-Natal10538317,9
Limpopo115732,0
Mpumalanga212893,6
Noordwes232504,0
Noord-Kaap78401,3
Wes-Kaap10244917,4
Onbekend500
Totaal587345100

 

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap251778862
Vrystaat51915819
Gauteng2915159712
KwaZulu-Natal167278909
Limpopo15910281
Mpumalanga18918430
Noordwes19414980
Noord-Kaap944515
Wes-Kaap358090869
Totaal11839472377

 Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter ·

Word hierdie getalle geoudit? Suid Afrika se infeksiekoers is van die hoogste in die wêreld, maar die res van Afrika is taamlik ongeskonde, selfs die plaaslike informele nedersettings waar sosiale distansiëring nie werklik geld nie. Die getalle en grendeltyd word aangewend om persoonlike beskermde drag deur korrupte praktyke aan te koop. Dit het ‘n geldmaakfoefie geword soos die verbod op drank en sigarette.

Kosie ·

Ek dink die grootste wonderwerk is dat niemand die jaar gesterf het aan griep nie. Laasjaar het 15000 gesterf aan griep, maar wonder bo wonder is niemand die jaar dood aan griep nie en die ekonomie is geknak. Goeie werk ouens, doen so voort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.