Covid-19-statistieke: Meer as 35 000 het herstel

Argieffoto (Foto: Gerd Altmann/Pixabay)

Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Vrydagaand laat die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 62 927 persone het reeds positief getoets vir Covid-19 waarvan 35 008 (56,5%) persone reeds herstel het.

Nog 70 Covid-19-verwante sterftes is aangemeld: 39 in die Wes-Kaap, 30 in die Oos-Kaap en een in Limpopo. Die dodetal staan op 1 354 (2,2%).

Altesaam 1 060 426 toetse is reeds gedoen.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap861513,9
Vrystaat4350,7
Gauteng878114,2
KwaZulu-Natal35735,8
Limpopo2880,5
Mpumalanga2430,4
Noordwes8651,4
Noord-Kaap1380,2
Wes-Kaap3892662,9
Onbekend630,1
Totaal61927100

 

Sterftes en herstel: 

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap2084393
Vrystaat9189
Gauteng572948
KwaZulu-Natal641572
Limpopo4175
Mpumalanga1116
Noordwes5128
Noord-Kaap152
Wes-Kaap100525435
Totaal135435008

 

Ouderdomme:

OuderdomSterftesPersentasie
0-930,2
10-1930,2
20-29191,4
30-39826,1
40-4916912,5
50-5932624,1
60-6936827,2
70-7924017,7
80-891077,9
90-99292,1
Onbekend80,6
 1354100

 

Geslag: 

Mans (%)Vroue (%)OnbekendTotaal
684 (50,5)668 (49,3)2 (0,2)1354

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pappa Beer ·

Dis nou vir my interresant, hoe die dodesyfer wys dat daar n persentasie is vir mans, vroue en ONBEKEND! Kon julle nie sien of dit n man of n vrou is wat dood is nie!?! En die regering verwag ons moet syfers en statistieke glo? ASSEBLIEF!

Sune van Heerden ·

Dagsê Pappa Beer

Die gevalle word as “onbekend” aangedui wanneer die sterftesertifikate of doktersertifikate nie volledig ingevul is nie.
Die departement van gesondheid moet in hierdie gevalle eers wag vir bevestiging voordat die statistieke bygewerk kan word.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Neestemmer ·

Lyk my die ANC se “Lockdown” is vreeslik effektief???? Dink net hoeveel mense sou doodgeggan het as hulle mense op die strand toegelaat het!

Nee wat, hierdie jaar se griepvirus gaan sy gang gaan en dit sal eintlik eers weer nuuswaardig wees as ons die 11700 dodetal oorskry, dis hoeveel mense laasjaar aan griep in SA dood is……maar die jaar moet al die gesonde mense by die huis bly?

Agietjie ·

Intussen (volgens ‘n ander berig) het daar reeds vanjaar 5 miljoen mense wereldwydaan hartaanvalle, hipertensie en nierverwante siektes gesterf. Vergelyk dit met 430 000 aan Covid 19

Kobus ·

Ek is nog steeds bekommerd oor die berigte 208 mense wat se lewe net aan ‘n draadjie hang as gevolg van die Covid-19….al vir die afgelope 10 dae.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.