Covid-19-statistieke: Meer as 6 000 gevalle op een dag

Argieffoto (Foto: fernando zhiminaicela/Pixabay)

Altesaam 6 130 nuwe bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus is in die afgelope 24-uursiklus in Suid-Afrika aangemeld. Dit bring die algehele getal Covid-19-gevalle in die land op 144 264 te staan.

Só het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Maandagaand aangekondig toe hy die jongste Covid-19-statistieke vir die land bekendgemaak het.

Nóg 73 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig wat die landwye totaal op 2 529 en die sterftekoers op 1,8% te staan bring.

Altesaam 43 van die sterftes is in die Wes-Kaap aangemeld, gevolg deur tien in die Oos-Kaap, ses in KwaZulu-Natal, ses in Gauteng, vyf in Limpopo, twee in Noordwes en een in Mpumalanga.

Altesaam 70 614 pasiënte het egter in dié stadium reeds herstel, met ʼn herstelkoers van 48,9%.

Meer as 29 911 toetse uit 1 596 995 is in die afgelope 24-uursiklus gedoen. Altesaam 858 828 toetse is in die privaat sektor gedoen, wat meer as die helfte (52%) van die toetse uitmaak. ʼn Totaal van 771 167 toetse is in die openbare sektor gedoen.

Die ouderdomsgroep wat tot dusver steeds die meeste sterftes aangeteken het, is mense tussen 60 en 70 jaar oud (667 sterftes). Dit verteenwoordig 26,4% van die algehele getal sterftes. Nog ʼn kwart van die sterftes (23,8%) wat aangeteken is, was pasiënte tussen 50 en 60 jaar oud.

Meer mans het tot dusver aan Covid-19 omgekom. Altesaam 1 327 mans het sover gesterf wat 52,5% van die algehele getal sterftes uitmaak.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.