Covid-19-statistieke: Minder as 1 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Ronny Hartmann/AFP)

Altesame 889 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ’n totaal van 3 722 954 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 5,3%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (42%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (25%) en die Wes-Kaap (19%). Die totale aktiewe gevalle is 11 781.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 100 050 nadat nog vier sterftes aangemeld is, waarvan een sterfte in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ’n voortgesette oudit kan daar ’n agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 611 123 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 97%.

Suid-Afrika het tot dusver 23 909 698 toetse vir Covid-19 gedoen, 16 685 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur vier hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 1 907 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 33,8 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap43670
Vrystaat331 272
Gauteng3694 853
KwaZulu-Natal2263 546
Limpopo892
Mpumalanga23428
Noordwes17610
Noord-Kaap3186
Wes-Kaap167124
Totaal88911 781

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 588328 077
Vrystaat7 654193 578
Gauteng20 6611 185 359
KwaZulu-Natal16 048641 709
Limpopo4 586151 203
Mpumalanga4 705188 223
Noordwes4 721187 784
Noord-Kaap3 218105 549
Wes-Kaap21 869629 641
Totaal100 0503 611 123

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sarie ·

En nou wag almal vir die opheffing van die disaster. Maar is hul voorbereid vir die nuwe wetgewing? Of gaan hulle maar soos paddas in lou water le, tot die water kookpunt bereik?

Oom Kaspaas ·

Dit was ‘n goeie naweek vir die Noord Kaap ! Na weke en weke se 2796 aktiewe gevalle het hulle die naweek omtrent almal hestel ! Nog net 186 aktiewe gevalle

Piet 6 ·

Wes Kaap het 167 nuwe gevalle, maar slegs 124 aktiewe gevalle, kan iemand dit verklaar. Geen wonder dat niemand die syfers wil glo nie.

VaalDonkie ·

Aktiewe gevalle is seker gevalle wat voorheen aangemeld is.

Hendrik Daniël ·

Die wêreld se weeklikse C19-sterftes is nou ook so laag (soos SA s’n) as wat dit laas in die begin van die pandemie was. Gaan kyk Johns Hopkins-grafieke.
Die lande met tans die hoogste weeklikse nuwe C19-gevalle (bokant 300 000), is almal lande met hoë vol-inentingspersentasies (Our World in Data): Suid-Korea (86.7%), Duitsland (75.3%), Viëtnam (79.2%), Frankryk (77.8%), VK (72.5%), Italië (79.2%), Australië (82.4%), Japan (79.9%).
Dit is nog steeds ‘n slegte resultaat vir inentings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.