Covid-19-statistieke: Net meer as 1 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Altesame 1 094 nuwe gevalle van Covid-19 is aangemeld, wat die getal laboratoriumbevestigde gevalle landwyd op 3 642 905 te staan bring. Altesame 3 508 249 mense het reeds van die virus herstel, ʼn koers van 96,3%.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is daar 37 406 aktiewe gevalle landwyd. Net drie sterftes is in die 24 tot 48 uur voor die verslag aangemeld, hoewel altesame 254 vorige sterftes nou by die syfer bygewerk is. Die algehele sterftekoers staan op 97 250.

Nuwe gevalle daal steeds.

Die getal nuwe gevalle wat positief is, staan nou op 6,9%, laer as die 8,1% van ʼn dag tevore. Die sewedaggemiddeld is nou 8,2%, ook laer as die 8,3% van die vorige dag.

Maandag is 15 930 laboratoriumtoetse vir Covid-19 gedoen. Die meeste nuwe positiewe gevalle is steeds in Gauteng (44%), gevolg deur die Wes-Kaap (16%), KwaZulu-Natal (13%), Mpumalanga (10%), Noordwes (6%), die Vrystaat en Limpopo (4% elk), die Oos-Kaap (3%) en die Noord-Kaap (1%).

Tans word 3 967 mense met Covid-19 in hospitale behandel, nadat 44 mense sedert die vorige verslag met die virus opgeneem is.

Volgens die departement van gesondheid is 63 764 dosisse van die entstof Maandag toegedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jan

Het Maroela media al die moeite gedoen om plaaslike en internasionale Covid statistiek te ontleed en te vergelyk met griep verwante sterftes in ander jare. Daar is ń studie in SA gedoen 2009 tot 2013 waar 300 000 griep verwante sterftes in SA was. Dit is 60 000 per jaar. Heelwat minder as die ongeveer 50 000 per jaar sedert die sg uitbraak van die pandemie. En dan weet ons dat baie sterftes met Covid, Covid nie te oorsaak van die sterfte was nie. Selfs die internasionale sterfte syfers is werklik nie kommerwekkend nie. Net die feit dat Covid statistiek… Lees meer »

VaalDonkie

Ek wil graag ook so een of twee goed weet. Bv.

1. Wanneer hou hierdie sterfte-oudit op? en
2. Waarom is dit altyd rondom 200 sterftes wat hulle “vind”?

Witbaard

Volgens hierdie statistieke is daar 5 mense uit 60 miljoen mense die afgelope 2 dae dood weens covid. Nou vra ek. WAAROM DIE RAMPTOESTAND VERLENG?????? Regering se redes is pateties.

Marius

Wat ‘n klomp duimsuigery, maar die ramptoestand word verleng om die klugspul te ondersteun.