Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Dinsdagaand bevestig nog 82 Covid-19-verwante sterftes is aangemeld.
Altesaam 968 070 toetse is gedoen en 52 991 Covid-19 gevalle is tot dusver in Suid-Afrika bevestig.
“Minstens 61 persone het in die Wes-Kaap gesterf, elf in die Oos-Kaap en 10 in Gauteng. Dit bring die dodetal op 1 162 te staan. Dit verteenwoordig 2,2%,” het Mkhize gesê.
Tot dusver het 29 006 persone (54,8%) reeds herstel.
Provinsiale statistiek:
Provinsie | Gevalle |
Oos-Kaap | 6760 |
Vrystaat | 391 |
Gauteng | 6546 |
KwaZulu-Natal | 3255 |
Limpopo | 253 |
Mpumalanga | 184 |
Noordwes | 604 |
Noord-Kaap | 122 |
Wes-Kaap | 34819 |
Onbekend | 57 |
Totaal | 52991 |
Sterftes en herstelkoers:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 138 | 3514 |
Vrystaat | 9 | 162 |
Gauteng | 57 | 2575 |
KwaZulu-Natal | 62 | 1566 |
Limpopo | 3 | 158 |
Mpumalanga | 1 | 111 |
Noordwes | 1 | 88 |
Noord-Kaap | 1 | 41 |
Wes-Kaap | 890 | 20791 |
Totaal | 1162 | 29006 |
Ouderdomverspreiding:
Ouderdom | Sterftes | Persentasie |
0-9 | 2 | 0.2 |
10-19 | 3 | 0.3 |
20-29 | 16 | 1.4 |
30-39 | 65 | 5.6 |
40-49 | 136 | 11.7 |
50-59 | 277 | 23.8 |
60-69 | 320 | 27.5 |
70-79 | 218 | 18.8 |
80-89 | 95 | 8.1 |
90-99 | 27 | 2.3 |
Onbekend | 3 | 0.3 |
1162 | 100 |
Geslag:
Manlik (%) | Vroulik (%) | Onbekend | Totaal |
606 (52,5%) | 555 (47,8%) | 1 | 1162 |
Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.



O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
‘Verwante sterftes’. Is 82 mense dood aan die virus of dood aan selfmoord as gevolg van die virus lockdown?
Wat my bekommered het is die herstel syfer van Noord Wes. Ek bly self in Noord Wes.
Hoekom herstel die ander provinsies soveel beter as Noord Wes?
Wat doen hulle anders?
Ek sal graag wil weet waar in die Wes Kaap is die baie mense aan die virus siekte oorlede?>? In plakkerskampe en dan waar of is dit in die stede en wat v an die platteland???
Dis verbaas my glad nie dat mens nou geen stats kry van hoeveel TB en HIV sterftes daar in SA per dag is nie. Die syfers wat deurgegee word aan WHO is net om hulle tevrede te hou! Hoeveel lande in die wereld se Covid gevalle het nie nou al 100% gesond geword nie? 67 lande het glad geen gevalle al vir ‘n paar dae gehad nie…. dan is die sterftes nog steeds net 0.005% van die wereld populasie
“Covid-19-verwante sterftes” – m.a.w. dis nie te sê die mense was wel positief vir Corona nie. Hulle kon netsowel diabetes, hoë bloeddruk, HIV, griep, asma, bronchitis of longonsteking gehad het, maar nou het almal sommer Corona. Nee wat, ek glo niks meer wat aan ons opgedis word nie.