Covid-19-statistieke: Nuwe gevalle bly daal

Byna 15 miljoen toetse vir Covid-19 is reeds in Suid-Afrika gedoen. (Foto: Unsplash)

Die getal nuwe Covid-19-gevalle wat Sondag aangemeld is (8 791), is minder as ʼn dag tevore (12 528) en ook laer as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die vorige sewe dae (11 272).

Volgens die nasionale departement van gesondheid het die sewedaggemiddeld van nuwe gevalle ook gedaal.

Die algehele getal bevestigde Covid-19-gevalle staan tans op 2 456 184, wat die positiwiteitskoers op 23% te staan bring. Daar is nou 153 122 aktiewe gevalle in Suid-Afrika en 2 230 871 mense het reeds van die virus herstel.

Nog 178 sterftes is bevestig. Die algehele sterftesyfer is 72 191.

Die Wes-Kaap (27%) het steeds die meeste nuwe Covid-19-gevalle, gevolg deur Gauteng (23%), KwaZulu-Natal (20%), Mpumalanga (9%), die Oos-Kaap en Noordwes (5% elk), die Vrystaat en Limpopo (4% elk) en die Noord-Kaap (3%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Oos-Kaap: 478
  • Vrystaat: 373
  • Gauteng: 2 040
  • KwaZulu-Natal: 1 796
  • Limpopo: 323
  • Mpumalanga: 787
  • Noordwes: 432
  • Noord-Kaap: 229
  • Wes-Kaap: 2 333
  • Totaal: 8 791

Nog 204 mense is in hospitale opgeneem vir Covid-19-behandeling. In hierdie stadium word 7 963 mense in private hospitale en 7 678 mense in staatshospitale vir die virus behandel. Dit is ʼn totaal van 15 641.

Net 17 390 inentings is Sondag gedoen en meer as 7,5 miljoen mense is tot dusver teen Covid-19-ingeënt.

Inentings per provinsie:

  • Oos-Kaap: 983 987
  • Vrystaat 410 378
  • Gauteng: 1 848 934
  • KwaZulu-Natal: 1 444 545
  • Limpopo: 836 125
  • Mpumalanga: 361 401
  • Noordwes: 389 401
  • Noord-Kaap: 139 796
  • Wes-Kaap: 1 153 305
  • Totaal: 7 567 757

Byna 15 miljoen toetse vir Covid-19 is reeds in Suid-Afrika gedoen. Net meer as 38 000 toetse is in die afgelope 24 uur gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Frank John ·

Dis nogtans te hoog. Here, ons onderwerp aan U leiding, help ons in Jesus Naam.

OW ·

Roep My aan in die dag van nood.Ek sal jou verlos en jy sal My eer.Ps 50:15.

MakersMark ·

Verhoogde inperkings werk altyd. Derde golf derde daling. September inperkings vlak 1 of 2, Desember golf 4. Januarie inperkingsvlak 4…..net inenting van > 70% van die populasie sal die sirkus breek.

Esme ·

Ek twyfel dat kudde immuniteit ooit bereik sal word. Die WGO gaan elke dan en wan ‘n nuwe besending variante uitstuur wat nie deur bestaande inentings beheer gaan word nie. En elke paar maande gaan die toue weer staan vir ‘n ‘booster’ om nog ‘n nuwe variant te probeer beheer.

Samuel ·

Wat gaan in die Wes-kaap gebeur met stygende infeksie getalle? Hoop nie Cameron Dugmore, Wes-Kaapse leier van die ANC, kry sy sin om die provinsie ingeperk te kry soos onlangs in Gauteng nie.

Colette ·

Dit is baie duidelik dat die Wes Kaap en KZN se gevalle begin toeneem. Huidiglik rapporteer WC die meeste daaglikse gevalle wat toon dat ons lank nog nie deur die 3de golf is nie.

Ek dink nie die pers moet algemene uitlatings maak soos om te sê dat gevalle daal nie. Dit moet op provinsiale vlak ook na gekyk word voordat enige sulke uitsprake uitgelewer kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.