Covid-19-statistieke: Nuwe gevalle daal drasties  

Argieffoto (Foto: GautengProvince/Twitter)

Die getal nuwe Covid-19-gevalle wat Sondag aangeteken is, het met sowat 33% afgeneem teenoor die gevalle wat Saterdag aangemeld is. Net 414 nuwe gevalle is Sondag aangemeld, teenoor die 619 gevalle Saterdag. Net 1,8% van mense wat Sondag vir Covid-19 getoets het, het positief getoets, ʼn verdere daling van 0,5% sedert Saterdag.

Volgens die departement van gesondheid se statistieke is 18 mense Sondag vir Covid-19 in die hospitaal opgeneem. Altesaam 25 mense is aan die virus dood. Amper 22 800 mense in Suid-Afrika het tans Covid-19 onder lede, waarvan 4 900 (21%) van dié mense in ʼn hospitaal vir Covid-19 behandel word.

Die meeste nuwe gevalle is weer in die Wes-Kaap aangeteken, hoewel net 93 nuwe gevalle Sondag hier aangemeld is. In Gauteng is 87 nuwe gevalle aangeteken en in KwaZulu-Natal 67. Limpopo het net sewe nuwe gevalle van Covid-19 aangeteken.

Mpumalanga het egter tans die minste aktiewe gevalle (342). Die provinsie met die meeste aktiewe gevalle is steeds KwaZulu-Natal (8 366), gevolg deur die Wes-Kaap (4 720) en dan die Noord-Kaap (2 173). Gauteng het 1 003 aktiewe gevalle. Dit is minder as dié van Limpopo (1 126).

Altesaam 17 558 mense is Sondag teen Covid-19 ingeënt, heelwat minder as die 50 000 wat Saterdag ingeënt is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

annie ·

En nou moet die jeug en die kinders die res van die entstof opgebruik as proefkonyne vir die maatskappye wat hul resepte moet pledge aan Kaapse kapers… voor en te midde van die eindeksamens in ‘n reeds slegte jaar. Maar die ANC stu voort op sy strompelpad van verval.

MakersMark ·

ANC het niks met CV19 of entstowwe uit te waai nie dis heeltemal te vêr bo hul intellektuele kapasiteit.

Cobus ·

Daarom moet dit juis nie deur hulle “enforce” word nie.

Kwikkie12 ·

Haar naam is Melissa Strickler Psizer het ook nou van haar ontslae geraak.

Anel ·

En na die verkiesing slaan die 4de vlaag ons van ons voete af. Nou al so siek vir hierdie paranoia. Hierdie is een van die grootste misdade teen die hele mensdom, om nie te praat van die verpligte ongetoetsde, nie 100% gewaarborgde spuit nie. Veral as mens nie weet wat daar in is nie. En dit is ook die grootste bedrog, geldmaak storie tot vandag toe, nog.

Nicolaas Hendrik ·

Francois ek glo nie jy weet waarvan jy praat nie,

Danie ·

Cherokee, nog steeds nie n antwoord op my vraag nie. Ek vra weer, wie verplig jou om die entstof te vat? Dis werklik nie n moeilike vraag nie, is dit?

Shakespeare ·

Julle wat my n afduimpie gee. Glo julle in RSA statistieke en Regering wat net die waarheid praat en onbevoegde kaders wat die werk reg doen ? Toemaar, ek sal vir julle n afspraak maak met Liewe Heksie en Kersvader.

Vlooitjie ·

Nee jong, die pro vax mense wil nie eers kyk hierna nie maar ek stem volkome saam. As jy die somme maak dat is 2+2 in die geval nie 4 nie.

Jakkie ·

Wens Suid Afrikaners wil bietjie meer positief raak. Soveel negatiewe kommentaar.

Cherokee ·

Ag Jakkie, dink net hoe vervelig die debatte sal wees as almal saamstem.

Vlooitjie ·

Interessant dat die gevaarlike anti vaxxers nou minder mense ook aansteek lyk dit my.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.