Covid-19-statistieke: Nuwe gevalle styg steeds skerp

(Argieffoto: Unsplash)

Byna 66 000 Covid-19-toetse is sedert die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se vorige verslag oor koronavirussyfers gedoen en altesame 16 055 nuwe gevalle is aangemeld.

Die styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 24,3% en 3 004 203 positiewe gevalle is bevestig sedert die uitbreking van die pandemie. Altesame 2 852 898 mense het reeds van die virus herstel.

Nog 25 sterftes is intussen bevestig, wat die algehele syfer op 89 944 te staan bring.

Hoewel al hoe meer gevalle nou ook in ander provinsies aangemeld word, is verreweg die meeste nuwe gevalle steeds in Gauteng (72%). Die provinsie word gevolg deur die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal (6% elk), Noordwes (5%), Mpumalanga (4%), Limpopo (3%), die Vrystaat en Oos-Kaap (2%), met die Noord-Kaap op 1%.

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Oos-Kaap: 292
  • Vrystaat: 296
  • Gauteng: 11 553
  • KwaZulu-Natal: 897
  • Limpopo: 500
  • Mpumalanga: 662
  • Noordwes: 805
  • Noord-Kaap: 93
  • Wes-Kaap: 957
  • Totaal: 16 055

In hierdie stadium is 24,3% van toetse positief, hoër as die gemiddelde 22,4% van ʼn dag tevore. Die sewedaggemiddeld staan tans op 14,7%, ook hoër as die gemiddelde 12,6% van die vorige dag.

Nog 279 mense is in hospitale vir behandeling van Covid-19 opgeneem en altesame 3 202 mense word tans in private en staatshospitale vir die virus behandel.

Intussen is nog 147 147 dosisse Vrydag toegedien en ʼn bykomende 101 435 mense is nou ten volle ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

149 Kommentare

Hannes ·

Ek neem aan jy bly iewers in ‘n grot. Behoede die dag wat jou gesondheid die knie buig onder Covid.

piet ·

Dis reg so, maar as jy dit kry dan bly jy by die huis en drink net panado’s en sluk vatamienpille. Moenie ons gesondheidsdienste dan gaan belas met jou “verkouetjie” nie.

Francois Le Cochon ·

Ek neem aan jy ken niemand wat doodversmoor het van covid.

Erik ·

Ek is net so dankbaar ek is ingeënt. Geen stres verder nie…

Thom ·

Gaan kyk maar na werklike statistiek en herevalueer dan maar ons droomwereld ___ geente pasiente is meer as 95 % seker dat inkubasie nie sal nodig wees nie . Indien mediesfondse julle begin belaai sodat julle nie op ons rue ry nie , kan julle gerus doen wat julle wil ; mens kan ‘n perd by die water bring maar kan hom nie maak drink nie .

Christine ·

Hoe kan die mediesefonds my belaai as ek gesond is, nog nooit covid gehad het, in die hospitaal of dokter was nie, ‘n gesonde lewe ly? Wat gaan die mediesefonds se grondige rede wees om my dan te belaai? Ek kan verstaan as iemand in ‘n motorongeluk was, sy assuransie premies opgaan, maar hoe gaan my mediese premies opgaan as ek nie eens eise het nie?

Erik ·

Hannes, verduidelik? Van die 300 opnames hier by Medi-Clinic agv Covid die afgelope tyd, was slegs 6 mense nie ingeënt nie en geen van die sterftes was mense wat ingeënt is nie. Ek het dit nie gelees nie, die Covid dr (internis) het dit self vir my gesê.

Hannes ·

My moeder, my skoonsus, my nig… almal ingeënt; my moeder is oorlede 7 weke na inenting, my skoons sus, almal in gesin aangesteek en was vrek siek. Verlede week my nig, Omicron, sy is nou vrek siek. Redelik persoonlik, so geen “hoor sê” of fop nuus lees noe.

Erik ·

Hannes, hoe oud was jou moeder en het sy altwee inentings gehad? Is sy oorlede a.g.v. die inenting, of ouderdom?

Hannes ·

My ma was 65, ten volle ingeënt, dink jy regtig ek sal dit aanhaal as sy weens ouderdom oorlede is?
Die menslike natuur, selfregverdiging… “Phizer of J&J… gelukkig het ek Phizer gekry” Volgende vraag is seker hoeveelste booster het jy? En so sal dit aanhou.
Die keuse wat jy maak sal jy ten all koste verdedig, dan voel dit mos reg,

Dirk Mostert ·

Mens gaan nie van ouderdom dood op 65 nie. Dan is jy nog nat agter die ore.

Dirk Mostert ·

As sy positief getoets was voor haar dood sou ouderdom nie ter sprake gekom het nie en was sy outomaties as ‘n ‘n covid-sterfte geklassifiseer. Wees konsekwent!

JohnnyS ·

Hannes daar is niemand so blind soos die wat nie wil sien. Jy mors jou tyd om die jabbers te oortuig. Hulle sal nooit die wetenskaplike feite erken dat die “vaccine” nie die wonder kuur is wat hule dink.

Dirk Mostert ·

294 Opnames geent en 6 nie? Dis nie oortuigende reklame vir enting nie!

Erik ·

Dirk, jammer, verkeerd getik. Van die 300 opnames, was slegs 6 ingeënt. Nie een van daardie 6 is oorlede nie.

piet ·

Beslis. Doen wat jy kan om jouself, jou gesin en ander te beskerm. Laat mens ook goed voel dat jy jou pligte as ‘n gehoorsame en patriotiese burger nagekom het.

JohnnyS ·

piet – weereens as ek myself inent, hoe beskerm dit my gesin en ander. En jammer ek is geensins ‘n slaafse ANC patriotiese burger. Glo jy maar hulle leuens.

piet ·

Jy gaan stres as hulle jou begin uitsluit en dis sommer net om die draai.

Mercia ·

Nie almal is oppervlakkige plesiersoekers nie piet. Dit gaan dalk ongemaklik wees wanneer daar besluit word om op so ‘n manier te diskrimineer….. maar baíe mense in hierdie wêreld is al deur diskriminasie en het heel aan die anderkant uitgekom. Mens lê nie sommer jou oortuigings en belewenisse neer vir ander om te vertrap ter wille van bietjie gemak nie. Daar waar die deure toeklap sal die vensters maar weer oopgaan…….

Christine ·

Hou op om in vrees te leef, en staan op vir almal se vryheid.

MakersMark ·

M ek hoor by die Tannie van die kooperasie op bultfontein (wat ook intussen ingeent is) dat daar kom ‘n inentings paspoort jy sal nie eers braaihoender of vetkoeke by die vendusie kan koop sonder dit nie vergeet nog van die dans in die stadsaal. Klink erg.

Mercia ·

Shame MarkersMark bly jy op Bultfontein? Die dat braaihoenders, vendusie vetkoeke en stadsaal danse op jou radar is? So bly jy gaan nie uitmis op daardie “next level entertainment ” nie! Stuur tog vir ons ‘n fototjie om vir ons te wys hoeveel ons mis……hahaha hahaha!

MakersMark ·

Nee wat ek reis oorsee vir entertainment. Ongelukkig ingeperk gedeeltelik deur die antivaxers wat nuwe variante uitbroei. Maar die inentingspaspoort sal dit gou regmaak. O sorry ek lei af van die kommentaar dit was dalk meer jou styl. Ek neem aan die tipe aktiwiteite is dalk te gesofistikeerd vir die mentaliteit wat jou aanmerkings weerspieel. Jammer man het jou level oorskat. Wys jou “assumption” is altyd verkeerd. Dis altyd erger as wat dit lyk.

Christine ·

MaskersMark en jy dink dis reg? Dit ontneem mense hul vryheid, hoe kan jy dit goedpraat? Mense raak gek om ons almal se vryheid vir die spuit te verkoop. Hierdie is die begin van onderdrukking.

MakersMark ·

Ek dink nie ek is reg nie. Regerings raak siek en sat van die anti vaxxers teoriee dat dit van die antichrist is, die merk van die dier is, mense se DNA verander, dis als net ‘n leuen, die syfers word gekook, dra van maskers maak jou siek, inentings maak mense magneties of sterile, en al die ander middeleeuse sameswerings teoriee. Terwyl ekonomieë moet sukkel met vlaag na vlaag, variant na variant, mense verloor hulle werke, mediese geriewe oorlaai is met siekes. So niemand word gedwing nie, die anti vaxxers gaan net effens moeiliker oor die weg moet kom. Dis hul keuse hou net op kla oor die “groot verdrukking”, en oefen dan jou keuse uit, lewe net saam met die gevolge en hou op kerm op sosiale media. Ek persoonlik dink inentings paspoorte is fantasties. In elk geval as enige iemand jonger as 60 is en in SA skool gegaan het moes jou ouers jou inenting sertifikaat wys voor jy vir graad1 ingeskryf is. Dit was seker ook die merk van die dier.

Irma ·

Mercia, ek weet belis, dat waar daar deurde toegemaak word word daar beter deure vir ‘n mens oopgemaak.

Christine ·

Dis die drakoniese optrede van die Hitler- gespuis om mense se regte en vrye keuse na hul eie liggame weg te neem. Dis die tipe dinge waarteen ons moet opstaan. Julle volg die verkeerde mamon, ipv om op te staan vir ons vryhede wat ons een na die ander in die toekoms gaan moet opgee.

Christine ·

Net jammer almal by my werk in een departement is nou positief en almal is ten volle ingeent.

MakersMark ·

Dis moontlik. Definetief. En dis waar die antivaxers se denke ophou. Kyk na wereldwye statistiek en kyk na hospitaal admissies en sterftes vir CV19 ‘n jaar terug en nou. (As jy nie glo die syfers is gekook, aangepas of deur die new world order of “hulle” gefabriseer” nie.) Erge siekte en sterftes het 90% afgeneem onder ingeentes. So mense (ingeentes) word minder siek, keer gouer terug werk toe, vermy “long covid”, oorlaai nie mediese geriewe en kos mediese fondse biljoene dollars nie. Die anti vaxxers skree “vryheid”, ek stel voor vra jou die volgende vrae en meet jou vryheid daarteen:
Skuld jy op ‘n motor, huis of kredierkaart?
Het jy ‘n selfoon?
Het jy ‘n id nommer en paspoort?
Het jy ‘n woonadres en posadres?
Is jy finansieel onafhanklik of werk jy vir die brood op jou tafel?
Het jy kinders of ander afhanklikes?

Is jy regtig meer “vry” sonder ‘n inenting?

john ·

Ai tog .. die jab gaan niks voor jou doen nie jy bly vatbaar en jy bly aansteeklik .Dit is nou albewys in lande met hoe inentings syfers is daar meer mense wat inge ent is in hospitaale as die wat nie is… Maar ja bly maar in jou fools paradise.

Anel ·

En so sal dit aanhou totdat ons volgende week op vlak 5 is vir die volgende 2 maande. Dit is mos so beplan. 25 mense dood maar hieveel is nie vermoor en in mitoro gelukke dood nie. Maar dit is niks. If selfmoord en selfs van honger. Maar nog steed is dit niks. Solank jy net nie verkoue kry nie! Hierdie spul wat nou so positief getoets word, hoe eel is eerklik siek tot op die randjie van die dood, hoeveel gaan werklik dood en hoeveel makeer in werklikheid niks? Hierdie is net ‘n magspel en geldmaakspul. Gauteng bestaan uit ‘n spul woonstel kinders. Kry nie son nie, speel rekenaarspeletjies is bang vir oefening. Die mense op die platteland word nie siek nie want hulle het nie tyd vir nonsens nie. Die spul in die stede raak paranoïes en histeriese oor enigiets, want hulle het niks beters om te doen nie. En die regering geniet dit.

ameli ·

Sjoe maar jy is bitter want onskuldige mense word sommer die spul genoem. Bly liewers stil voor jy mense beledig dink jy het niks betters om te doen nie. My kind bly daar en sy was positief geen simptome en glo my sy nie paranois en het baie om te doen. Gaan kry vir jou n stokperdjie want jy is vervelig

MakersMark ·

Die probleem hier is die tipe kwaliteit aanmerkings word elke dag geplaas asook die misinformasie dat CV19 net ‘n “verkoue” is, asook die onwetenskaplike aanmerkings dat inentings is die merk van die dier, menslike DNA verander, en mense selfs doodmaak. Kommentaar wat die tipe snert aanvat word nie geplaas nie.

Dirk Mostert ·

Moenie van wetenskap praat nie. Hierdie water is te diep vir jou. Gaan plas liewers in die babapoelietjie. As jy my CV moet sien sal jy jou kop in ‘n meerkatgat wil druk.

MakersMark ·

Ja sure ek het jou aanmerkings en interpretasie van statistiek gesien dit spreek van geniale kapasiteit en kennis. Genoeg vir regte wetenskaplikes om te wil verdrink in ‘n piering water met die aanskouing van sulke sotlikheid.

MakersMark ·

Sulke kommentaar kom gewoonlik van die wat nog nooit verder as hul tuinhekkie was nie en of te arm of onnosel is om in Gauteng te oorleef

Niklaas ·

Die inentings gaan my nie vrywaar teen aansteek nie. Ek het gaan in-ent maande na my herstel van die Covid 19, toe ek erg siek was. Nou skep ek eintlik net hoop en selfvertroue vir ‘n heelwat ligter tweede Covid siek periode, as ek weer besmet raak.

Nici ·

Jou natuurlike immuniteit sal meer vir jou doen as die sg inenting ooit kan.

Erik ·

Nici, natuurlike immuniteit het dan nie gewerk vir meer as 5 miljoen mense wat reeds wêreldwyd aan Covid gesterf het nie?

VaalDonkie ·

Erik, immuniteit kom na infeksie. As jy soos Niklaas reeds COVID gehad het, het hy nie nodig om die inspuiting te kry nie. Maar mense wat nog nie Covid gehad het nie, is nog nie immuun nie. Maak dit sin?

Erik ·

Vaaldonkie, dit maak glad nie sin nie. Wat as jy sterf agv Covid? Hoe bou jy immuniteit op as jy sterf? Ek het reeds Covid gehad, en is ingeënt. Party mense sterf aan Covid wanneer hul dit ‘n 2de of derde keer kry.

Thom ·

” Natural News (formerly NewsTarget, which is now a separate sister site) is a far-right, anti-vaccination conspiracy theory and fake news website known for promoting alternative medicine, pseudoscience, and far-right extremism. ”
Is dit hoegenaamd nodig om nog iets daaroor te skryf ?

piet ·

Far-right (die Amerikaanse ekwivalent van “Red Necks”), dis baie van ons Afrikaner-volkie se probleem. Gee die Afrikaner ‘n swak naam en diesulkes maak my skaam om as Afrikaner geidentifiseer te word. Die klomp leef steeds in Noag se ark.

Andre ·

Ja Thom, Dit moet skrikwekkend wees om te sien covid het twee kante. En dat pilletjies en aanvullings tog werk. Maar jou antwoord is die gewone fake fact checkers se anwoord, ek wonder wie is hulle borge? Soek tog sommer ook na: Pfizer Vaxx Safety Study Reveals….

Boekwurm ·

Mens! As jy positief toets vir covid, en het nie n inenting gehad nie en voel siek, bly tog asseblief by die huis! Moet nie dokter of hospitaal toe nie. Dit was tog jou eie keuse om nie die inspuiting te ontvang nie. So kom self reg.

VaalDonkie ·

Mens, as jy COVID suksesvol kan behandel met steroides, anti-inflammatoriese medikasie, en ‘n paar hoofpynpille, waarom is dit nodig om eksperimentele stowwe in jou liggaam in te spuit?

Dirk Mostert ·

Stem saam. Ons kom baie goed klaar sonder ‘n dokter of hospitaal.

Christine ·

By my werk in een departement is almal siek met die griep en almal is ten volle ingeent! Hoe nou???

Christine ·

Boekwurm, die oningeentes sal tuisbly, want hulle weet hulle is siek. Ek vrees die ingeentes wat met hul min simptome steeds gaan rondloop en die virus versprei soos by my werk waar die ingeentes in een departement nou almal bymekaar aangesteek het. Jul min simptome gaan julle verspreiders van die virus maak omdat julle gaan dink julle is nie siek genoeg om tuis te bly nie.

Papsak ·

Ag ek het niks gevat nie se weer glo net in God dit my wapen teen alle virusse hou op mense op hol jaag

Gideon ·

Beteken dit dat as jy in God glo gaan jy geen virus kry nie?

Alexander ·

Nou hoekom betaal jy nog ‘n versekeringspremie en sluit jou blyplek se deure?

MakersMark ·

Regtig ? En wat van die wat dieselfde geglo het en siek geword het en selfs gesterf het ? Het jy raad vir hulle of hul geliefdes ?

MakersMark ·

Al die afduime omdat al die wat agter godsdiens skuil nie daai vraag kan antwoord nie. Selfde met “wie is hulle”? Radiostilte.

Samuel ·

Hie eerlik is hierdie syfers? Is hierdie nie massa histerie nie?

Thom ·

Kan jy sommer dan ook vir ons vertel waarom dit gekook word aub ?

MakersMark ·

Elke dag is daar die spul wat die syfers bevraagteken. Meeste kan nie die 6 x tafel opsê nie maar hul weet van beter. Ek dink die Afrikaner is verder agter as wat ons dink.

piet ·

As ek sien hoe sommige van my mede-Afrikaners redeneer kry ek sommer ‘n gevoel van moedeloosheid oor my… en dan praat hulle van 30 persenters.

Erik ·

Pitbul, die regering maak die syfers bekend, maar hulle bereken nie die syfers nie. Dis meestal Afrikaners wat die drs en wetenskaplikes is wat die syfers deurgee.

Di ·

Weet nie waaroor kruisig mense mekaar oor wie ingeent en wie nie is nie. Dit is JOU KEUSE, elkeen het ‘n reg om sy eie besluite te neem. Mense luister te veel na al die TWAK wat amal uiter ook voor en nadele. Elke mens se gesondheid is uniek, nie almal word siek van Covid, nie almal word siek as hulle ingeent word en NET SO is daar mense wat dodelik siek word na die inentings of indien hulle wel Covid opdoen. Net soos my Geloofsoortuiging, sal NIEMAND vir my voorskryf wat ek moet doen of nie om ander gerus te stel nie.

Christine ·

Dis die media, die WHO, die medici wat hierdie geskille aanjaag, instede om mense oor te laat om vir hulself te besluit.

Jacobus ·

Let op die getal toetse. Die resultate pas die narratief om onpopulêre besluite te probeer verduidelik. Vernietigend!

piet ·

Nee, kyk na die positiwiteitskoers, dis eintlik die belangrikste. So dis die persentasie van mense wat positief toets op enige gegewe stadium van toetsing.

Dirk Mostert ·

Die positiwiteitskoers is manipuleerbaar deur die aantal konsentrasiesiklusse van die CPR toets te verander. Hoe meer siklusse hoe hoer die koers.

MakersMark ·

Sê die wetenskaplike wat tot nou nog nie glo die syfers word deur ‘n internasionale auditors firma verwerk nie. Geniaal. Of dalk nie……

piet ·

Ek sien ons verstaan nog nie. As ek op Maandag 10000 mense toets en ‘n duisend toets positief dan is die positiwiteietskoers 10%. As ek op Woensdag 30000 mense toets en 6000 toets positief, is die positiwiteitskoers 20%. Kan ons nou sien dat daar ‘n probleempie begin ontwikkel of moet ek nog verduidelik?

MakersMark ·

Piet meeste kan nie daai som doen nie. Maar hul weet beter as ouditeurs en wetenskaplikes. Lyk my spoeg en plak as ‘n vak op skool maak ‘n genie op sosiale media……

Mercia ·

Ok kyk…..al wat julle 3tjies regkry in julle kommentaar tot dusver is om soos hoërskoolseuns te lyk wat besluit het om te begin gym. Nou staan en “flex” julle julle “spiere” in die spieël en vertel vir mekaar hoeveel “beter” julle as die res van die ouens in die gym lyk.
Ek dink ek het dit in ‘n vorige kommentaar geplaas…..Om die res van die komentators hier te beledig deur ‘n direkte verband te probeer maak tussen hulle oortuigings en hulle intelligensie werf nie juis ondersteuning vir julle “spuit ten alle koste” veldtog nie……Inteendeel skep dit net die indruk van arrogansie en selfverheffing wat nie juis eerlike gesprek inspireer nie.

piet ·

Daar is beslis ‘n korrelasie tussen intelligensie en redenasievermoe van sommiges hier, dis verseker. ‘n Feit soos ‘n koei.

MakersMark ·

Lyk in elk geval beter as meeste in die gym Mercia. Oefening is belangrik. Veral as dit saam met ‘n inenting gedoen word is mens baie meer gesond en veilig in die dae van die dier.

Lourens CFG ·

10/10 Mercia, hulle klink nogal soos “spoiled brats” wat nie hul sin kry deurdat mense nie hul slim praatjies glo nie, dan wil hulle persoonlik raak ook.
Lyk ook of hul op skedule kommentaar, as die een op is, is almal op.
“Drinke Boeties”?

Mercia ·

Ja nee Lourens….. hulle is daardie tipiese laerskool boelies wat almal rondstamp en heeldag opsoek is na ander se broodjies. En dit is die einste rede hoekom hulle so in gelid op hierdie platform opdaag.
Gelukkig weet ons almal jy kry hulle oral in die samelewing. Vergrote ego’s en groot monde. Maar die feit bly staan dat hulle net mooi niemand oortuig met hulle beledigings-taktiek nie……die res van ons staan maar op ‘n afstand en lag in ons moue vir die karakters wat so hard probeer om “cool” te lyk in daardie spieël!

MakersMark ·

En jy is die victim……? En nog nooit die binnekant van ‘n gym gesien nie. Kan my indink.

MakersMark ·

Niks met ego uit te waai nie. Net nie agter die klip nie. Groot verskil.

Mercia ·

Ja nee Lourens…… laerskoolboelies op hulle beste! Loop en stamp en stamp heeltyd op soek na iemand se broodjies. Intussen lag die res van ons maar stilletjies terwyl hulle hulle “coolste moves” voor daardie spieël gooi. It must be ignorant bliss being so infatuated with oneself and thinking everybody else sees the same
“superiority”

Thom ·

Mercia , as ek jou op ENIGE manier beledig het , vra ek om verskoning . Ek hoef niks te bewys nie ___ het dit lankal gedoen . Weereens , jammer !

MakersMark ·

Nee ons stem net saam teen middeleeuse suspisie. En ongegronde onwetenskaplike snert.

Jaco ·

Toe ek voor die onlangse verkiesing gewaarsku het dat Corona gevalle gaan daal voor die verkiesing en weer gaan styg na die verkiesing, is ek oral gekruisig en afgeskiet.

Dirk Mostert ·

Scroll ‘n paar maande terug. Ek het dit ook voorspel. ‘n Toets vir ‘n hipotese is om daarvan afleidings en voorspellings te maak. As die voorspelling korrek blyk is dit ‘n goeie teorie. My teorie is dat die getalle gemanupileer word vir ‘n globale agenda.

Thom ·

Lig ons dan sommer ook in oor die “globale agenda ” aub .

Mercia ·

Wat weeg die swaarste sedert die begin van samelewings, Thom? Mense se welstand en broederlike eensgesindheid? Nee…….Geld en Mag. En dít is toe en nou een van die grootste dryfvere vir individue en
instansies in hulle aksies en doelwitte.
Skep ‘n probleem of op die minste …..gébruik of manipuleer ‘n probleem, kom tot die “redding” met ‘n “kuur”, divide and conquer. Uiteinde= Totalitarian Control.

Thom ·

Mercia __ vervolgingswaansin is ‘n gevaarlike afwyking wat die wat daarmee sukkel se lewens versuur in die dat hulle agterdog oor elke onderwerp op aarde saai . Ek gee om __ daarom praat ek ; dit is ‘n voorreg om kennis te he en tot hulp van my medemens te wees .

Mercia ·

Hoe is jy tot hulp Thom? Sover hoera jy en die
” jab” bende net op die kantlyn vir geforseerde inentings, slinger beledigings oor intelligensie en geestesgesondheid rond….. terwyl julle in dieselfde asem julle hoop uitspreek dat oningeëntes nie net toegang tot sekere instansies geweier word nie, maar dat mediese hulp van hulle weerhou word. Om hulle kwansuis ‘n les te leer oor julle egoistiese diagnose van “halstarrigheid en domheid” by elkeen wat van julle verskil.
As dít die hulp is wat jy het om aan te bied, hou maar verby. Daar is ‘n ou gesegde: ” With friends like that….who needs enemies”

Jaco ·

Die erg hoë syfer in Gauteng, waar die ANC in beheer is, is net ‘n rookskerm om dié 4de golf eg te laat lyk. Maar oor ‘n week of twee word alle strande weer gesluit. WEG is wit mense se tradisionele “vakansie by die see” en WEG is wit toeristebesighede aan die kus se beste inkomste van die jaar.
Net 10% van SA se anti-wit ANC-regering se maatreëls teen Corona is regtig teen Corona. Die ander 90% is net gemik teen wit mense en wit besighede. Ramaphosa het mos al in die verlede gesê hoe inperking wys hoe ongelyk SA is en dat radikale ekonomiese transformasie en onteiening sonder vergoeding dringend moet begin.

piet ·

Ons het gewag vir die “wit-alleen” gedeelte. Arme, arme bleekvelletjies kry tog so swaar in vergelyking met die res van die bevolking. Tog so voorspelbaar, copy/paste.

MakersMark ·

Ongelukkig piet die tipe is met ons. Die onvermoë om virologie en menslike optrede te verstaan en te sien mbt die verspreiding en ontwikkeling van die volgende CV19 golf word nou “reverse racism”. Menslike optrede om wat hul nie begryp of verstaan nie na ‘n vlak te bring wat hul wel doen. Lyk my vir meeste hier is dit rassisme of die ANC……mens kan net lag vir die naiwiteit.

MakersMark ·

Ja nee Thom die lewe is een groot sameswerings teorie vir sekeres. Victim mentaliteit is maar net ‘n uitvlug om te sê ek het opgegee…..

piet ·

Iewers moet ‘n ou tog moeg raak om dieselfde storie te copy/paste. Ek bedoel, hoe dom kan jy wees on oor en oor dieselfde sinnetjie te gebruik?

Jeepie ·

Jaco. Huh? Nee man. Trek seblief na daai dorpie om die noord kaap. Of nog beter na ‘n mooi whites only land. Word wakker ou maat. Alles in die lewe gaan nie oor ras nie.

Jeepie ·

Ja. Dit is wat dit is. Stop al die anti inentings mense om na sport of winkels toe te gaan. Laat hulle sommer meer belasting ook betaal. Hulle kos ons meer geld. Dalk moet die dokters ook stop om anti inentings mense te behandel.

VaalDonkie ·

Jeepie, ek is nie afhanklik van staatshospitale nie en ek betaal volprys vir my mediese dekking. Dankie. en baai

piet ·

Tyd vir ‘n spesiale top-up premie vir jou wanneer jy eis vir Covid-behandeling. Ekstra bybetaling en vehoogde premie.

Jeepie ·

Goeie punte. Laat weet by watter begrafplaas ek moet kom baai se.

piet ·

Hulle mediese fondse moet hulle ry en as hulle nie het nie het nie moet hulle geforseer word om te betaal vir Covid-behandeling by staatsinstansies. As hulle nie kan betaal nie, moet hulle by die huis bly en selfversorg, dis mos maar net ‘n verkouetjie afterall.

MakersMark ·

Twee disprins en ‘n hoes stropie piet is al wat die rambo’s hier nodig het vir meeste kwale, CV19 ingesluit.

Jeepie ·

Ja. Dink ek moet my familie en vriende wat dokters se hulle moet julle 3x die fooie vra. Dan sal my medies minder raak.

Chris dupreez ·

Hier kom n wet, wat vinnig deur die parlement gevoer gaan word en deur die president geteken word, wat inenting verpligtend gaan maak. Of as jy nie inent nie gaan jy nêrens heen nie. Hou die spasie dop.

Thom ·

Dit is nie ideaal nie maar as die individu se sg vryheid en regte die gemeenskap benadeel moet daar opgetree word om die situasie ten beste te verander .

piet ·

Hoe gouer hoe beter. dis alreeds ‘n week laat, moes verlede week reeds aangekondig gewees het.

Andre ·

Dit lyk snaaks. Ivermectin word vir dekades gebruik, kry selfs ‘n Nobel prys amper tien jaar gelede. Nou word dit feitlik verban. Influencers, hoeveel redes kan julle gee?

Jeepie ·

Dankie dokter André. Dit is seker maar die gevolg van wetenskaplikle toetse wat bewys het dit werk nie vir Covid nie. Gelukkig is ek nie ‘n bees of skaap nie. Maar sterkte dokter André. Laat weet hoe gaan dit met jou melk produksie.

JohnnyS ·

Jammer om jou bubble te bars professor Jeepie, maar daar is wetenskaplike opgetekende feite wat bewys dat Ivermectin wel effektief is teen Covid. Maar dit word natuurlik deur die vervaardigers van die “jab” onderdruk. Groot geld betrokke en die mensdom koop lekker in op die reuse scam.

Francois Le Cochon ·

Johnny, jy het selektief gelees. Laboratoruim toetse het wel bevind dat Ivermektien teen 300 maal die voorgeskrewe dosis wel die covid virus doodmaak, maar die pasient sal dan sterf weens vergiftiging.

Thom ·

Ivermectin werk teen aanbevole dosis gladnie teen Covid nie ___ teen 30 x die veilge dosis mag dit dalk Covid en die pasient dood .

MakersMark ·

Soos ‘n ou in ‘n cowboy fliek gesê het “some need killin’.

JohnnyS ·

Thom en jy het die wetenskaplik bepaal ? Wil jy nie asseblief jou mediese verslag en bevinding publiseer. Hierdie is uit die American Journal Of Therpeutics : Conclusions:
Moderate-certainty evidence finds that large reductions in COVID-19 deaths are possible using ivermectin. Using ivermectin early in the clinical course may reduce numbers progressing to severe disease. The apparent safety and low cost suggest that ivermectin is likely to have a significant impact on the SARS-CoV-2 pandemic globally.

Thom ·

Die studie in Australie weerspreek wat jy hier voorhou in totaliteit . Gaan doen behoorlike navorsing . Die ” double blind “studie in Brazilie , terloops die enigste tipe navorsing war vir mediese doeleindes gebruik behoort te word , het gevind dat dit nadelig is en asemhalingsprobleme gepaardgaande met Covid , vererger .
‘n Kollega van ons , praktiserend in Pietermaritzburg het die twak op homself gebruik en is byna dood . DIT HET GEEN EFFEK OP COVID NIE ___ NIE PROPFILAKSIES NIE EN OOK NIE TERAPEUTIES NIE !

piet ·

Ivermektien veroorsaak asma. Siende dat Covid gewoonlik die longe aantas, is die veedip dus lewensgevaarlik vir Covid-behandeling.

Jaco ·

Invermektien is ‘n boereding en dit werk glo teen Corona. Laat die wit boere dit aanhou invoer en gebruik dan Invermektien net op wit mense. Gebruik die entstof wat glo net deur BEE besighede mag ingevoer en versprei word, net op al die ander mnse van SA. Dan is almal mos tevrede

Thom ·

Waarom is presies ALLES by jou in die lewe rasgedrewe ? Kan jy vir my verduidelik aub ? Ons gebruik wel Ivermectin , vir wurms en jeukmyte op ons skape .

Francois Le Cochon ·

Melck en WHO veskaf Ivermektien gratis vir die behandeling van parsasiete. Die “boere” verkoop dit dan teen R900,00 vir 30 tablette. Lekker geldmaak gegrond op die beginsel van “‘n fool is born every minute, catch him.” Smarties is baie goedkoper, en het dieselfde uitwerking op covid.

Andre ·

Snaaks dat Ivermectin diere gesond maak maar mense doodmaak, en dit vind julle eers uit na covid vrygelaat is.

Jeepie ·

Ek hoor bees mis werk ook. Smeer dit oral oor jou lyf en niemand kom naby jou nie. Ook nie die virus nie. Maak net seker die bees het ivermectin gebruik.

MakersMark ·

Bly by riki louw en Coke werk net so goed as ivermectin vir CV19. Die beeste, perde en skape stem saam.

Jeepie ·

Absoluut. Riki Louw is baie beter as Bees mis want jy ruik beter. Dit is ook beter as ivermectin want jy mis nie op jou buurman se gras nie en huil ook nie vir die maan nie.

Nico ·

Wat maak die regering aangaande al die betogings waar die mense nie maskers dra nie. Laat elkeen besluit gaan hy/sy die spuit vat of nie, ek wil nie ‘n proefkonyn wees nie, hierdie hele covit19 is ‘n diaboliese siekte en dit is ook elke persoon om na hom/haar sel te kyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.