Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers 18,4%

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Suid-Afrika het teen Maandagaand altesaam 3 844 625 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 3 237 nuwe gevalle is aangemeld. Die jongste positiwiteitskoers is 18,4%.

Nog tien sterftes is aangeteken, waarvan vier die afgelope 24 tot 48 uur bevestig is. Dit bring die algehele sterftesyfer op 100 533 te staan.

Altesaam 17 310 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 11 200 (54,5%) in die private sektor en 6 110 (45,5%) in die openbare sektor.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (52%), gevolg deur KwaZulu-Natal (20%), Wes-Kaap (11%),  Oos-Kaap en Vrystaat (5% elk), Mpumalanga, Noordwes en Noord-Kaap (2% elk) en Limpopo (1%).

Nuwe gevalle per provinsie:

Gauteng: 1 678
KwaZulu-Natal: 662
Wes-Kaap: 368
Oos-Kaap: 163
Vrystaat: 153
Mpumalanga: 77
Noordwes: 66
Noord-Kaap: 53
Limpopo: 17

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Henri ·

“Altesaam 17 310 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 11 200 (54,5%) in die private sektor en 6 110 (45,5%) in die openbare sektor.”

In ‘n vorige berig is oor die 34 000 toetse gedoen. Hoe verskil die toetse van dag tot dag? Wie word getoets? Wat is die rede vir die toetse (siekte of reis)? Soveel inligting rondom die data ontbreek en slegs die emosionele syfers word weergegee om paniek aan te wakker onder oningeligtes.

Indien die “openbare sektor” staatshospitale en -klinieke beteken, is die feit dat ons belastinggeld hiervoor gebruik word en beloop dus op oor die R3miljoen vir die dag (6 110 × R500), en dis ‘n lae skatting. Hoekom kla niemand oor hierdie vermorsing van belastinggeld nie?

Witbaard ·

Afduimpie dra seker n masker as hy/sy alleen in die kar ook ry.

Carin ·

Ek stem met jou saam Henri. Die media kan verseker meer moeite doen om moeilike vrae te begin beantwoord. Dalk bietjie na die kommentaar kyk en sien waaroor mense wonder. Hier “copy-paste” hulle maar net die daaglikse verslae vd NICD oor sonder vrae. Ek is al goed dik daarvoor dat ons moet hoor: “Suid-Afrika het teen Maandagaand altesaam X XXX XXX bevestigde Covid-19-gevalle gehad..” Gaan ons tot in allerewigheid moet hoor hoeveel mense het altesaam al positief getoets? Dan wil ek sommer weet van die totale bevestigde diagnoses van ander siektes ook sedert die begin van die begin. Mense moet begin om hul eie instinkte te volg en ophou toets vir ‘n nies. Gaan dokter toe as jy goor voel, en laat die dokter besluit wat is die volgende stap.

Carin ·

Nie te praat van ons moord-epidemie nie. Maar dis seker maar “normaal”.

KaRoOkWaGgA ·

Ek wens so ons ou nasie wil net bietjie bykom. Die advies kommitee wil in die kol lyk met hulle voorspellings oor die golwe van Covid wat ons land gaan tref. Hulle sal enige iemand (selfs al het jy net sinus of ligte verkoue) nou as positief vir covid laat toets net sodat hulle on top of it lyk en om so saam met die regering beheer uit te oefen. Skrik wakker mense. Hou op om in die hande van die “so genaamde covid experts”se hand te speel.

Johan ·

Moes vandag weer beleef hoe n outoppie almal verskree in die werksplek se parkeerterrein (buite) omdat ons nie ons masker reg dra nie. So moeg vir die nonsens. As jy so bang en kwesbaar is bly by die huis.

Papsak ·

Skree op my oor n masker en ek wys jou ek sal maak wat ek wil ons nog menseregte moet nooit vergeet nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.